Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Geeste neem besit van die materie.

16-2-1847.

32 Dit is sekerlik moeilik om jou voor te stel dat in `n reëndruppel, `n sneeuvlok, `n haelkorrel of selfs in `n wolk een of meer geeste saam gebonde en gepers is en in so `n volume `n gewig kry, waardeur hulle maklik omlaag val of na benede gewerp kan word; `n nadere beskrywing sal dit duidelik maak.

[2] Jy moet jou nie voorstel dat die gees met die siel soos `n stukkie papier saam gevorm word totdat dit eindelik soos `n prop lyk nie. Dit is gladnie die geval nie. Die menslike vorm van die gees bly ongedeerd. Slegs die siel, en dan nie haar vorm nie, maar slegs haar spesifika word in die hartstreek saamgedruk en tree dan in hierdie saamgedrukte toestand, na gelang die proses meer of minder heftig verloop, in die bogenoemde komeetagtige ver­skyningsvorms na vore.

[3] So moet julle ook nie vir julleself voorstel dat, in `n haelkorrel, `n hele gees met sy siel saamgevorm na benede val nie, maar dit is maar net sy materiële begeertes. Dit word vanweë sy materiële sindelikheid deur die vredesgeeste saamgedruk en word daardeur materieel en swaar. Omdat hierdie begeertes egter `n dwingende verlange is van die gees en die siel, word die gees met sy siel deur die nuut gevormde materiële swaartepunt daarheen getrek, waarheen dit, vanweë sy materiële eienskap, noodsaaklik gerig moet wees.

[4] Om julle die saak nog duideliker te maak, sal ons `n duidelike voorbeeld gee. Stel net `n menslike vorm vir jou voor, wat saamgestel sou wees uit `n dun vlies wat met waterstofgas gevul kon word en as dit gevul was, `n menslike vorm sou hê en seker dadelik na die hoër streke sou opstyg. As die waterstofgas homself egter skielik in hierdie ballonmens sou verdig, dan sou so `n verdigte waterstofgas, vloeibaar word, natuurlik swaarder word en deur sy gewig na benede val; aangesien hy homself egter nie buite, maar binne in ons ballonmens bevind, wat deur die verdig­ting van die waterstofgas die nodige ekspansie verloor het, word die ballonmens dan ook na die aarde getrek. Die vorm van die ballonmens het nie verander nie, hy het maar net ietwat ingekrimp, as`t ware maerder geword, en kon vanweë die nuut gevormde swaartepunt nie meer in die hoë lugstreek bly nie. As die tot water verdigte gas egter benede op die materiële grond van die aarde deur nuut toegevoegde warmte weer in gas verander word, dan sal die ballonmens weer opstyg.

[5] Dit is `n baie materiële beeld, maar stel tog die geestelike in `n vergelyking, baie treffend voor. Daaruit kan jy die gevolgtrekking maak, hoe `n geestelike mens, wie se siel `n geestelike ballon­agtige buitevorm is, self in sy binneste verdig, daardeur swaar word en van sy hoogte af die rigting inslaan na die werklike materie. Hier word hierdie materiële verdigting van sy sinlike begeertes deur die vuur van sy in deemoed ontwaakte liefde baie gou weer opgelos en hy styg dan, meer verdeemoedig, lang­samerhand op na die plek waar sy wese tuishoort.

[6] Baie boosgesinde geeste word dikwels tot klippe verdig en val dan na benede; die oplossingsproses sal dan baie langer duur as wanneer hierdie verdigting maar net sigbaar word in die vorm van bogenoemde meteore. Baie, wat bo hoë gebergtes, en veral bo die poolstreke van die aarde ten val gebring word, word selfs lank in bogenoemde verskyningsvorm gehou, maar dit moet dan wel baie kwaadgesinde geeste wees, waarin baie hoogmoed te vinde is, wat natuurlik al van helse aard is. Wat na so `n les met die geeste gebeur, dit sal hierna nog duideliker uiteengesit word. Voorlopig is dit egter genoeg, dat julle so `n duidelik moontlike begrip daarvan kry van hoe en waarom, die natuurlike verskynsels wat vir die vleeslike oog sigbaar is, daar altyd iets geestelik daaragter is. Oor die hoe en waarom volg nog enkele beskouinge.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205