Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 67

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Drome en hulle betekenis

14-4-1847

67 Waaraan en waaruit kan mens uitmaak, wat Ek onder die geheime gedenkwaardigheid verstaan? Het hierdie gedenkwaardigheid uiterlike kentekens?

[2] Dit het hy nie en as hy dit vir `n noukeurige waarnemer het, dan word weinig of geen geloof daaraan geskenk nie.

[3] Hierdie verborge gedenkwaardigheid bestaan gewoonlik uit bepaalde visioene, wat by goeie en ook by slegte mense, óf uit die hemel, óf uit die hel afkomstig is. Daarom is dit hoogs noodsaaklik, om goed hieroor ingelig te wees en die korrekte gedragsreëls te kry, sodat `n mens kan weet hoe hy hom by soortgelyke merk­waardige, dikwels nouliks geloofwaardige verskynsels, te gedra.

[4] Die visioene is van verskillende soorte. Die mees gewone en aan elkeen bekende soort visioen is die nagtelike drome.

[5] Hier kan `n mens homself afvra: Wie droom eintlik, en wat is die droombeelde?

[6] In die gewone slaap droom slegs die siel en hierdie drome is niks anders as `n verwarde aanskouing van die siel in haar eie omstandighede nie. Dit hou geen verband nie, maar is soos beelde in `n kaleidoskoop wat by elke beweging verander en nooit meer geheel dieselfde terugkom nie.

[7] Die sonder verband sien van omstandighede en toestande, het sy oorsaak daarin, dat die siel haarself in `n toestand bevind, waarin sy geen verbinding het met die buitewêreld en ook nie met haar gees nie.

[8] Die soort visioene het vir die siel geen ander nut as net dat sy haarself na so `n droom kan herinner hoe dit met haar in haar absolute toestand gesteld is.

[9] As sy die droom saamvat, ja, as dit moontlik is, dat sy dit opskryf, dan kan die siel daardeur `n goeie beeld van haarself kry, want dit toon haar, hoe sy in haarself is, wat haar vernaamste begeertes is en wat haar strewe is en hoe dit eintlik met haar totale toestand gesteld is en hoe dit sal wees as sy haar heeltemal buite haar liggaam sal bevind.

[10] Dit soort drome word nóg deur helse en nóg minder deur hemelse geeste in die siel opgeroep, maar dit is geheel en al die eie produk van die siel en sy herinner haar dit nou eers beter, dan weer slegter en soms heeltemal gladnie. By `n nog heel natuurlike mens is dit afhanklik van die gesteldheid van die senuweegees. Rig dit hom meer na die siel, dan sal die mens hom byna elke droom presies kan herinner; keer hy hom na sy slaap egter meer na die vlees, dan sal die mens ook weinig of geen herinnering van sy droom hê nie - wat gewoonlik by die mense die geval is, wat erg sinlik en grof-materieel is.

[11] Maar heelwat anders is dit gesteld met bepaalde helder drome, waarin, by diegene waar die droom voorkom, dit voel asof die verskyning `n werklikheid was, sodat hy by die ontwaking, nouliks vir homself rekenskap daarvan kan gee of dit `n droom, of die werklikheid was. Soortgelyke visioene of drome behoort nie aan die siel nie, maar tot die omgewende geeste wat van goeie of slegte aard kan wees. Is hulle boosaardig, dan sal die siel en daardeur ook die liggaam, heeltemal uitgeput uit so `n droom ontwaak; is hierdie visioene egter `n werk van goeie geeste, dan sal siel en liggaam hulle by die ontwaking versterk voel.

[12] Beide soorte visioene word maar net tot nut en nie tot skade van die siel toegelaat; in die bose visioene moet sy `n waarskuwing en in die goeie `n versterking vind.

[13] Hierdie visioene is daarom so lewendig, omdat die geeste wat dit tot stand bring, eers die senuweegees van materiële diens­verlening vry maak en dit met die siel verbind. In so `n toestand het die siel die gevoel van natuurlikheid, omdat sy in verbinding staan met die senuweegees en daardeur kragtiger is om die sterkere en die meer betekenisvolle beelde in haar op te neem en vas te hou.

[14] Tot hierdie klasse van innerlike visioene behoort ook die sien tydens `n magnetiese slaap en ook wat al vroeër aan julle verklaar was, die sien tydens die sogenaamde swawel-eter narkose. Hierdie visioene het daarom al `n sekere verband en `n bepaalde ordening, omdat hier al suiwer wyn aan die siel geskenk word deur haar omgewende geeste.

[15] In sulke visioene word komende gebeurtenisse dikwels aan die siel getoon, wat vir geeste nie moeilik is nie, omdat hulle ten eerste die orde van die dinge ken, soos wat dit onherroeplik op mekaar moet volg en ten tweede omdat hulle self die bewerkers van hierdie orde is.

[16] Mens moet dit so vir hom voorstel asof iemand van julle in `n vreemde huis sou kom. Dan sou hy nie weet wat die huisheer vandag, môre en oormôre sal doen nie; maar die heer van die huis sal dit wel weet, omdat hy op hoogte moet wees van die stand van sake. As hy dan vir hom sê wat hy sal doen, dan weet hy dit ook. So kan julle ook nie weet wat die geeste in die jaar nog alles tot stand sal bring nie, omdat julle nog vreemdelinge in die huis van die geeste is. As die geeste dit egter aan `n siel vertel, dan sal ook sy weet wat daar gaan gebeur. Vir die geeste om egter so-iets aan die siel te kan meedeel, moet sy daartoe voorberei word en die voorbereiding is wat hierbo aangegee word.

[17] Aan so `n visioen kan mens baie waarde heg; tog moet niemand daaraan vashou soos aan `n onveranderlike noodlot nie, soos eens die heidene nie; want niemand sal daardeur in sy vrye wil belemmer word nie. As iemand in erns iets anders wil hê as wat die geeste hom in die visioen getoon het, dan hoef hy hom maar net tot My te wend, sodat die saak anders sal loop, en dit sal anders word, as hy glo en vertrou op dit waarmee hy hom tot My gewend het, want slegs Ek kan alle dinge op enige oomblik verander.

[18] En al sou Ek Self sê: “Kyk, dit en dat sal Ek môre doen", maar jy het liefde en vertroue in My en jy vra My om dit nie te doen nie, dan sal Ek doen wat jy vra en dit sal dan vir niemand nadelig wees nie; want Ek kan alle omstandighede, toestande en dinge op alle moontlike maniere gebruik en dan moet duisende My soos één dien en één dag sal wees soos één jaar en duisend jaar soos één dag.

[19] Daarom moet niemand baie skrik oor sulke dikwels voorkomende visioene nie; want as dit goed is, hoef niemand daarvoor te skrik nie en as hy dit wil, dan kan dit wel verander word. Natuurlik, wie vas daarin glo en My nie meer krag toeken as sy visioen nie, vir die een sal dit egter wel `n 'fiat' beteken. (noodlot)

[20] Die menslike gemoed is egter wel so swak, dat hulle al uit baie eenvoudige drome graag en dikwels allerlei toekomstige gebeur­tenisse aflei en geloof daaraan heg. Die mense het allerlei reëls opgestel, waarby na bepaalde drome bepaalde gebeurtenisse moet plaasvind. Die reëls en die droomuitlegging met sy gevolgtrekkings is natuurlik net so buitengewoon dom soos hulle wat dit opgestel het. Daar is waterdrome, dit bring die dood van een of ander bloed­verwant of kennis. Vuur bring leuens of vreugde. Brood-, mis- en troudrome word as aankondiginge van sterfgevalle in die familie beskou. As iemand van bye droom, kom daar brand; droom mense van miere, dan kom daarna `n oorstroming, of mense kry baie sorge. As iemand van sprinkane, krieke en vlieënde voëls droom, beteken dit oorlog en nog meer dergelike onsin, om maar gladnie eers aan drome oor loterye te dink nie.

[21] Hierdie beelde, wat die siel in die droom voor oë het, is ooreenkomstighede met die sielstoestand, maar in geen geval profesieë van toekomstige gebeurtenisse nie.

[22] Oor die geheel geneem, het `n mens maklik soveel bloed­verwante, vriende en bekendes as wat daar dae in die jaar is, soms ook tienmaal soveel en daarvan sal daar miskien in `n jaar enkeles sterwe. Droom iemand nou van water, brood, of `n troupartytjie, dan het hierdie droom seker op die gestorwene betrekking, of hy nou veertien dae vroeër of later gesterwe het. So is dit ook met alle ander drome. Iemand droom van `n swerm sprinkane en daardeur was hy ietwat angstig en ook ietwat verlangend na oorlog. Maar omdat daar in sy land niks gebeur en ook niks in die omringende lande nie, gaan lees hy die koerante sorgvuldig en siedaar, hy lees in `n artikel: Oorlog tussen Engelse seeliede en koloniste met die oorspronklike bewoners van Zeeland. En pateties slaan hy sy hand teen sy voorhoof en sê baie ernstig: “Kyk daar, My droom het al in vervulling gegaan. Ek het laasnag van sprinkane gedroom, dit beteken oorlog - en werklik, daar is oorlog in Nieu-Zeeland". As ons leser ietwat meer moeite gedoen het om die koerant verder te lees, sou hy wel op nog meer oorloë gestuit het wat terselfdertyd plaasgevind het. 

[23] Kyk `n soortgelyke geloof is `n boosheid wat die siel erg kan skaad, omdat sy gedurende sulke oomblikke die vertroue in My geheel laat vaar! En hoe meer sulke vertwyfelinge oor profetiese visioene op een of ander manier in die siel wortel skiet, des te meer verswak haar geloof, die vertroue, asook die liefde tot My. Hoewel sulke eenvoudige drome maar net tot die siel behoort, behoort die dom verklarings aan `n bose geestesgespuis. Dit bekruip die vlees by sulke geleenthede soos die brommer `n mishoop, suig soortgelyke droomvisioene van die siel daaruit en bepraat die siel dan met sulke dom profesieë, wat op sigself niks anders as uitwerpsels van sulke bose geestelike brommers is nie, waardeur die siel dikwels net so deur vlieë oordek word soos sommige vensters, waar die sonstrale uiteindelik nie meer kan deurdring nie, of dan maar baie flouerig. So kan die genadestraal uit My son ook nie inwerk op die siel nie, omdat sy te veel met soortgelyke domhede oordek is.

[24] Dit vertel Ek egter juis daarom, sodat mense sal weet wat hulle in die toekoms van drome en ook daarnaas van ander visioene, wat nog verder bespreek sal word, wat betref die waarheid, kan verwag. Elke verskynsel het `n sekere ooreenkomstige doel, maar van ingebeelde domheid is daar geen sprake nie. Nou weer verder met hierdie gedenkwaardigheid.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205