Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Die tweede metode van deurdrenking met die strale van die son

4 Sou die eerste metode enige probleme veroorsaak met betrekking tot die verkryging van al die noodsaaklike bestanddele en gerei, dan kan jy substansies op `n ander manier met sonlig impregneer met `n ander baie bruikbare bestanddeel op bykans dieselfde manier as voorheen, en sodoende `n persoon help wat aan `n kwaal ly. Die tweede metode is as volg:

In stede van die pers glaskoppie, kan jy `n koppie of bak neem wat van die beste klei gemaak is; die kleur van die glasuur kan eerder volkome swart of, nog beter, donkerblou wees. In hierdie spesifieke houer, plaas instede van laktose pille, `n paar stukke suiwer versteende suiker (rock candy), niks groter as `n ertjie nie, hulle moet op so `n manier in die houer geplaas word sodat geen stuk bo-op `n ander lê nie. Plaas die houer in die son presies op dieselfde manier soos voorheen beskrywe in die eerste metode, maar stel dit bloot aan die son vir ten minste twee omwentelinge van die maan (56 dae); en stoor dit snags op presies dieselfde manier soos beskryf in die vorige metode, in `n donker pers houer wat dit sal beskerm teen die effekte van die lug.

Hierdie geneesmiddel word op dieselfde manier toegedien soos beskryf in die eerste metode; maar met die verskil dat die toediening ietwat groter in hoeveelheid moet wees as dié in die eerste metode; Want sonstrale konsentreer nie soveel in steensuiker en in kleibakke as wat dit in laktose pille in donkerpers glashouers doen nie.

`n Siek persoon kan onmiddellik die geneesmiddels van die eerste en tweede metodes gebruik vir verligting. As die kwaal egter nie onmiddellike aandag verg nie, moet die dieet soos hierbo beskrywe vooraf gevolg word vir ten minste 3 tot 7 dae, tesame met die drink van die sonwater, voordat die songeneesmiddel toegedien word. Maar die dieet moet daarna aangehou word vir ten minste drie volle omwentelings van die maan (84 dae). Die herstel wat hieruit voortvloei is baie gouer en meer betroubaar, want die siel word `n beduidende hoeveelheid werk gespaar.

Steensuiker wat so deurdrenk is met die sonstrale vir die voorgeskrewe tydperk kan ook as volg toegedien word:

Nadat die pasiënt verskeie glase sonwater deur die dag gedrink het, moet hy op `n bed gaan lê; en binne `n paar uur sal hy verseker begin sweet.

Wanneer die pasiënt begin sweet, neem 1 tot 3 stukke van die sondeurdrenkte steensuiker en neem `n druppel van die siek persoon se sweet en drup dit op die steensuiker en gee dit vir hom in. Wanneer hy die steensuiker sal neem, sal hy `n bietjie dofheid in die kop voel en `n ligte drukking in die maag; en dwarsdeur die totale liggaam sal hy ligte krampagtige koue rillings voel. Hierdie rillings sal gevolg word met ligte diarree en daardeur sal die lyer volkome genees word.

Met sommige mense sal die bogenoemde newe-effekte 3 dae duur, met ander tot 7 dae, afhangende of die persoon se gestel swakker of sterker is.

Maar onthou altyd dat die dieet volgehou moet word vir etlike of meer weke nadat die lyer volkome genees het, en hy moet gereeld `n glas sonwater drink, en hy sal sy gesondheid herwin ongeag wat die oorsprong van die kwaad was.

Dit moet uitgewys word dat as die kwale se oorsprong die stuwing van bloed is, (hyperaemia), dan moet die siek persoon eers met die dieet begin voordat enige songeneesmiddels toegedien word, en hy moet ten strengste hou by die dieet, soos beskryf deur die beste homeopatie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205