Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Hekse en hekseprosesse

22-2-1847

35 Daar sal nie iemand wees wat nooit van sogenaamde hekse gehoor het nie; want dit is nog nie eens so lank gelede dat regbanke nog hekseprosesse (Regterlike verhore van hekse) gevoer het en onder hierdie naam baie volkome onskuldige mense op die pynlikste manier na die ander wêreld gehelp het nie.

[2] Hoe het die mensdom aan hekse gekom? - Hierdie vraag sal ons met behulp van enkele verhaaltjies beantwoord.

[3] In vroeëre tye, toe die mense nog baie eenvoudiger geleef het as nou, was daar baie wat die sogenaamde tweede gesig gehad het en heel natuurlik in beide wêrelde geleef het. Ook mense van hierdie tyd sou dit maklik kon doen, as hulle voedsel net eenvoudiger sou wees; die mees skadelike is die gekompliseerde etery van die teenswoordige. Daarmee bederf en versuf sy haar natuur so, dat die siel in hom soos `n voël aan `n lymstok vaskleef en verstrik raak, sodat sy onmoontlik die beweeglikheid en behendigheid kan verkry waarby sy vryuit sou kan opstyg en beweeg.

[4] Waaruit het die voedsel van die vroeëre eenvoudige mense dan bestaan? 

[5] Die voedsel het meestal uit peulvrugte bestaan, wat baie eenvoudig sag gekook, bietjie gesout en dan nooit in `n warm toestand geëet was nie. Ook gewone brood, melk en heuning was al baie ou eenvoudige voedsel en daardeur het die mense dikwels `n hoë leeftyd bereik en was tot die laaste oomblik van hulle lewe in besit van die tweede gesig.

[6] Wel mag elkeen so nou en dan matig wyn gedrink het, maar nooit soveel dat hy `n roes daarvan sou kry nie.

[7] Vleisgeregte moes maar op bepaalde tye geëet word en dan nooit langer as sewe dae agtermekaar nie, baie matig en altyd berei van pas geslagte diere, en dan is vis beter as vleis van duiwe, die vleis van duiwe weer beter as dié van hoender, die vleis van hoender weer beter as lamsvleis, dit beter as bokvleis en dit beter as kalfs- en beesvleis. Onder die broodsoorte is volgraan brood die beste; van die genoemde spyse moet egter nooit meer as een met (`n klein stukkie) brood daarby, geëet word nie en ook moet die vrugte altyd maar matig en altyd goed ryp geëet word, net soos wortelgewasse, maar altyd net een op `n slag.

[8] Met sulke voedsel sou die liggaam nooit so dik geword het, waardeur dit traag, slaperig en lomerig word nie, waarby die siel dan heelwat te doen het om so `n swaar masjien in beweging te hou, laat staan dat sy, naas sulke werk, haarself nog met ander dinge sou kan besighou.

[9] Kyk, mense wat so eenvoudig geleef het, was daar vroeër baie; en veral die mense wat in die berge gewoon het, het baie eenvoudig geleef. Hulle het dan ook altyd die tweede gesig gehad; hulle het dag en nag `n baie natuurlike omgang met die geeste gehad en was deur hulle in die mees verskillende dinge onderrig. Die geeste het hulle die werking van kruie getoon en het hulle ook vertel waar so hier en daar `n edel of onedel metaal in die berge verborge gelê het; hulle leer hulle ook hoe hulle die metaal moes win en hoe hulle dit deur smelt en smee tot allerlei nuttige dinge kon bewerk.

[10] Kort en goed, daar was selde `n huis in die berge wat nie sy huisgeeste gehad het nie, wat net soos ander huispersoneel baie gewoon by die huis behoort het. Daardeur was daar ook, veral op die berge, baie wyse mense, wat met die geheime natuurkragte, naamlik met die geeste, baie vertroulik geleef het - of beter gesê, hierdie kragte of geeste het hulle so te sê altyd ten dienste gestaan.

[11] As mense dan uit die laer streke, soos die uit die grotere dorpe, markte en stede na hierdie wyse mense in die berge toe gekom het, dan sou daar baie gewees het, wat vir hulle grieselig en geheimsinnig voorgekom het, en veral as hulle kwaadwillig met so `n bergbewoner oor iets gaan twis het; want so `n twister beleef dan verseker een of ander afstraffing, wat vir hom onbegryplik was, waarvan hy niks anders kon dink nie as dat dit deur die lewende Satan, of tenminste deur sy handlangers aan hom gedoen was nie.

[12] Wat was dan die gevolg? Die dorpeling of stedeling wat op hierdie manier deur skade en skande wys geword het, gaan dadelik na sy gemeente geestelike toe, wat in die tyd gewoonlik óf nog dommer, óf tenminste nog boosaardiger was as die aanklaer. Daar word dan misse, prosessies en duiweluitdrywing georgani­seer, natuurlik slegs vir kontantgeld. Dit was altyd `n aansienlike som, as dit nie die hele vermoë, benewens huis en hof, uitgemaak het van die, in die geval behekste, of selfs deur die duiwel besete aanklaer nie.

[13] Het die aanklaer sy geestelike op hierdie manier tevrede gestel, dan word die geval voor die wêreldse regbank gebring. Hulle gaan dan met allerlei deur die geestelik voorgeskrewe gewyde antiheks- en antiduiwelsapparate na die huis waar die aanklaer volgens sy idee beheks of deur die duiwel gegryp was. Die wêreldse gereg neem dan gewoonlik alle bewoners op `n afskuwelike manier gevange en voer hulle dikwels, sonder verdere verhoor, na die brandstapel en neem alle skatte, benewens huis en grond in beslag, maar wel nadat die duiwel vooraf sewe maal uitgedryf is en alles gewy was; en vir hierdie wyding moes natuurlik weer aansienlik betaal word.

[14] In latere tye het mense dit dikwels nog erger gemaak, want daar was uiteindelik elkeen, behalwe persone uit die geestelike stand, wat in `n swart jas gesien was en vinniger kon loop as `n ander, as `n baarlike duiwel aangesien en daar was maar net `n ietwat boosaardige aanklaer nodig en die swart geklede was al voor `n heksegereg gedaag; totdat in die teenswoordige nuwere tyd, die natuurkundiges en chemici dit ten slotte so ver gebring het, dat die baie dom mensdom begin het om in te sien dat hulle vermeende heksery die grootste dwaasheid is.

[15] Maar toe verval die mense van die een uiterste in die ander en vergeet mens dat daar `n gulde middeweg is. Want so verkeerd as wat dit is wanneer `n mens met geeste wil stry, is dit `n nog groter fout om die hele geesteryk te verban en dit as van nul en generlei waarde te verklaar.

[16] Dit is nie te ontken nie dat baie mense vroeër met bose geeste in konflik geraak het nie, waardeur hulle dan die streek soms skade berokken het, maar juis hierdie booswigte het altyd `n goeie kontrole en bekwame leermeesters aan hulle goeie bure gehad, wat baie presies geweet het wat een of ander boosaardige mens kon doen. Maar die geestelikes het, sowel toe as nou, geen tegemoetkoming gehad nie en engel en duiwel moes beide die vuur in; want mens het nie daarna gekyk of iets goed of sleg was nie, maar slegs of dit geld voortbring. As die aanklaer en die vermeende towenaar nie vermoënd was nie, dan was dit requieskant in pace! (Mag hy rus in vrede) Maar as `n mens vermoed het dat daar geld was, het alles nie so vreedsaam afgeloop nie. Dit was toe met die hekse net soos teenswoordig by begrafnisse, waar alle moontlike seremonies en gebede vir die ryke verrig word, die arme moet egter tevrede wees met `n “Onse Vader” en `n “hy rus in vrede”; en as `n arme heeltemal niks kan betaal nie, dan moet hy genoeë daarmee neem om in gewyde grond begrawe te word. 

[17] Is dit nie dieselfde as towery bedryf nie? O nee, dan sê mense: Die arme kom tog wel in die hemel, slegs die ryke moet nog ietwat transpireer voordat die hemelpoort vir hom geopen word! O, sal dit nie `n snaakse tafereel in die ryk van die geeste wees nie!

[18] Hierdie handelswyse beskou elkeen as eerbaar en regmatig, maar hulle is in geestelike opsig baie erger as alle vroeëre “mag hulle rus in vrede” hekseprosesse; want toe was domheid gewoonlik die rede, maar hier suiwer hebsug en `n hekseproses uit hebsug is veel erger as een uit domheid. En wat is `n sielemis anders as `n hekseproses, waardeur mense dink om nog soveel duiwelse dinge by die gestorwenes te verban. 

[19] Ek glo dat hierdie saak duidelik is; daarom hieropvolgend nog enkele verhaaltjies en dan verder!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205