Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die werk van die geeste binne-in die aarde

1-3-1847.

40 By die behandeling van die natuurlike aarde het ons al gesien, hoe die aarde as `n organies lewende wese haar voedsel tot haarself neem, dit verteer en die voedingsappe dan deur tallose organe na buite na die oppervlakte lei en hoe growwer, nie-verteerbare uitwerpsels na die Suidpool gevoer word. Hierdie voeding van die aarde is maar net materieel vir ons oë, maar in wese is dit geestelik. Want voortdurend dring daar tallose hoeveelhede geeste en geestelike spesifika van `n beter soort in die binneste van die aarde waarin die ergste geeste verban is.

[2] Die binnedring van die beter geeste in die binneste van die aarde het `n meervoudige doel. Ten eerste word die siele en geeste van boosaardige mense daarheen verban en aan `n ewige helse gevangenskap prysgegee, soos wat die mense dit sê. Want sulke muiters teen die goddelike ordening moet diep en stewig geberg word, sodat hulle nie die goddelike ordening voortaan meer kan versteur nie, want vir hierdie inkerkering is baie duisende pogings tot verbetering tevergeefs gewees.

[3] `n Tweede rede, waarom hierdie geeste en geestelike spesifika in die innerlike van die aarde na binne dring, is dat daar geeste is, wat deur raserny in hierdie gevangenskap al `n hoë leergeld betaal het en daardeur verstandig geword het en weer die vurige wens het om vry te word. Sulke geeste word dan deur die na binne gedronge beter geeste volgens bepaalde reëls uit hulle gevangenskap bevry en na bo in groter vryheid gebring; Daar word hulle dan weer aan die werk gestel. Omdat daar nog boosaardigheid in hulle is, moet hulle hulleself eers besig hou met giftige plante en diere en wat vir die groei noodsaaklike psigiese oerspesifika ordening en daardeur so `n giftige plant of giftige dier die vorm en geaardheid gee waarin hulle steeds volgens hulle orde moet verskyn. Voldoen sulke geeste, dan kry hulle die leiding oor beter plante en diere; voldoen hulle nie, deurdat hulle hulleself dikwels wangedra en die skadelike spesifika, in plaas van in plante, dadelik na diere of mense lei, waardeur epidemiese siektes ontstaan, dan word die taak weer van hulle afgeneem en word hulle stewiger in die aarde gevange geneem waar hulle hulleself dan met die vorming van metale en klippe moet besighou; dié werk is natuurlik veel swaarder en langduriger. `n Bevryding uit so `n toestand kan eers dan tot stand kom, as so `n gees na baie jare die werk wat aan hom opgedra is, getrou en tot nut van die verlossing van die in die materie gevange geeste volbring het. Dit is dus weer `n rede waarom die beter geeste afdaal na die binneste van die aarde.

[4] Nog `n ander rede is, dat die gevange oersiele bevry moet word. Hulle word as nog werklik sterk gedeelde spesifika in die verskyningsvorm van allerlei vloeistowwe na die oppervlakte van die aarde omhoog gelei. Daar word hulle verlossingsweg langs die reeds bekende trappe van die plante- en diereryk gevoer, onder leiding van die geeste wat óf al die weg van die vlees deurloop het, of wat sonder om dit deur te geloop het, hulleself as volkome geeste gemanifesteer het. Dit is die bekende aarde-, berg-, water-, vuur -en luggeeste. Naas hierdie twee soorte geeste is daar nog tallose hoeveelhede sielspesifika wat eers losgemaak en daarna saamgevoeg en georden moet word in `n wese, wat op elke trap van sy ontwikkeling volgens die ordening met hierdie sielsspesifika ooreenkom.

[5] Omdat soortgelyke geeste en sielsatome, hoe dieper hulle hulleself in die aarde bevind, ook des te boosaardiger is, moet daar goed toesig gehou word dat daar veral by die sieledeeltjies, wat vanuit die hele aarde by die oppervlakte saamkom, maar net die allersuiwerste ter aanvulling van die eintlike siel gebruik word; die growwer en slegter word dan vir die vorming van die materiële liggame bestem.

[6] So bestaan die menslike liggaam ook uit suiwer sielsdeeltjies, maar dit wat die liggaam vorm is nog grof, boosaardig en onsuiwer, om welke rede hulle dan eers weer in die aarde kom, waar hulle moet vergaan en eers van daaruit op die reeds bekende manier weer uit die vergane stowwe opstyg om hulleself ter voltooiing weer by daardie wese te voeg, tot welke liggaam hulle eens behoort het. Dit gebeur gewoonlik, soos ons sien, in die derde of hoogste aardgeestesfeer, waardeur dan natuurlik elke suiwer gees weer volkome word, naamlik as hy alles wat tot hom behoort, weer opgeneem het. Die opneem is die sogenaamde opstanding van die vlees en regverdig die uitspraak van Paulus, wat sê: “Ek sal in My vlees God sien”.

[7] Dat daarby, die in die eerste streek aangestelde geeste, ontsettend baie te doen het, is vanselfsprekend. Daarom is daar ook op aarde `n rustyd ingestel waarin sulke druk besige geeste rus en verposing kry, dit wil sê dat hulle dan nie soveel te doen het as tydens hulle werktyd nie.

[8] So `n rustyd is die winter, wat egter in die omgewing van die ewenaar baie korter duur as meer na die pole. Daarom word ook, namate mens nader aan die pole kom, asook in die hoër geleë gebiede op aarde, swakker geeste aangestel; en hoe dieper omlaag, des te kragtiger moet die arbeiders wees - wat ook duidelik word aan die produkte.

[9] Nou weet mens hoe engele, geeste en natuurgeeste by die vorming van die wesens werk. Maar omdat dit alles met baie moeilikhede en kombinasies verbonde is, volg `n nadere uitleg hier.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205