Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Voedsel vir die hart

16 Voedsel vir die hart word ook genoem “Evangeliese Kuur.” Hierdie eenvoudige maar tog effektiewe geneesmiddel was gegee aan K G Leitner, `n vriend van Jakob Lorber. In 1844 het Mr Leitner ernstige hartprobleme ondervind. Daarom het die Meester hom hierdie geneesmiddel gegee, maar nie voordat hy die volgende verduideliking gegee het as oorsaak vir die rede van sy probleme nie.

Hoekom dink jy dat die deur van jou hart niks meer oop is as `n skrefie nie? Die oorsaak is die sintuie van jou siel en hierdie sintuie is jou intellek. Jou intellek is oormatig aktief, en dit onttrek te veel van die lewensvuur van die hart en gebruik dit in die brein vir sinnelose dinge. Die gevolg is dat jou hart `n tekort of `n gebrek het; en na buite word sy bekrompe en ingeperk want sy behou te min van die lewensvuur.

Alhoewel dit die geval is, is jou hart intern in die beste toestand, en dit is ook waar die gees sy woning het. Die buitenste afsluiting van jou hart is aanhoudend vasgedruk deur die oneweredige en onredelike verbruik van haar lewensvuur, want met tye kan die hart nie die hoeveelheid lewensvuur produseer van die gees wat jou oormatig aktiewe intellek benodig vir sy wêreldse funksies nie. En dit is waarom jou intellek redelik gereeld baie swak in al sy dele word. Jy mag waarneem dat die tekort van hierdie vuur verdubbel eers deur `n tipe van dynserigheid of dofheid in jou intellek (brein) of in die gevoel van die siel en uiteindelik deur ongegronde vrese en bekommernisse in jou hart. Die rede vir hierdie toestande is die tekort van lewensvuur, wat veroorsaak dat die buitenste omhulsel van die hart inmekaartrek, en dit plaas druk op die interne lewenskamers, waarop die buitenste are, selfs die van die vleeslike hart, meer en meer begin om inmekaar te trek, en dit is die rede waarom jy ook met tye so fisies ly.

Al die senuwees ontvang hulle voeding van die hart, en die senuwees word swak wanneer hulle honger word as gevolg van die tekort aan lewensvuur. Wanneer die senuwees inmekaartrek, eis hulle van die hart: “Ons, die vesels en die hefbome van die organiese lewe, het honger en dors geword! Jy was altyd ons gasvrye kombuis van lewe gewees– gee vir ons kos en drank en misgun ons nie vars en versterkende lug nie. En laat ons nie vergaan onder die stof wat die wêreldse werkswinkels van jou intellek oorvloedig produseer en in `n baie destruktiewe manier nie!”

Ek, die Meester vertel julle: Luister na die woorde van julle senuwees en julle sal gesond bly! En Ek moet julle nog een ding vra: Waarom bekommer julle julleself verniet? En waarom verknies julle julleself as julle weet dis `n futiele poging? Meeste van die tyd bekommer julle julleself vir niks, want meeste van die tyd verdwyn die dinge waaroor julle julleself bekommer in die dun lug in. Ten spyte daarvan, bekommer julle julleself weer en weer, asof die sukses van jou arbeid in die wêreld alleenlik afhang van jou aktiwiteite of inspanning. Hoekom doen julle dit? Julle weet dat sonder My (die Meester) niks moontlik is nie!

Ek moet jou vertel: Plaas in die toekoms nie so baie vertrou op jou wêreldse aktiwiteite nie, plaas instede daarvan jou vertroue in My. Dan sal Ek al jou werk seën en jy sal baie beter werk verrig as wat jy in die verlede verrig het, toe jy jou werke self reggestel het.

En nou na jou hart. Draai jou rug vir alle wêreldse besigheid vir `n periode van minstens 14 dae.  Bekommer jou oor niks nie. Plaas al jou bekommernisse in volkome geloof op My skouers en alles sal op die regte tyd in perfekte orde wees. Terwyl jy dit doen, leef goed, eet en drink sonder enige bekommernisse, en vra My om jou voedsel en jou drank ten alle tye te seën. En in die môre en in die aand, handhaaf die evangeliese kuur, wat as volg is:

Neem onverdunde rooiwyn en koudgeparste ekstra suiwer olyfolie en smeer jou hele bors, jou bene, jou arms, jou rug, jou nek en ook die kop, veral die slape. Ten alle tye moet jy volkome in My glo en vertrou, en binnekort sal jy volkome gesond wees en sal al jou krag herwin het.

Maar gedurende die evangeliese kuur moet jy jouself onthou van koffee en slegte wyn, want hulle bevat bose en onrein geeste (gif) en veroorsaak groot onrus in jou liggaam.

Die hoeveelhede olyfolie en rooiwyn is as volg: eerder 60% olyfolie en 40% rooiwyn, of anders 50% rooiwyn en 50% olyfolie. Dit hang af van die digtheid van die olyfolie. Meng dit goed. Die mengsel behoort die vel maklik te penetreer. Indien nie, voeg meer wyn by.

Die mengsel kan ook aangewend word as `n voorsorgmaatreël, en dit kan deur enigiemand gebruik word wat `n stresvolle lewe ly of wanneer daar ookal `n behoefte ontstaan. Die sukses hang ook af van die suiwerheid van die olyfolie en die wyn.

 

EINDE VAN "GENESING DEUR SONLIG".


 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205