Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Die eerste metode van deurdrenking met die strale van die son

3 Neem `n koppie gemaak van donkerpers glas met `n deursnee van 75mm tot 100mm.  Die bokant kan 25mm hoog wees, terwyl die rand van die bokant baie fyn afgewerk moet wees. `n Deksel moet vir hierdie glaskoppie gemaak word op so `n manier dat dit die koppie lugdig verseël.

As jy nou so `n houer in die hande gekry het, wat die beste sal werk vir die situasie, kry dan die welbekende [regte] laktose pille wat algemeen gebruik word in homeopatie en bedek die onderkant van die glaskoppie met hierdie pille, maar maak seker dat die pille nie bo-op mekaar lê nie. Plaas dan die glaskoppie in die sonlig en stel dit bloot aan die sonstrale vir `n lang periode van tyd. Die pille sal die sonstrale absorbeer tesame met al die lewenspesifikum geeste.

Hierdie pille kan aan `n siek mens toegedien word, ongeag die kwaal, deurdat die dieet soos beskryf, nagevolg word. Die dosis wat aan die siek persoon toegedien moet word, kan 1 tot 2 van hierdie laktose pille wees, maar nie meer as drie nie. Die beste tyd om hierdie pille te neem is voor sonsopkoms, en die siek mens behoort op pad te wees na volkome herstel binne 3 tot 7 dae.

Die siel sal van hierdie kuur neem wat sy kort, en sal versterk word daardeur, en sal alles verwyder wat nie bruikbaar is nie, en sal met gemak die korrekte essensiële spanning in haar liggaam bereik.

In die somertyd wanneer die son die mees effektiefste is, kan volstaan word om hierdie laktose pille aan die son bloot te stel vir een omwenteling van die maan, dit is 28 dae. Moet hulle egter nie vir die volle tydperk blootstel wanneer die son skyn nie, maar net so lank as wat die son teen `n 45 grade hoek of meer is. Wanneer die son se hoek laer as 45 grade is, is die sonstrale se lig en effek te swak en sal daarom min of geen effek op die pille hê nie. Die pille moet lugdig verseël word in `n donker pers glas koppie en gestoor word tot die volgende dag in `n koel en droë plek, anders verloor hulle hul sterkte.

Wanneer hierdie pille deurdrenk is met sonlig, moet jy `n aantal klein donker pers bottels met skoon donker pers glasproppe, sodat geen lug in die bottels kan inkom nie, aankoop. Dan moet die bottel in `n diereblaas geplaas word en goed toegemaak word. Dit moet dan in `n koel en droë plek geberg word.

Wanneer die pille in die lente of in die herfs voorberei word, bygesê as die son 45 grade en hoër gaan, moet die pille blootgestel word aan die son vir 3 maande. Alle ander prosedures bly dieselfde.  Gedurende die wintermaande kan hierdie metode nie gebruik word nie, want die son se strale bereik nie die pille teen die regte hoek nie en sal daarom geen effek hê nie.

Die dieet wat gevolg word wanneer die sonmiddels geneem word, is dieselfde wanneer spesifieke homeopatiese middels geneem word, met een uitsluiting: dit moet `n aanvang neem 3 tot 7 dae voor die sonmiddels geneem word, en aangehou word vir `n minimum van 3 maande daarna.

In die tussentyd kan die siek persoon water drink, etlike kere per dag, wat blootgestel is aan die son.

Die drinkhouer vir die sonwater moet ook pers wees, maar van `n ietwat ligter skakering, of ten minste `n porselein koppie wat daardie kleur geglasuur is. Voorkeur word aan hierdie tipe drinkhouers gegee bo alle ander.

Ten einde die water effektief te maak, moet jy `n goeie vergrootglas gebruik met `n deursnee van 475mm met `n maksimum brandpunt van 1000mm. Rig die versterkte son se strale deur die vergrootglas sodat die brandpunt 25- tot 50- tot 75mm onder die wateroppervlak van die houer lê, afhangende van die hoogte van die houer. Rig die sonstrale op so `n manier dat die brandpunt in die middel van die water is. `n Woord van waarskuwing: die brandpunt mag nie in die water bly vir meer as 30 sekondes nie, want die besielende lewensgeeste van die water sal te vasgevang word deur die liggeeste van die son, en die effek op die water sal te sterk wees vir diegene wat `n swakker geaardheid of samestelling het. Dit sal `n nadelige eerder as `n voordelige effek hê vir die hoofkuur wat sal volg.

`n Opregte onverdunde wyn kan behandel word op dieselfde manier as die water en word verkies bo water vir mense wat swak senuwees het, met voorbehoud dat die wyn nie gestoor was in eikevate of -houers nie, maar instede daarvan in wynsakke, glasbottels, of in vaatjies wat van soet hout gemaak is.

Wanneer die kursus van terapie met die sonkure voltooi is, moet daar voldoen word aan die dieet vir `n minimum van drie vol omwentelings om die maan (84 dae). Die siek persoon moet in die vars lug gaan stap wanneer die son skyn, en binnekort sal hy volkome herstel.

`n Ander baie belangrike saak wat getroude pare aanbetref, is dat gedurende die duur van die kuur, beide partye hulle volkome moet onthou van enige seksuele gemeenskap, want die saad van beide geslagte is `n hooflewenspesifikum wat nie van die siel af weggeneem kan word terwyl die siel haar liggaam herstel nie.

Wanneer `n mens weer gesond geword het deur middel van hierdie metodes en as hy in die toekoms matig en op `n ordelike manier leef, is dit hoogs onwaarskynlik dat hy weer siek sal word, en kan daarom `n baie hoë ouderdom bereik.

Hierdie is een metode wat aantoon hoe, op `n ietwat kunsmatige manier, jy sonlig kan kry om die doel van menslike gesondheid te dien. Ons sal vervolgens `n ander manier bespreek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205