Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Borneo en Nieu-Guinee

4 Mei 1847

78 Na die Japannese kom die bewoners van die beduidende eilande Borneo en Nieu-Guinee. Dit is vanselfsprekend dat hier bloot sprake is van die oerinwoners, maar nie van die Europeërs wat hulle hier en daar langs die kus gevestig het nie.

[02] Die oerinwoners van hierdie twee eilande, wat maklik begryplik is, is Chinese afstammelinge. Daarom dat die Chinese geloof meestal hier gehandhaaf word en ook gehandhaaf moet word, omdat die heersers van hierdie eilande nog altyd die oppergesag van Sjina moet erken, en moet ook, as dit die keiser van Sjina behaag, `n tribuut aan hom betaal.

[03] Ten opsigte van verskeie dinge wyk hulle tog van die Chinese grondwet en gebruike af; en derhalwe is daar ook `n paar veranderinge by die geloof.

[04] Die koning van hierdie eiland het gewoonlik die bynaam: Die goudvoetige majesteit, ook seun van die maan; net nie seun van die son nie, omdat hierdie eretitel net aan die keiser behoort.

[05] Die koning het derhalwe `n halfgoddelike aansien by die volk en moet op sekere tye aanbid word en dan moet daar vir hom ryklike offers, wat hy bepaal, op die bepaalde dag gebring word. As die offers nie ryklik voorhande is nie, dan moet die priesters wat offer, op die aarde gaan lê, sodat hulle behoorlik geslaan kan word. Hulle moet dan so hard as moontlik skreeu en daardie geskreeu moet deur elkeen nageaap word wat dit hoor. Dan gebeur dit dikwels dat die hele land op een dag in `n klaaglike geskreeu ontaard.

[06] As `n halfgod is die koning ook die mees wyse persoon onder sy volk, daarom vorm deel van sy verering, dat sy optrede nageaap moet word, onderhewig daaraan dat hy dit wil; as die koning dus hoes, dan moet die hele land hoes; as hy sy keel skoonmaak, moet almal hul kele skoonmaak. Gaan sit hy, moet die hele land gaan sit sodra hulle so te sê telegrafies ingelig is dat die koning gaan sit het. Dit gebeur natuurlik nie permanent nie, maar net op die dae wanneer die koning dit so wil hê.

[07] Niemand, behalwe die koning en die hoogste priester, mag die hoogste wese aanbid nie, omdat die gewone volk nie waardig is om God te vereer en te aanbid nie. Elkeen wat `n genade van God wil hê, moet na `n priester, die na die owerpriester, en die eers na die koning gaan, sodat hy as die alleen waardige een, die versoek van die volk vir God kan voorlê, om die verlangde genade namens hom wat daarvoor vra, af te bid.

[08] As iemand dit sou waag om sy probleem op sy eie aan die hoogste wese voor te dra, en dit sou uitkom, dan word hy as misdadiger en sakramentele oortreder van die alleen koninklike majesteit, gewoonlik met die dood gestraf. As hy egter van `n beter afkoms is, dan word hy vir `n uur lank volgens hulle tydrekening geslaan. Indien hy egter ryk is en baie goud besit, kan hy hom van die pakslae loskoop, maar daar word vir een uur se slae drie ure se goud vir die koninklike skat afgemeet.

[09] Dat daar ook baie truuks en slinkshede by hierdie metery aangewend word, is vanselfsprekend. Daar word met die presiese afmeting dikwels meer as 4/5 van die tyd opgebruik en soortgelyke ander praktyke, waarom die koning die slaeboete van een uur in drie ure omskep het.

[10] Sodat die volk egter nie so maklik hierdie allerstrengste gebod sal oortree nie, is dit vir hulle, net soos vir die Chinese, toegelaat om huisgode aan te skaf, welke in die naam van die koning deur die priesters ingewy en daardeur kragtig en werksaam gemaak word. Hierdie huisgode bestaan gewoonlik uit uiters lomp vervaardigde beelde van hout of klei, wat al hoe dieper deur die volk vereer word, des te ouer en leliker hulle lyk.

[11] In hierdie opsig verskil hierdie volk ook van die Chinese, want die Chinese slaan ten slotte hulle godhede as hulle nie gehelp het nie, terwyl hierdie volk net staatmaak op die ou godhede, en dit op grond daarvan, omdat die ou gode, wat al so baie offers ontvang het, makliker tot iets omgepraat kan word as die nuwe gode, wat nog nie voldoende deur offers en gebede geheilig is as die oues nie.

[12] Dat daar nie veel met so `n volk in die geesteswêreld te make is nie, kan maklik ingesien word; nogtans is hulle vir die Christendom en vir die suiwer evangelie by verre meer toeganklik as die Chinese en veral die Japannese. Dit kos net uiters baie geduld en `n mens moet met hulle soos met waansinniges te werk gaan, om hulle op die regte pad te plaas. Net soos mal mense het ook hierdie mense `n groot aantal baie valse, maar nogtans vaste idees, wat soos ou krewe in hul siele ingewortel is.

[13] Om hulle te genees, moet `n mens feitlik `n geestelike homeopatie aanwend en hulle uitermate laat vas, sodat alle ou skadelike aspekte verteer kan word en hulle dan eers geskik raak om nuwe voedsel op te neem en te verteer.

[14] Maar wanneer iemand eers eenmaal genees is, dan is hy ook meer standvastig as tien ander, en besit `n moed en `n liefde wat met niks anders wat julle hier ken, vergelyk kan word nie. Sodanige gees sou, indien dit moontlik was, eerder duisend keer onder die mees afgryslike pyne die dood oor hom laat kom, as om een haarbreedte van die orde wat aan hom voorgeskryf is, af te wyk. Dit is dan ook die rede waarom hierdie geeste veral vir daardie mense as beskermgeeste geplaas word, wat juis in hierdie omgewing woon, en wanneer hulle die aardse wêreld verlaat, dan is hierdie geeste byna uitsluitlik daarvoor bestem om hulle landgenote op die regte pad te plaas.

[15] Soos wat dit hier aangetoon is, is daar op beide eilande geen noemenswaardige verskille nie; die Borneërs is net ietwat sagter as die Nieu-Guinese. Sodoende is ons met hierdie twee volkere klaar en sal ons vervolgens weer na `n ander volk oorgaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205