Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Oor bygeloof 2.

17-4-1847

69 Nog `n ander soort onbenullige voorspelling bestaan hieruit, dat byna alle mense, veral die Rooms-Katolieke, glo in bepaale geluks- of ongelukstekens en mens vind hierdie dwase opvattings vanaf die hoogste kringe tot by die besitter van die kleinste hutjie.

[2] So `n geluks- of ongeluksteken is byvoorbeeld die eerste persoon wat jy teëkom, as jy die huis uitgaan. Kom jy `n man teë, dan is dit `n goeie teken; kom jy egter `n onskuldige vroulike individu teë, dan is dit `n ongunstige teken. Die geloof hieraan is by sommiges so diep gewortel, dat iemand wat die ongeluk het om smôrens as eerste `n arme vrou te ontmoet, haar begin te vervloek - miskien nie altyd hardop nie, maar dan tog in sy hart. Hoe dikwels word daarbinne nie gesê nie; “O, vervloekte ou mens, loeder* dier!" en dergelike loflike uitinge meer. Veral jagters, as hulle op jag gaan, beskou so `n ontmoeting as `n slegte voorteken en as sulke jagters nie bang was vir die regbank nie, dan kan so `n onskuldige vroulike wese seker daarvan wees, dat sy eerste met die kruit van die jagter kennis sou maak. Hierdie dwaasheid, wat al dikwels die ergste gevolge gehad het, is ook `n heidense oorblyfsel en word geduld. Maar weiniges, die ietwat beter sielbesorgers, laat, as hulle goed gestem is, vanaf die kansel `n paar woorde val oor die soort onsin, maar dit is lank nie voldoende om so `n oud ingekankerde kwaad tot in die wortel uit te roei nie. *(Loeder – slegte, lae of gemene persoon)

[3] Die oorsaak daarvan is hierin geleë, dat die diepere oorsaak van sulke dwaashede nie ingesien word nie, naamlik dat dit niks anders is as `n siekte van die siel, wat veroorsaak word deur die bose uitskot van die geeste, wat van die heidendom afkomstig is en wat nog nie heeltemal ryp is vir die hel nie en daarom nog `n vrypas op aarde het om tot die korrekte insig te kom om beter wesens te word.

[4] Die geeste voeg hulle by allerlei mense, kleef hulleself aan hulle vlees vas en kom met hulle heidendom tot in die wortels van die siel, waar hulle met die liggaam verbonde raak, waardeur die siel dan tot soortgelyke dom veronderstellinge kom.

[5] Baie mense sien wel in, dat waarheid onmoontlik hierin kan skuil; as daar egter so `n geval hom voordoen, dan glo hulle inwendig tog daaraan en raak in `n soort verleentheid by die gedagte dat daar tog wel iets waar daarin sou kan wees.

[6] By `n egte Christen mag so-iets egter nooit voorkom nie, omdat dit nooit tot iets goeds, maar net tot iets boos kan lei.

[7] `n Ander profetiese teken bestaan hierin, dat enkeles meen en soms vas glo dat, as daar `n kat, haas of `n ander onskuldige dier voor hom die pad oorsteek, hy dan geen geluk in sy onderneming sal hê nie. Hoe kan hierdie diertjies nou `n invloed hê op die goeie of slegte afloop van dit wat die mens wil onderneem? Dit is al net soos die voorgaande, van heidense oorsprong en het ook dieselfde oorsprong in die menslike siel, daarom moet mens dit sorgvuldig vermy.

[8] `n Ander soortgelyke dwaasheid bestaan daarin, dat baie onnosele mense hulle toekoms te wete wil kom deur byvoorbeeld lood in water te giet of `n eier wat pas gelê is, in die water te gooi. Dan word `n verborge skat weer gesoek met `n wiggelroede of goud in `n glas gehang, sodat dit, óf die lewensjare van `n mens sal aangee, óf ja of nee sal sê op `n vraag deur middel van die aanslaan of nie aanslaan teen die glas.

[9] Soortgelyke middele wat die toekoms moet onthul is eintlik te dom om maar `n woord daaroor ook te verloor.

[10] `n Enigsins verstandige denkende mens sou nie sy eie gees die smaad wil aandoen om aan te neem, dat `n dooie metaal meer insig sou hê as hyself nie, omdat hy van mening sal wees dat dit afbreuk doen aan sy gees! As `n dooie metaal egter meer insig sou hê as hy, hoe is dit dan met die eer van sy gees gesteld? As die mens, as geestelike lewende wese, nie kan agterkom hoe die toekoms sal lyk nie, hoe sal `n dooie metaal dit dan kan bewerk?

[11] Laat hierdie saak maar rus, dit is duidelik dat dit onbelangrik is. Gelukkig maar, dat die lepelgieter meer as `n speletjie, as `n werklike bygeloof onder die mense beoefen word.

[12] Maar `n baie bedenkliker manier om die toekoms te voorspel, is die sogenaamde plasing van kaarte. Deur hierdie bedrieglike spel het baie mense al vir `n kort tydjie, of vir altyd, ongelukkig geword. Daarom moet elkeen so `n kaartlegster vermy soos die pes, want in die huis van iemand wat hierdie beroep beoefen, is daar  netsoveel hoofduiwels hulle as wat daar kaarte is. En as so `n kaartlegster soms iets goeds raai, dan gebeur dit maar net met behulp van Beëlsebub. Daarom, soos wat al in die ou verbond gesê was: Vermy sulke profetesse soos die pes, anders word jy `n gevangene van die hel!

[13] Naas hierdie manier om die toekoms deur kaartlegging te voorspel en ander geheime dinge aan die lig te bring, het mense in die laaste tyd hulle toevlug selfs tot somnambulisme* geneem.*(somnambulisme- slaapwandelary)

[14] As `n magnetiseur (hipnotiseur)die somnambule met hierdie behandelingswyse wil help, moet hy haar geen vraag stel uit eiebelang nie, maar slegs dit noteer wat die somnambule vrywillig sê en hy moet haar nie tot praat dwing nie, want dit is vir die somnambule baie nadelig. Die magnetiseur moet baie geduldig afwag totdat die somnambule self begin praat; dan sal sy wel soveel sê as wat nodig is. `n Vraag moet mens dan net stel, wanneer die somnambule haar oor iets uitgespreek het wat te onduidelik was of sleg te hoor was. Oor die algemeen kan hierdie wyse van genesing deur handoplegging maar net van gelowiges op gelowiges oorgebring word. As daar egter een of ander ingebeelde dwaas van `n arts sonder religie of geloof maar net deur `n kunstige manipulasie een of ander swak vroulike wese in `n magnetiese slaap bring om bepaalde dinge van haar te ervaar of om bepaalde wetenskaplike proewe met haar te doen of haar ook wel vir geld deur ander mense te laat aangaap en ondervra, dan is so `n magnetiseur `n duiwel in menslike vermomming en vir die somnambule sou dit ewe goed, so nie beter wees, dat sy deur `n werklike duiwel besete was as wat sy haar laat magnetiseer deur so `n ongelowige eer- en gewetelose magnetiseur. 

[15] Vir sulke mense sou, net soos vir die slegste straatrowers, moordenaars en brandstigters die swaarste kerkers gebou moet word, want die afskuwelikste van alle afskuwelikhede en nog erger as die slawehandel is dit, as `n mens dit waag om nie net die liggaam van sy broeder of suster nie, maar ook sy siel en gees vir `n snode aardse gewin gedeeltelik aan die mense, en gedeeltelik ook aan die hel te verkoop.

[16] Sulke euweldade sal egter ook, as dit `n gewoonte word, deur My invloed hier en daar `n verdiende tugtiging tot gevolg hê.

[17] Daarom laat Ek julle dit sien, sodat julle by voorkomende gevalle sal weet wat julle te doen staan.

[18] Ek sal elke magnetiseur seën wat in My Naam die hande oplê om te genees; maar Ek sal netso elkeen vervloek, wat `n dwase goëlaarswerk hiervan probeer te maak, waarin hy self nie die minste geloof het en kan glo nie en waaruit hy snode winste probeer maak. Sulke wonderdoeners en toekomsvoorspellers moet vir ewig uit My omgewing bly!

[19] Elkeen moet goed daaraan dink en julle kan elkeen daarop wys, dat dit verkeerd is om ooit met, watter middel dan ook, die toekoms te wil onthul, solank die mens nog nie daarvoor ryp is nie. Dit is nie net vir elke siel uiters skadelik nie, maar ook onsinnig en dom, omdat daar nêrens `n voorafbepaalde toekoms bestaan nie. Dit rig hom altyd volgens die vrye wil van die mens, wat daarom op aarde lewe, om hulle vrye wil te orden. Volgens die ordening van die vrye wil van die mens op aarde word die toekoms bepaal. Hoe kan so `n domoor, en bowendien nog iemand sonder geloof, ander swak mense laat glo wat daar sal gebeur?

[20] Ek het tog elke mens `n vrye gees gegee, om wie se wedergeboorte elke mens hom moet bekommer; dat dit plaasvind, dan sal ook die toekoms aan die mens onthul wees. Solank dit egter nie die geval is nie, bestaan daar vir die mens eintlik nog geen toekoms nie. Waarom dan so `n dom toekoms ondersoek? Soek voor alles die ryk van God, al die ander sal vanself toegevoeg word!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205