Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die belang van die onderskeiding van die bose

29-3-1847

57] Ek weet baie goed dat hierdie baie duiwelse verhale baie mense nie sal geval nie en Ek weet ook, dat baie daarin op een of ander skynbare teenstrydigheid sal stuit; maar dit is nie belangrik nie. Wie sit, is beter daaraan toe as diegene wat moet staan en `n sagte bed is ook beter as `n klip onder die hoof. Wie daarom sit of in `n sagte bed lê, bly maar daar as dit hom geval; ons sal egter nóg sit, nóg lê en nóg minder bly staan, maar loop en wel vooruit en nie agteruit nie. Daarom moet dit ons ook nie hinder, dat ons soveel hoor wat vir die gevoel bitter is, maar des te heilsamer vir die gees. As dit al moeilik is om met `n vyand te stry wat mens kan sien en ken, hoeveel te moeiliker is `n stryd met `n vyand wat die mens nóg sien, nóg ken. Daarom is dit nodig om die vyand te ken, sodat `n mens kan weet hoe `n mens hom moet aanpak, om `n toekomstige stryd met hom met sukses te deurstaan.

[2] Is die graan gedors en in die voorraadskure opgeberg, dan kan die strooi versamel en verbrand word en die graan in die voorraadskure sal geen bekommernis daaroor hê nie. As iemand egter genade by My gevind het, word hy as geestelike lewenskoring in die beste voorraadskure bewaar en as sy liggaamlike strooi miskien enkele barste van die kant van die Satan kry, dan sal dit die gees nie skaad nie.

[3] Dat dit seker nóg vir die toehoorder, nóg vir die spreker aangenaam is om sataniese situasies en werkinge aan die lewendes voor oë te voer, hoef geen betoog te verg nie. Maar `n goeie apteker moet nie net met allerlei lewensessens handig kan omgaan nie, dog ook met allerlei giftige stowwe, anders sal hy geen goeie apteker wees nie. Dit geld ook vir die ewige lewe van die gees en dit is van groot belang om die hel, net soos die hemel, grondig te ken.

[4] Wie sal egter so dwaas wees om die skoon wasgoed na die wasvrou te bring? Elkeen bestel die wasvrou vir die vuil wasgoed; om dit skoon te maak is volgens orde en plig.

[5] Net so min bestaan die engelegeeste en die mens om die hemel te reinig en te vee, maar slegs om dit skoon te maak wat van oudsher al vuil was.

[6] Daarom is dit ook noodsaakliker om die plek waar die vuilheid is, netso noukeurig te ken as die plek van reinheid. Want slegs die eerste moet bewerk word en as hy eenmaal skoon is, dan kom die hemel vanself.

[7] Dit sou `n dom dwase leer wees, as mens aan een of ander menslike groepering `n gebod gee om maar net voortdurend die goeie na vore te bring en dit bomatig te prys; maar oor die kwaad sou mens nooit moet nadink nie en dit selfs nie afkeur nie. Die goeie hoef nóg opgehemel, nóg geloof te word, dit verhef en prys homself. Wel baie noodsaaklik is dit, dat elke mens op sy slegte gedagtes en begeertes en werk jag maak en dit dadelik, soos gevaarlike wild, neervel in die wêreldse woud van die ordeloosheid, sodat in hom die spreuk bewaarheid kan word: 'En as jy alles gedoen het, beken dan dat jy `n onverdienstelike kneg is!”

[8] Dit is ook werklik baie beter om te sê: 'Heer, wees my arme sondaar genadig en barmhartig', as 'Heer, Ek dank U dat Ek nie so is soos ander mense nie, soos tollenaars en allerlei sondare van verskillende kaliber nie!” - anders lyk mens werklik soos `n hoogmoedige fariseër of selfs soos `n dom kweselaar en pelgrim, wat `n bedevaart maak en wat werklik, sowel voor die duiwel, as voor `n ‘crucifix’ `n kruis slaan.

[9] Óf, oordeel self wat van beide noodsaakliker is; om die grond te ken waarop mens loop, of net die uitspansel, waar nog niemand `n tree op geloop het deur hom daarteen te gestamp het nie! Die grond is die draer; daarom moet mens weet hoe vas dit is en of daar geen afgronde is waar mens kan inval nie, en as daar een is, hoe mens dit kan ontwyk.

[10] Maar wat sou dit iemand help, as hy die hele hemel soos `n ensiklopedie voor sy neus het, maar hy sou onderweg op die eerste die beste klip stamp en dan saam met sy hemel op sy neus val?

[11] Dit is sekerlik baie aangenamer, opwekkender en opbouender om met die oë die sterrehemel op te soek, as op die aarde wat vol vuilheid en afval is, rond te kyk. Maar as mense dit tog vir hulle tot `n verhewe wet sou maak om steeds maar met sy oë die sterre op te soek en `n mens daarby in `n modderpoel sou val, vra mens hom wel af of die persoon in sterrestreke die vuiligheid van sy klere sal verwyder en of hy dit op aarde met skoon water sal doen? Ek bedoel dat by die werk wat die twaalf sterretekens en ook Orion, Cassiopeia, Castor en Pollux nie nodig is nie, maar wel die water, of as die vuilheid nie so erg is nie, maar net `n borsel, `n werktuig van hout en varkhare, gemaak, die hare van die onreinste dier, maar dat tog vir die reiniging van klere baie deugdeliker is as Orion, Cassiopeia, Castor en Pollux.

[12] Dit is weliswaar nie aangenaam om met die hel, duiwel en Satan kennis te maak nie, maar as iemand `n tydlank in die huis van hierdie here moet deurbring om die plek van sy toekomstige dinge te leer ken, en tewens ook die slegte heerskappy van die huis, dan sou dit tog seker die grootste domheid wees om bygelowig `n kruis daarby te slaan om hom daardeur soos `n ruspe teen alle duiwelse praktyke op te blaas, in plaas van sy opmerksaamheid te vertienvoudig, sodat niks in die huis hom ontgaan nie

[13] Wie die kwaad wil vermy, moet dit tog eers ken, anders bly hy soos `n onmondige kind wat geen onderskeid maak tussen afval en brood en tussen slange en visse en wat die een, sowel as die ander in sy mond steek wanneer hy honger het.

[14] Ek wil julle egter sê dat `n soortgelyke vrees by julle daaruit voortkom, dat julle vroeër nóg van die hemel en nóg veel minder van die hel `n ander voorstelling gehad het as wat julle deur `n baie lieflike, erg mensliewende pater Kochheim bygebring was of deur die heilige Ignatius van Loyola en na hierdie twee verwysend - wat nie uit die môreland, maar eerder uit die avondland stam - ook nog deur die gesamentlike katolieke, geuniformeerde en nie-geunifor­meerde priesterskap. Hulle kan hulle preke slegs daardeur indrukwekkend, romanties en interessant maak en die baie dom kerkgangers laat bewe, as hulle in `n enkele preek tenminste dertig maal die hele toehoorderskare in die hel gevloek het, wat hulle tesame met sy oerbewoners vooraf op `n baie plastiese wyse beskrywe het en sodanig verhit, dat as hy so `n preek, ‘a la Ignatius’, op die noordpool sou gehou het, dit die ys tot op die bodem toe sou laat smelt het. So `n preek, waarvoor selfs Satan respek het, moet wel die wonderlikste uitwerking tevoorskyn roep in `n kinderlike gemoed.

[15] Die beste in so `n geval is wel, dat `n saak wat self nie gegrond is nie, ook nêrens `n grond kan vind, waardeur dit dikwels gebeur dat onder die vyfhonderd toehoorders by so `n helse donder- en bliksempreek, minstens tweehonderd standvastig slaap; tweehonderd let tog nie op nie en honderd het slegs die amen van die preek gehoor. Dit alles word egter deur die gees van die preek bewerkstellig; daarom is dit goed om die kwaad grondig te herken, sodat elkeen, wanneer so-iets op sy weg kom, dit dan maklik in homself kan aanvoel. En met die doel voor oë, sal meer gedenkwaardighede aan julle vertel word, wat hierop betrekking het en waarvoor julle, na hierdie instruksie, nie bang hoef te word nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205