Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Invloed van geeste by die verwekking van mense

15-3-1847

50 Oor die wese van die mens, oor sy siel en gees, is al soveel gepraat, dat julle, om so te sê, al die meeste oor die hele wese van die mens weet. Ook is die verwekking op veelvuldige maniere vir julle uiteengesit. Daar bly nog net vir julle oor om te let op die invloed wat die geeste het by die verwekking van mense. 

[2] Wat die materiële verwekking betref, onderskei dit homself weinig of niks van die algemeen dierlike nie; die verskil lê meer in die innerlike.

[3] Die siel moet natuurlik al voor die verwekking volledig aanwesig wees, dit wil sê, dat sy alle substansiële spesifika in haar moet verenig, wat voorheen nog in die hele universum versprei was, en wat haar van alle kante toegevoer word.

[4] Die siel is dan ook so `n volkome substansiële spesifika-kom­pendium. Die spesifika in haar is net so chaoties deurmekaar gemeng dat mens sou kon sê: Die siel is vir die verwekking `n kluwe, `n sogenaamde gordiaanse knoop, wat eers ontwar moet word om tot `n vorm te raak. Die ontwarring van hierdie knoop begin juis by die verwekking, want dan word hierdie gordiaanse sieleknoop in die moederliggaam gedryf en omhul.

[5] Binne die omhulsel begin die korresponderende intelligensies mekaar te herken, mekaar te nader en te gryp. Om dit te kan doen, gee die geeste hulle lig in hulle omhulsel. In die lig herken hierdie spesifieke intelligensies mekaar, sonder hulle af, nader mekaar, gryp mekaar en verbind hulle met mekaar en dit alles omdat sy daartoe genoodsaak word deur die wil van die geeste, aan wie hierdie taak toevertrou is. Dit is die geeste wat mense 'beskerm­geeste' noem en engele en groot engele oefen invloed daarop uit. Daar is geen mens wat nie minstens drie beskermgeeste, twee engele en `n groot engel het, waarbo nog `n sewende waak nie en hy ken elkeen goed!

[6] Hierdie beskermgeeste en engele is vanaf die oomblik van die verwekking voortdurend besig om die pas verwekte siel te versorg en sorg onophoudelik vir haar ordelike ontwikkeling.

[7] As die siel in haar omhulling, weer die menslike vorm verkry het, dan word ooreenkomstige spesifika vir haar toegevoer vanuit die moederliggaam. Hierdie spesifika gebruik die siel vir die vaster verbindinge van haar eie intelligensies.

[8] Wanneer dit gebeur, dan stroom uit die moederliggaam, al weer ander en nuwe spesifika na die plek waar die nuwe mens hom in die moederliggaam bevind; dit word gebruik vir die vorming van die senuwee. Die senuwee is as`t ware toue en koorde wat deur die siel oral aangegryp en aangetrek kan word om daardeur vir die liggaam wat gevorm word, juis deur hierdie toue en koorde elke moontlike beweging te kan gee.

[9] As die senuwee in hulle basis en met hulle verbindinge gereed is, dan stroom nuwe spesifika alweer daarnatoe. Die word vir die vorming van die ingewande aangewend en wanneer die organiese basis van die vernaamste ingewande gelê is, dan word sy dadelik met die hoofsenuwee verbind.

[10] Na die werk word daar weer deur ander spesifika aan die volledige ontwikkeling van die ingewande gewerk. Aangesien die meeste senuwees egter in die kop saamkom, en wel hoofsaaklik in die agterkop, waar die siel ook haar kop het, begin, tegelykertyd met die vorming van die ingewande, ook die vorming van die kop, wat die ooreenkomstige beeld van die siel is, omdat die hele intelligensie van die siel hom deur bepaalde uitstralinge in die kop konsentreer. En omdat die oë die mees volkome beeld van die intelligensie is, word die kop en veral ook die oë ook die eerste sigbaar; want in die oë stroom alle uitstralinge van die enkelvoudige intelligensies van die siel deurmekaar en vorm juis deur die deurmekaar heenstroming die natuurlike gesigsvermoë van die siel waarmee sy die buitewêreld binne-in haarself kan sien.

[11] As die siel, gehelp deur die wil van die geeste, met die werk klaar is, dan word nuwe spesifika weer vir haar toegevoer, waaruit weer allerlei dinge in die menslike liggaam georden word. Hier hoef nie gemaak of geskape te word nie, hulle maak hulleself, as die weg van die ordening maar gewys word. En so word hier senings, kraakbeen, spiere, senuwees en bene gevorm en wat bymekaar hoort voeg hulle vanself saam. Maar dit sou die verkeerde kant opgaan, as die geeste nie, deur hulle wyse wilskrag, die intelli­gensiespesifika die korrekte weg wys nie, want dan sou die vorm ook verkeerd wees. Dit kan soms gebeur as die moeder, terwyl sy `n kind dra, haar in haar gemoed in die hel begewe, waar My goeie geeste en engele geen goeie hulp kan bied nie. (bv. oormatige alkoholgebruik sigarette, verdowingsmiddels, die torring met die okulte ens.) Die gevolg van so `n euwel is gewoonlik `n misgeboorte, of ook dikwels `n tussen die hel geskuifde kind wat die sogenaamde gewone volk `n wisselkind noem. - Dit kan daarom vir elke moeder aangeraai word om hulle gedurende die swangerskap so deugsaam moontlik te gedra. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205