Aarde en Maan
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94.

Suidelike Afrika

10 Mei 1847

82 Met betrekking tot allerlei heidense tradisies en gebruike staan sekere volkere, wat hoofsaaklik die suidelike deel van Afrika bewoon, en wie se geloof dikwels nog slegter is as die van die Madagaskars, naaste aan hierdie volk.

[02] Daar bestaan die eintlike Fetisjdienaars, wat heel natuurlike voorwerpe vereer, of dit vir hulle van nut is al dan nie, maar bloot net daarom, omdat dit op `n bepaalde dag van die jaar, vir hulle eerste in die oog gekom het. Sulke voorwerpe kan `n boomstomp, `n wurm, `n krokodil, `n voël, `n aap, `n klip wees, kortom alles wat `n liggaam het, kan as `n aanbiddingswaardige godheid gebruik word.

[03] Hierdie volkere het geen koning, ook geen koningin nie, waarin hulle hulleself baie van die Madagaskars onderskei.

[04] Hulle woon in hordes in bome soos ape en lewe hoofsaaklik van allerhande roof en deur te jag.

[05] Die vleis eet hulle rou en van die velle maak hulle hangende beddens aan boomtakke.

[06] Hulle eet net min vrugte, terwyl die melk van diere vir hulle byna onbekend is. In die plek daarvan drink hulle die bloed van diere met `n des te groter begeerte.

[07] Hierdie hordes voer ook dikwels `n soort oorlog, veral gedurende die tyd van groter jagtogte, waar die minder gelukkige hordes gewoonlik die meer gelukkiges oorval en die prooi van hulle afvat, as dit bruikbaar is.

[08] Die jagters wat aan beide kante gedood word, word dan ook deur die oorwinnaars as jagbuit saamgeneem en eerste opgeëet. 

[09] Wit mense is vir hulle `n lekkerny. Daarom bekruip hulle die kusgebiede ook dikwels, om daar geklede wit ape, volgens hulle mening, te gaan jag. Hierdie soort ape het die lekkerste vleis vir hulle.

[10] Die sterkste onder hulle is gewoonlik die leier, wat egter geen bevele mag uitdeel nie, maar wat slegs `n voorbeeld stel van wat gedoen moet word. Hierdie aanwysing geskied gewoonlik daardeur dat hy die inisiatief neem om `n aanval te loods, waarna die hele horde sy voorbeeld sal volg.

[11] Hierdie volkere het gewoonlik ook geen geartikuleerde taal nie; maar hulle praat slegs deur handgebare of deur sekere klapgeluide met die tong met mekaar. - Van Europese kant word die volgende name vir hierdie volkere gebruik: Kaffers, Hottentotte, Boesmans en Kletters (klapgeluidvolke soos Xhosa en Koisan).

[12] Baie van hierdie hordes, waarvan daar duisende bestaan, is wel, veral langs die kusstreke, so ver as moontlik reeds Christelik opgevoed. Maar baie van hulle wat in die binneland woon, verkeer nog ten volle in hulle dierlike grofheid. Die enigste goeie aspek van hierdie volkere bestaan daarin, dat hulle ten eerste die allergeringste lewensbehoeftes besit en dat hulle baie weetgierig is. En wanneer sendelinge na hulle toe kom, in die begin natuurlik onder behoorlike beskerming, dan word hierdie volkere baie maklik oortuig, vooropgestel natuurlik dat die sendelinge weet hoe om met hulle te praat, wat egter ook nie te moeilik is nie, omdat hierdie volkere, weens hulle baie beperkte behoeftes, uiters begripsarm is en aanvanklik net `n paar baie basiese handgebare voldoende is, om genoegsaam met hulle te kan kommunikeer.

[13] So wild en byna heeltemal dierlik soos wat hierdie volkere ookal is, is hulle nogtans vir die geestelike wêreld, by verre hoër staande as die bewoners van Madagaskar en ook ander soortgelyke volkere, wat op grond van hulle landspolitieke omstan­dighede, hetsy net baie moeilik, of dan ook gladnie toeganklik is nie. Derhalwe kan bogenoemde wilde volkere met die dinge op aarde vergelyk word, wat maklik verkry kan word.

[14] Elke ding, al lyk dit hoe onbelangrik, kan iewers nuttig aangewend word, indien `n mens dit net in die hande kan kry. Maar die mooi dinge wat net op daardie plekke op die aarde voorkom wat deur niemand bereik en betree kan word nie, kan ook vir niks aangewend word nie en is net so goed asof dit gladnie bestaan nie.

[15] Meer na die westelike deel langs die kus van daardie wêrelddeel woon wel stamme onder `n koning, ook hier en daar onder `n koningin. Daardie stamme is die allerslegste, omdat hulle mensehandel dryf. Sommige van daardie konings het, soos by julle vir diere, stoeterye vir mense aangelê, om des te meer slawe vir die handel na Amerika te produseer.

[16] Die sterkste en mees vrugbare vrouens word by die duisende in die stoeterye gevange geneem en deur die sterkste mans beslaap. Wanneer hulle dan swanger is, moet hulle normale werk verrig. Net `n paar dae voor geboorte word hulle op bepaalde versamelplekke bymekaargemaak, om die vrug in die wêreld te bring, wat hulle dan vir een jaar lank met die bors moet onderhou.

[17] Na hierdie tyd word die kinders van hulle af weggeneem en na `n openbare voedingsinrigting gebring. Ses weke na die geboorte moet so `n vrou haar weer laat beslaap, en so voort, sodat sommige van hulle tot 26 kinders in die wêreld gebring het.

[18] As so `n vrou na sulke dienslewering nog sterk genoeg is, kan sy nog as slavin verkoop word. As sy egter te swak is, word sy weggejaag en moet sy vir haarself sorg.

[19] Benewens hierdie manipulasie laat hierdie swart heersers, waar moontlik, nog meer slawe gevange neem, om hulle aan die handel oor te gee.

[20] In die teenswoordige tyd is hierdie afgryslike onsin op sommige plekke taamlik stopgesit, maar in die dieperliggende gebiede bestaan daar nog `n groot aantal van hierdie afskuwelik­hede.

[21] Die verkoopte slawe het ongelukkig op hierdie aarde `n verskriklike lot by die Christelike volkere, waarvan hulle egter in die hiernamaals so veel as moontlik gevrywaar word.

[22] Maar daardie ongediertes van konings en koninginne is die ergste aas van die hel, want hulle boosheid oorskadu alle begrippe en die hardheid van hulle harte vergruis `n diamant.

[23] Met hulle kan niks anders in die geesteswêreld gedoen word, as om hulle as wierook vir die onderste hel te gebruik nie.

[24] So bestaan daar ook koninginne onder hulle wat hulleself as die eintlike godheid laat aanbid en wanneer so `n koningin sterf, wat vir die godheid natuurlik ietwat van `n skande is, moet, om sodanige skande te vergoed, ten minste `n paar honderd saam met die godin sterf en sommige moet hulle lewendig laat begrawe, sodat die koningin nie in die graf verveeld raak nie. 

[25] Dat daar nie veel wat met sulke mense in die hiernamaals gedoen kan word nie, en dat selfs deur `n tweede vleeswording, geen besondere resultate verwag kan word nie, kan maklik afgelei word uit die vrugte wat tot nou toe voortgegaan het uit al die tallose verbeteringspogings van die Satan. Maar daaraan is werklik nie veel geleë nie.

[26] Wanneer `n pottebakker nie met die maak van `n pot kan slaag nie, wat sal dit verg om die pot inmekaar te druk en buite op die straat te gooi waar dit dalk nog as straatplaveisel gebruik kan word, indien die pot hom dan nie in `n bruikbare pot wil laat vorm nie. Of wat sal dit van `n klankkunstenaar neem, om `n los fantasie wat hy gespeel het, nie op papier vas te lê nie? Beskik hy dan nie oor die vermoë om in die plek van die verlore een, duisend ander te speel en wanneer hy dit wil, ook op papier vas te lê nie? -

[27] Laat ons dus hierdie nie-geslaagde potte van volkere staan en onsself weer na `n ander volk begewe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205