Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die dieresiel en hoe sy deur geeste beïnvloed word

13-3-1847

49 Hoe die geeste in die mineraal- en planteryk die spesifieke intelligensies tot `n wese orden, en hoe hulle die aardse dinge met die van die sterre verbind, het ons gesien. Nou moet ons nog die oorgang, of die ontstaan van die diere uit die voorgaande ryke beskou en alles wat die geeste self daarby moet doen.

[2] In elke dier is al min of meer `n gevormde siel aanwesig, wat deur die sogenaamde senuweegees, wat haar altyd omgewe, in die liggaam werk, wat nog uit growwe materie bestaan. Hierin onderskei die dier hom van die plant en nog meer van die mineraal: die dier het al `n vrye psige (siel), terwyl sy in die plante- en veral in die mineraalryk nog so met die materie verwewe en verdeel is, ongeveer soos die wyngees in die druif, want elkeen kan heelwat druiwe verteer en nie beneweld word nie, terwyl die gees uit twintig druiwekorrels genoeg sou wees om tien mense in `n roes te bring. Dit gaan hier natuurlik oor groot, goeie en ryp druiwe.

[3] Waar bevind hierdie gees in die druif homself, hierdie vurige spirituele eter? In die druif is hy nog erg verdeeld en kan geen werking uitoefen nie, omdat in elke vruggie onder duisend spesifika, ook so `n eteriese spesifikum gemeng is. As die enkel­voudige spesifikum egter deur die bekende distilleer apparaat afgeskei en in `n vat versamel word, dan eers uiter die eter sy krag.

[4] Dit is ook die geval met die dieresiel. Sy is `n versameling van `n hoeveelheid eteriese substansiële spesifika, wat al in sover `n intelligente, vryer lewe ontwikkel, namate sy meer soorte in haar wese verenig het.

[5] Wanneer die diere paar, dan dryf die geeste, deur hulle wil, hierdie dierlike siele in die materiële voortplantingsorgane van die diere en omgewe die siele op die oomblik van paring met `n materiële vliesie. Binne die vliesie word die siel dan aktief en begin, na gelang van die volledige wese van haar intelligensies, hulle te orden.

[6] Het die siel, of die psige in hierdie eerste behuising en in haarself die korrekte voorbereidsels getref, dan sorg die geeste dat hierdie siel deur nuwe, spesiaal daarvoor gevormde organe uit die moederliggaam, die korrekte voeding en daardeur die boumateriaal verkry vir haar toekomstige liggaam, waarin sy sal woon en waarmee sy moet werk.

[7] Die liggaam word deur die siel self gevorm, maar wel onder voortdurende leiding van geeste wat nie handelend daarby hoef op te tree nie, maar slegs hulle wil moet insit.

[8] Die vorming van die liggaam vind op die volgende manier plaas: Die eteriese siel het eers haar intelligensies georden, of liewer gesê, hierdie intelligensies orden hulle eintlik vanself, volgens die wette van assimilasie wat in haar aanwesig is, waarvolgens swart homself met swart verenig, wit met wit, rooi met rooi, sag met sag, taai met taai, suur met suur, lig met lig ensovoorts. Omdat elkeen van hierdie eteriese- en nou al substansiële intelligensiespesifika egter `n volkome idee in haar dra, welke idee haar in `n bepaalde vorm verwesenlik, gaan hierdie eienskap van die siel tydens die vormingsperiode van die liggaam gewoon op die liggaam oor en die liggaam is dan, wanneer dit volledig ontwikkeld is, niks anders nie as die vorm van die hele siel, wat op die oomblik van paring in die moederliggaam gegee was.

[9] Wanneer die vorm in die moederliggaam volledig ontwikkel is en as die siel haar hierna weer as`t ware in die vorm van die liggaam opgebou het, dan moet sy `n bepaalde tyd rus en die liggaam ontwikkel hom dan verder, deur voeding vanuit die liggaam van die moeder op te neem, wat die siel help in soverre dat sy maar net in die vernaamste ingewande haar nuwe taak begin.

[10] Dan begin die hart te klop en die sappe begin in die nuwe liggaam te sirkuleer; die nuwe voeding word al in die maag opge­neem en so begin die verteringsproses.

[11] Gedurende hierdie tyd begin die sogenaamde fetus in die moederliggaam te lewe.

[12] Wanneer die liggaam dan heeltemal deur die gebeure gereël is en alle organe hulle geopen het, die polsslag en die verterings­proses funksioneer, die senuwee versadig is en deur `n eie elektromagnetiese gistingsproses, wat deur senuweegees, wat nou verwant is aan die siel, homself in die senuwee gevorm het, dan kom die geeste weer met hulle wil daarby, maak die bande tussen die fetus en die moederliggaam los en dryf die nuwe wesentjie uit die moederliggaam na buite en dit is dan die geboorte.

[13] Na die geboorte moet die pasgebore dier nog `n kort tydjie vanuit die moederliggaam gevoed word, soos byvoorbeeld by die soogdiere deur melk, by voëls deur met speeksel vermengde voedsel, wat die ouers die jonges in die nes gee, by die wateramfibieë ook deur `n slym, wat sy onder water in `n melkagtige vorm afskei en by die landamfibieë deur `n sap wat die ouers, oftewel uit hulle vratte, of wel uit hulle keel laat vloei. Deur hierdie voeding word die liggaam verder gevorm, totdat dit dan verder die voeding wat dit nodig het, self kan soek, vind en verteer.

[14] Vanaf die oomblik, waarop die liggaam sy eie voedsel self vind en dit tot hom kan neem, begin die in hom wonende siel onder leiding van die geeste, die materiële spesifika van die liggaam in die substansiële te verander en vorm op hierdie manier tydens die lewe `n ryker en dus meer volkome siel, wat, as sy in die liggaam die hoogs moontlike ontwikkeling bereik het, die liggaam lang­samerhand steeds minder aandag skenk.

[15] Deur hierdie verontagsaming kwyn die liggaam steeds meer weg, totdat dit vir die siel so lastig word, dat sy nie meer daarmee kan werk nie. Dit veroorsaak die siel wel pyn deur die senuwee­gees, maar hierdie pyn dra daartoe by dat die siel haar eindelik van so `n las bevry. Dan val die liggaam as dood en onbeweeglik neer, maar die siel word weer vry en word weer deur die geeste gevang en vir die geboorte van `n hoëre diersoort gebruik, waar sy dan op heeltemal gelyke manier soos hierbo beskrywe gaan, werk, slegs meer gekompliseerd.

[16] Die spesifika van die afgelegde liggaam, moet egter weer opgelos word, omdat sy nog nie in `n bepaalde, maar slegs in `n noodgedwonge ordening deur die siel bymekaar geraap is. Deur opnuut opgelos te word, word sy dan in `n meer bepaalde ordening gebring en vorm met verloop van die opklimmende dierstadia die vroulike psige, terwyl die vrye eintlike siel waaroor ons nou gespreek het, die manlike is; en so kom 'Eva' oral uit die rib van die man tevoorskyn.

[17] Mense sou kan vra: Wat gebeur daar dan met die spesifika van afgelegde vroulike liggame?

[18] Sy word met die manlike verenig: Deur hierdie vereniging is sy dan op `n volgende trap in staat om die vroulike en die manlike in haar te vorm, want dat mannetjies en wyfies uit dieselfde moeder­liggaam voortkom, hoef nouliks vermeld te word, want sover het elkeen dit tog in die kennis van die natuur gebring.

[19] As die moeder egter nie gelyktydig vroulike en manlike spe­sifika in haar liggaam verenig het nie, waarvandaan sou sy dan die vroutjie en waarvandaan die mannetjie gevoed het? Dit is, glo Ek, al wel duidelik dat dit geheel oorbodig is om meer daaroor te sê en dit is lagwekkend en langdradig om nog te moet gaan uitlê hoe die vere aan die voëls groei, die hare aan die varke, die horings aan die os en die lang ore aan die esel; want dit lê alles in die ordening van die siel, hoe sy naamlik op die korrek aangegewe manier haar intelligensies volgens assimilasiewette orden.

[20] Aangesien ons nou egter ook die werk van die geeste in die ryk gesien het, hoewel maar net deur enkele aanwysings, maar tog duidelik genoeg, sal ons in die volgende nog die oorgang na die mens beskou en ons daarna in die geestelike aarde verdiep.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205