Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

`n Nuwe songeneesmiddel

13 in 1870 het die Meester nog `n songeneesmiddel deur die innerlike woord aan Gottfried Mayerhofer (tydgenoot van Lorber, wat ook die innerlike woord ontvang het) gegee.

Noudat julle alreeds verskeie songeneesmiddels het wat aan julle gegee is deur my skrywer in die jaar 1851, sal Ek vandag nog een meer geneesmiddel byvoeg.

Versamel wilde kastaiing neute wanneer hulle uit die stekelrige doppe of sade val. Verwyder ook die bruin doppe. Sny die binneste deel in klein stukkies en droog hulle in die son in `n donkerpers koppie of bak vir 2 tot 3 weke. Verpoeier dan die kastaiing stukkies en berg die poeier in klein pers botteltjies, dieselfde kleur as die voormelde houers. 

Hierdie geneesmiddel word as `n tee toegedien, waar die water gekook word (ongeveer 240 ml) en een eetlepel van die kastaiingpoeier word by die water bygevoeg. Laat dit trek vir ongeveer 5 minute, dan word die tee gesif en is gereed om te drink. Hierdie songeneesmiddel is uitstekend vir kwale van die bloed van die vroulike geslag, wanneer die menstruasie baie ernstig is en die vloei oorvloedig. Hierdie tee reguleer alle natuurlike afskeidings.

Die wilde kastaiing is `n simpatieke geneesmiddel wanneer `n persoon gepla word deur hoofpyne. Die hoofpyne moet egter hul oorsprong vanaf die senuwees hê eerder as van die opeenhoping van bloed na die brein.

Wanner `n persoon so `n hoofpyn ervaar wat sy oorsprong van die senuwees het, moet hy drie kastaiingneute saam met hom dra, volkome vertrouend op My seën, en die hoofpyn sal sy felheid verloor, en sal op die derde dag heeltemal verdwyn.

Ten einde julle die effek van die wilde kastaiing te verduidelik, wys ek julle op die kastaiing se stekelrige dop. Julle sal al die stekels opmerk op die buitenste groen dop. In die natuur is hierdie stekels elektriese afleiers, daarom kan jy die kastaiing beskou as `n elektriese houer of battery wat gelaai word deur hierdie afleiers en wat alle elemente wat die kastaiing bevat impregneer met elektrisiteit.

Aangesien die meeste siektes van die bloed se oorsprong die nie-funksionering van die elektriese sentrum in die menslike liggaam is, wat die milt is, is die poeier wat verkry is van die kastaiing wat geïmpregneer is met sonstrale, die enigste geneesmiddel om die elektriese stroom in die menslike liggaam te rig op sy korrekte weg.

Hier het jy in `n paar woorde die werklike rede van die genesende kragte van wilde kastaiings.

Die klam, onsuiwer dele of spesifikums wat deur die aarde geabsorbeer word, word verwyder deur die blootstelling aan die son, en wat oorbly is die noodsaaklike deel wat gelaai is met elektrisiteit vir hierdie spesifieke applikasie.

Die tee is uitstekend vir enige tipe kwaal van die milt.

Hier het julle nog `n nuwe songeneesmiddel vir die lydende mensdom. Maak gebruik daarvan deur respek te betoon aan My, en julle kan verseker wees van My seëninge gedurende die genesingsproses.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205