Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 66

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Die seremoniële kerk

13-4-1847

66 Wat se nut het die vrugtelose klagtes, of die skimpe en die gehekel, en wat het dwase aan die losmaking van alles wat so `n kerk vol afgodery voorskryf om na te kom en te hou?

[2] Dit alles is van geen nut (vir die dwaas) nie! As `n rivier eenmaal iewers stroom en die stroom het kragtig genoeg geword, dan is dit te laat om hom op te dam en hom in sy loop teë te hou, want daardeur swel hy nog meer en by die breek van die damwal sal al die grond waaroor hy heen stroom, verwoes word. Dit is die verstandigste om die stroom sy gang te laat gaan; as hy die see sal bereik, sal sy woede wel afkoel en heeltemal afneem.

[3] Ewe dwaas sou dit wees om stroomopwaarts te wil swem in so `n stroom. Dan sou niemand ook maar `n millimeter verder kom nie, want hoe kragtiger hy aan die tegemoetkomende golwe weerstand sou wil bied, des te kragtiger en heftiger sal hulle teen sy voorhoof slaan en hom baie gou in `n kolk na die bodem trek. Dit is die beste om die rivier te laat vloei hoe en waarheen hy wil stroom, maar homself in sy hart so ver moontlik van die stroom te verwyder en die droë, maar sekerste weg van die suiwer waarheid te volg.

[4] Die verset teen iets wat hom volgens bepaalde norme eeue lank meer en meer gevestig het, sou wel die grootste dwaasheid wees. Dit sou `n stryd wees van een teen `n duisend. Wat sal die een dan teen `n duisend kan uitrig? Dieselfde is die geval met iemand wat hom teen, watter algemene orde dan ook, sou wil verset. Sy mening mag hoe korrek wees, maar wat kan hy doen as die groot massa blind en doof is? Daar betaal dit om verstandig te wees en sy jas redelikerwys na die wind te draai en nie daarteen in te gaan nie, want dit sou hom nie baat nie.

[5] Ek kyk tog nooit na die uiterlike nie, maar slegs na die innerlike van `n mens; en daarom kan elke eerlike Christen in `n bedehuis (kerk) baie welgemoed die sogenaamde seremoniële godsdiens­oefeninge bywoon, maar in sy hart by My wees, dan sal dit hom nie in die minste skaad nie.

[6] Wie hom egter vir hierdie kerkdiens vererg, laat hy maar liewer buite bly; want niemand word aan sy hare na binne getrek nie. En sou dit die geval wees, dan kan dit niemand skaad as hy na binne gaan nie; want dit is nog altyd beter om in `n bedehuis te wees en `n sekere wyding te ontvang, as om op die algemeen geldende feesdae op jag te gaan of `n speelhuis te besoek of woekerwinste te maak, intriges op tou te sit, hoere te besoek en meer sulke dergelike bose dinge.

[7] Naas die seremonie word daar immers ook nog preke gehou, waarby daar tog minstens sommige verse uit die evangelie voorgelees word. Geval `n preek iemand miskien nie, dan kan hy by die voorgeleeste tekste uit die evangelie bly en hy kan soveel daarvan aansteek, dat hy genoeg daaraan sal hê om die ewige lewe te verkry, as hy maar aan die weinige verse gehoor gee. Daarom kan mens nie gou iets verloor as mens `n soortgelyke bedehuis binnegaan nie; daar kan `n mens altyd nog iets vind wat hom aan My sal laat dink; maar as iemand maar net uit haat teen sulke afgodery, homself daarvan losmaak en niks beters in die plek daarvoor stel, as gewoonlik maar net slegter dinge nie, dan vra Ek: Sal dit vir hom nuttig wees? - Nouliks, glo Ek.   

[8] Die tempel te Jerusalem was tydens My lewe op aarde `n volkome afgodstempel. Van `n Godshuis was daar sekerlik geen sprake meer nie; want JaHWeH was nie meer in die tempel nie, maar Hy het so nou en dan daar gekom en daar onderrig.

[9] Maar Ek, as JaHWeH, so spreek die Heer, het niemand verbied om die tempel te besoek en sy gawe te offer nie, en Ekself het meermale binnegegaan en daarbinne onderrig gegee en ook die egbreekster haar skuld vergewe. Ook het My volgelinge nooit `n verbod gekry om die tempel te besoek nie, ofskoon dit `n volkome afgodstempel was. Waarom sou iemand hom dan nou daaraan vererg om in `n bedehuis (kerk) te gaan. Want gaan hy werklik in My Naam na binne, dan is Ek by hom en gaan met hom saam; en solank as wat ons daarbinne is, sal niemand ons daar uitgooi nie. Solank Ek dit daarbinne uithou, sal diegene met wie Ek daarbinne is, dit ook goed kan uithou.

[10] Trouens moet niemand bliksem en swawelsuur van die hemel afroep nie, alvorens Ek dit nie Self daarheen sal slinger nie. Wanneer dit noodsaaklik sal wees, weet Ek wel die beste.

[11] Ek vind egter, dat solank as wat `n groot menigte mense nog `n groot vreugde daaraan beleef om hierdie afgodery op alle moontlike maniere te ondersteun, misse en gesange-dienste te betaal, skenkings te doen, bedehuise en ander kapelle te bou, offerblokke te vul, orrels te laat bou, klokke aan te skaf, ryk begrafnis plegtighede te laat hou en duur sogenaamde paramente te vervaardig, ook kosbare bedevaarte te onderneem en hulle met geldsugtige broederskappe in te laat - so lank gaan dit nog wel goed. Waarom sou mens dit waaraan die mensdom tot op vandag vreugde aan beleef, binne een oomblik soos `n skuimbol vernietig? Wie dom en blind wil wees en wie aan hierdie eersugtige seremonies, waarby mense met baie goud en edelstene pronk, genoegdoening beleef, die moet maar dom en blind en dwaas bly!

[12] Wat beteken `n wêreld vol dwase vir My? Ek sê vir julle: Baie minder as wat `n slegte pot vir `n pottebakker beteken, wat hy kan vernietig wanneer hy wil, omdat dit misluk het! Netsoos die pottebakker nie treurig sal wees oor so `n dom pot as hy dit eenmaal platgeslaan het nie, ewemin sal Ek in My hart ly vir `n wêreld vol narre, asof dit vir My moeilik sou wees om `n ander wêreld vol van die mees wyse engele in die plek daarvan te skep.

[13] Maar as iemand My soek, sal hy My ook vind; Ek sal hom aanneem en hy sal vir My kosbaarder wees as `n wêreld vol dwase en vir hom alleen sal Ek meer doen as vir `n hele wêreld vol dwase.

[14] As Ek dan nie al te veel van My laat merk by die algemene dom stand van sake nie en die spul so sy loop laat neem, dan is dit vir julle `n teken dat al hierdie dinge, soos dit nou in die wêreld gaan en aan al die dwase wat dit huldig, vir My baie weinig geleë is. 

[15] Maar as Ek hier en daar enkeles vind, wat hulle alles aan My geleë laat lê, dan is hulle vir My ook meer geleë as die hele wêreld. Ek wil dié een laat swelg in die volheid van My genade en vir die wêreld in haar dwaasheid, sal Ek die droesem gee, want soos gesê: Aan My is aan `n goeie meer geleë, ja baie meer - ja, alles is vir My aan hom geleë - as aan `n wêreld vol dwase, waaraan vir My net soveel geleë is as aan `n verlepte plant wat langs die straatweg groei en deur wandelaars in die stof getrap word. Hoe dikwels is die gras van `n weiland nie al afgemaai nie? Wat is daaraan geleë? Daar groei wel weer nuwe gras uit; so is dit ook die geval met die mense op aarde wat dwase is en wil wees.   

[16] Mens kan ook sê: Vir hongerige vee is die voer altyd goed; die brommer eet die vog van uitwerpsels en die wurm eet modder; die varke is ook geen fynproewers nie en die esel voed hom, soos bekend is, met die slegste voer. Omdat soortgelyke mense aan sulke diere gelyk is - goed, dan sal hulle ook met dieselfde kos gevoed word; want aan iets anders sou hulle nie proe nie. En as hulle vir niks anders meer deug nie, sal hulle eendag aan die ander kant daarvoor dien, om beter geeste die beste geleentheid te gee, om die hier verwaarloosde dierkunde in te haal, want die soölogie is `n uiters belangrike wetenskap. En juis omdat, soos wat duidelik genoeg in dié werk uiteengesit is, die volmaakte geeste die mineraal-, plante- en diereryk moet versorg, is dit vanselfsprekend, dat hulle geen leke in die soölogie mag wees nie. Maar dit is dan wel `n ander soölogie as wat ons hier op die wêreld ken, waar elkeen al `n goeie soöloog is, of tenminste wil wees, as hy die diere slegs uiterlik ken - vandaar dat in die biologiese fakulteite en die daarvoor noodsaaklike museums meestal slegs opgestopte diere aan die leerlinge voorgesit word.

[17] Ek dink om oor die punt nou meer as voldoende te gesê het. Ons sal daarom nou tot `n verdere verborge gedenkwaardigheid oorgaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205