Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 34

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Lug-, berg- en swerfgeeste

19-2-1847

34 Die mis, wat hier en daar oor hoë klipagtige gebergtes, nou eers bo die een-, dan weer bo die ander groep rotse ontwikkel, is, as geen reën of sneeu of iets dergeliks daaraan voorafgegaan het nie, meestal natuurgeeste wat nie afkomstig is van gestorwe mense nie, maar wat eers na verloop van `n lang tyd mensesiele en geeste kan word.

[2] Hierdie geeste, wat hulleself so graag in die lug verhef, ja selfs geheel daarheen trek, is die sogenaamde luggeeste wat al meer vryheid geniet as die meer vaste aardgeeste, maar tog in hierdie vrye toestand sorgvuldig deur die suiwer vredesgeeste bewaak moet word, want anders kan hulle maklik groot skade aanrig.

[3] Hierdie geeste is selde vir die mense sigbaar en die geeste probeer om dit ook sorgvuldig te voorkom, omdat hulle baie bang is vir alles wat materie is, maar veral vir diegene, by wie hulle `n sterk waarnemingsvermoë bespeur. Juis hierdie vrees gee hulle ook `n haatgevoel teen die materie waarin hulle so lank gevange gehou word, wat dan ook die sorgvuldige bewaking van hierdie geeste begryplik maak. Want elke gees wat eenmaal uit die materie vrygekom het, wil vir geen prys meer naby die materie kom nie. Selfs die siele van die gestorwe mense het `n afkeer daaraan, hoewel hulle `n volkome intelligensie het. Hoe groot moet dan wel die vrees van die geeste nie wees, wat eers enkele oomblikke gelede deur `n besondere vergunning uit die bande van die mees harde gevangenskap tot die verlangde vryheid gekom het, in welke hulle voorgee om volkome te wees, sonder die fatale, moeisame en lang weg van die vlees te deurloop het.

[4] So `n versoek word hulle toegestaan, maar gewoonlik hou hulle nie hulle woord nie, want hierdie geeste word deur afsku en haat teen die materie, boosaardig of wraaksugtig, of hulle skool met miljoene saam en wil na buite in die wye oneindigheid ontvlug. Die boosaardige en wraaksugtige word weer gevange geneem en onder bogenoemde meteoriese verskynsels na die aarde afgevoer, waar die plantgebiede vir hulle aangewys word om in te werk. Maar as hulle geen sin daarin het nie, dan word hulle in die verskyningsvorms van water in strome, riviere, mere en seë gedryf, waar hulle dan ook, wat al vir julle bekend is, dikwels lelik tekere gaan. Maar as hulle baie boosaardig geword het en hulle daar met die harde, ongenaakbare gees van die see verenig, dan kan dit wel gebeur en gebeur dit ook dikwels, dat sulke kwaadaardige geeste weer teruggedryf word na die binneste van die aarde, wat `n erg beklaenswaardige lot is. Maar as hierdie geeste vlytig besig is met die plantegroei, dan kan hulle óf die weg van die materie inslaan, óf hulle kan na `n afgelegde diensperiode, wat hoogstens twee­honderd jaar of ietwat langer kan duur, weer in hulle vorige vrye toestand terugkom, sodat hulle dan in vryheid die lug, die berge, die aardryk, die bosse, dikwels ook mere en riviere kan bewoon.

[5] Hierdie soort geeste het `n volkome intelligensie; hulle is uiters bedrewe in die dinge van die natuur en hulle kan alles sien en hoor wat daar op aarde gebeur en wat daar gesê word.

[6] Hierdie geeste kan selfs met mense omgaan en hulle dikwels belangrike dienste verleen; maar elkeen moet homself daarteen behoed om hulle ooit te naby te nader; want dan word hulle gou verbitter en hulle kan dan elkeen wat hulle verbitter het, baie skade toebring en wel daarom, omdat hulle, ofskoon hulle die materie bewoon, tog haar doodsvyand is.

[7] Streke waar hulle graag woon, moet afgeleë en rustig wees; niemand word ook aangeraai om in so `n streek hard te roep, te fluit en nog minder te vloek, of te skel nie, omdat die geeste wat nog in die materie gevange is, daardeur opgewonde en rebels sou kan word, wat dan diegene wat al vryer geword het, volgens hulle idee, skade sou kon toebring. 

[8] Om dit te voorkom, probeer hulle die wandelaars in die streke deur allerlei verskynsels skrik aan te jaag, sodat hulle die streek weer so vinnig as moontlik sal verlaat. Baie erg lastig is hulle in die berge en veral in die myngange en skagte; daar het hulle al dikwels groot ongelukke veroorsaak onder die arbeiders wat in die berge werk. Hier en daar `n skielike instorting van skagte en gange, slegte lug daar binne, dikwels skielike oorstromings, verdwyn van die metaalbronne en dergelike aaklige dinge meer, is alles die werk van sulke geeste; ook word meestal, onverlate aardverskuiwings en groot sneeulawines op hoë berge deur hierdie geeste teweeggebring.

[9] As hierdie geeste die mense soms op die een of ander manier goedgesind is, of tenminste niks kwaad teen hulle in die sin het nie, dan verskyn hulle gewoonlik in die gestalte van `n dwerg en wel baie donkergrys of blou of groen van kleur. Die klein vorm gee aan dat hulle hulleself tot die mense neerbuig om aan hulle goed te doen, omdat hulle met die verbanne gees in hulle, in `n sekere sin medelye het. As `n mens homself dan egter onbehoorlik teenoor sulke geeste gedra, groei hulle dikwels tot `n reusegestalte uit en dan is dit nie goed om in hulle nabyheid te bly nie - en sonder aanroeping van My Naam gladnie. 

[10] Daar is al elders vermeld dat sulke geeste bestaan en mense vra hulleself dan af, of sulke geeste ook die weg van die vlees sal deurloop of nie.

[11] As hulle hulleself op aarde nuttig maak en baie werksaam is, kan hulle wel die weg van die vlees op aarde bespaar word, maar dan kom hulle, óf op die maan, óf op `n ander planeet, waar hulle dan tog wel moet inkarneer en dit ook bereidwillig doen, omdat die inkarnasie op die ander hemelliggame gewoonlik vlugtiger en ligter is.

[12] Hierdie geeste word meestal swerfgeeste genoem, omdat hulle van die een planeet na die ander gaan aan welke swerftogte dikwels, ook geeste van gestorwe mense deelneem, waartoe hulleself, veral die sogenaamde natuur filosowe en astronome, aangetrokke voel, aan wie hierdie swerfgeeste, wat nie op die wêreld inkarneer nie, gewoonlik die gewenste dienste verleen. Want die geeste van gestorwe mense sou niks op die ander hemel­liggame kon sien, sonder hulp van hierdie swerwende natuurgeeste nie. Die natuurgeeste help hulle daar om in die mense van ander hemelliggame te kom, sodat sulke geeste dan die dinge op die vreemde hemelliggame kan sien deur die oë van die mense.

[13] As sulke natuurgeeste op die lange duur vir rondkyk moeg word, dan keer hulle gewoonlik tog weer na die aarde terug en laat hulleself dan die moeilike inkarnasie wegval waarsonder nooit aan `n kindskap van God gedink kan word nie, want elkeen wat `n kind van God wil word, moet ook van a tot z die weg van God gaan: Dit is die rede dat geeste van talryke ander hemelliggame na die aarde verlang om daar die inkarnasie van die Menseseun deur te maak. Want soos daar ook maar een God, een waarheid en een lewe is, so is daar ook maar een weg daarheen; maar dit is nie noodsaaklik dat daarom alle bewoners van die ander hemelliggame hierdie sou moet gaan om op hulle manier salig te wees nie; net soos daar in die menslike liggaam tallose ander gesonde senuwee en spiervesels kan wees, sonder dat dit noodsaaklik tot die senuwee van die hart behoort.

[14] Deur hierdie uiteensetting en gedenkwaardige aanvulling sal ieder in hierdie tweede, geestelike streek al baie maklik sy weg vind. Nou nog enkele gedenkwaardige dinge en dan vinnig na benede na die eerste lugstreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205