Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die teruggeleiding en verlossing van Satana

26-3-1847

55 As dit so met die sake staan sal baie sê: “Op hierdie manier sien dit met die gewenste verbetering van die eerste gevalle gees en sy helpers baie maer (betreuringswaardig) daaruit. Want as die mees verdorwe deel van sy siel, soos besinksel en slakke van alle materie agterbly, as ondergrond vir `n nuwe skepping, dan sal binne-in hierdie slakke-aarde die gees ook wel gevange bly; want `n gees verlaat nooit sy siel nie, of dit nou substansieel of materieel is." 

[2] Ja wel, sê Ek, met die verbetering en terugkeer van hierdie gees en sy handlangers sal dit sekerlik somber lyk. Daar is nog wel `n moontlikheid dat daar `n vonkie aanwesig kan wees, maar dit is so klein, dat hy nouliks met `n mikroskoop wat minstens triljoen keer vergroot, waargeneem sou kan word. Dit sal eers na `n belangrike toetsing van hierdie gees te siene wees en wel na `n dusdanige, wat dit aan hierdie gees volkome duidelik sal maak, dat alles van sy siel ontneem word en in die heerlikheid van God sal opgaan. Dan sal daar in die wye skeppingsruimte geen son meer wees en geen aarde nie; want dan sal alle sigbare hemelliggame hulle gevangenes geheel uitgelewer hê en dan sal daar nêrens meer materie te vinde wees nie, dan maar net die geestelike van `n nuwe hemel en `n nuwe aarde. Maar die ou aarde sal verskrompel soos `n appel wat vrot geword het en langsamerhand uitdroog. Maar dit sal ook al wees wat van die hele materie oorbly, naamlik die laaste slak van eg sataniese, psigiese mees bose intelligensie-deeltjies, wat die gees van Satan en sy medepligtiges nie sal verlaat nie.

[3] Dit sou niemand help om te bepaal wanneer dit gaan gebeur nie. Want op hierdie natuurlike aarde sal geen mens dit belewe nie en in die geestelike wêreld sal dit elke volkome gees wel baie weinig interesseer, wat met die afval gebeur het. Netso min as wat daar op aarde een uit `n miljoen mense sal wees wat angstig en treurend sou uitvra na sy uitwerpsels van dertig jaar gelede. Hierdie afval sou nog beter wees as die ander.

[4] Maar dit sal gebeur: Hierdie gees sal met sy vaste slakke-omhulling in die oneindigheid gewerp word en sy val sal nooit eindig nie.

[5] Hy sal in die diepste dieptes van die see van die toorn val, waarin hy steeds dieper sal sink en hy sal steeds meer kwelling ondervind, namate hy dieper in die steeds heftiger toornsee, wat geen grense het nie, sal deurdring.

[6] Hoewel hierdie toornsee `n vuur van die vure is, sal dit tog nooit sy omhulling oplos nie en dan sal dit wees soos geskrywe staan:

[7] 'Alle boosheid is in die ewige afgrond gewerp en word vir ewig verswelg en voortaan sal daar nooit meer boosheid wees in alle ruimte van die oneindigheid nie!”

[8] Solank die aarde nog bestaan, is dit vir elke gees moontlik om die weg van berou, deemoed en verbetering aan te gryp, selfs vir die mees bose gees. As die tyd egter verstreke is, dan sal die moontlikheid tot terugkeer vir ewig ook afgesluit wees.

[9] Dit sal egter nog baie lank duur voordat die aarde al haar gevangenes vrygegee het, want dit is nog `n hele groot massa. Daar sal nog wel enkele miljoene aardjare verloop, tot die aarde haar laaste vuurproef in die vuur van die son sal moet ondergaan. Wat dan nog opgelos kan word, sal vry word; wat egter nie deur die vuur van die son opgelos kan word en nie in die vuur smelt nie, die sal vir ewig `n slak bly soos `n gevangenis vir die mees bose, en dit sal die laaste en ewige dood wees.

[10] Omdat ons egter al soveel oor die mees bose gees, wat in hierdie aarde gevange is, gespreek het, sal dit vir julle, al is dit van weinig nut, tog gedenkwaardig wees om te verneem waar in hierdie aarde die eintlike verblyfplek is van die mees bose gees. Dit is nie moeilik om dit vir julle uit te lê nie. Ek hoef julle maar in die middelpunt van die aarde binne te lei en daar het julle al die woonplek van hierdie gees. Dit is nie die hart en ook nie `n ander deel van die ingewande van die aarde nie, want hierdie inge­wandsdele bestaan, net soos al die ander, uit siele waarop hierdie bose gees gedeeltelik inwerk, maar gedeeltelik ook - weliswaar vir die grootste deel, uit die goeie geeste, wat die bose daardeur binne perke hou.

[11] Die setel van hierdie bose gees is die eintlike vaste middelpunt, waar alles druk op uitoefen, sodat hy hom nie teveel sal beweeg en die wese van die aarde sal versteur nie; want as mens hom maar `n bietjie ruimte sou toelaat, sou dit in `n oomblik nie net met hierdie aarde, maar met die hele sigbare skepping gedaan wees. Want daar woon `n geweldige krag in hom, wat slegs deur die sterkste bande bedwing kan word en wat slegs Ek alleen kan smee, aangesien Ek die Heer is. Maar al is hy hoe sterk gebonde, tog laat hy nooit na om sy aardsboosheid in die opstygende spesifika te blaas en hierdie asemtog van sy wil is nog magtig genoeg om die dood in alle sielespesifika in te plant, welke dood nog in alle aardse kreature te vind is; want al die organiese kan vernietig word en alle materie is in staat om die dood en die vernietiging te bewerkstellig. Dit alles is afkomstig van die asem van die wil van die bose, wie se innerlike boosheid so onbegryplik verskriklik is, dat die mens nooit die minste begrip daarvan sal kan hê nie. Want die kleinste bietjie begrip van die eintlike boosheid van hierdie gees, sou op sigself so dodelik wees, dat geen mens dit hom sou kan voorstel en in die lewe bly nie. En sou Ek maar net `n kort beskrywing van die eintlike bose van hierdie gees gee, dan sou dit julle dadelik dood. Alles wat julle al gehoor het oor hierdie gees, is maar baie swak en ver verwyderde skadubeelde en is aan alle kante deur My beskermende genade omgewe en dit is voldoende vir julle om sy bestaan te vermoed.

[12] Die van naderby leer ken van hierdie wese sou baie verderflik wees. Van sy onverbiddelikheid en sy afskuwelike wrede boos­aardigheid kan mens hom wel `n baie vae skadubeeld vorm, deur sommige verskynsels op aarde. Kyk net na die baie giftige plante uit die tropiese lande. Hoe huiweringwekkend is hulle werking, niemand kan daar naby kom om so `n plant te vernietig nie. Want wie maar enkele oomblikke naby so `n boom of plant kom, val dadelik dood neer. En tog het so `n plant maar `n oneindige klein spesifikum in hom, wat uit die nabyheid van die verblyfplek van hierdie bose gees na die oppervlakte opstyg en in die ordening van so `n boom na binnedring. By die aanskoue van so `n gewas, wat buite homself geen lewe duld nie, kan elkeen vir homself `n begrip vorm hoe die bose van die Satan, hoewel in die kleinste omhullende potensie, lyk.

[13] Ook deur die aanskoue van `n tier, kan mens hieroor insig kry. Dit dier het ook net `n eonste deel van `n spesifikum uit die psigiese spesifieke nabyheid van die verblyfplek van hierdie mees bose gees in hom en die spesifikum is voldoende om die dier tot die wreedste van alle viervoeters te maak. Hierdie dier is slu, ken geen vrees nie en ontsien niks wat in sy pad kom nie.

[14] So ook slange en die adders; as hulle honger het, gryp hulle alles wat hulle sien. Ook `n na benede vallende klip ontsien niks; met dooie blinde woede verpletter hy alles wat in sy pad staan.

[15] Uit soortgelyke dinge blyk `n tikkie van die onverbiddelike woede van die mees bose gees.

[16] Ek wil sy verblyfplek dan ook nie verder, vanweë die skadelike invloed, vir julle beskrywe nie. Dit is voldoende dat julle weet waar, hoe en waarom - en ons wil in plaas van verder kennis te maak met hierdie gees, nou nog ander nuttige en belangrike dinge bekyk in hierdie sfeer.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205