Genesing deur Sonlig
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16.

Nog `n songeneesmiddel

9 By dit wat alreeds sover aan julle gesê en getoon is, sal Ek nog `n paar geneesmiddels bygee wat met die son se strale voorberei moet word, maar hulle is meer vir eksterne as vir interne aanwending en is simpatiek tot die sonstrale.

Neem die takkies met die bas van `n pruimboom, maar dit moet van die spesie, Primus domestica of oeconomica, wees. Brand hulle tot as.

Die beste metode om hierdie takkies te brand is met die fokale punt of brandpunt van `n sterk vergrootglas of `n konkaaf spieël. Voordat jy hierdie takkies brand, moet hulle in klein stukkies opgesny word.

Die as moet dan vir 5 tot 8 dae aan die son blootgestel word, verkieslik in `n donkerpers glashouer eerder as `n deursigtige glas.

Wanneer die as eenmaal deur die son voorberei is, moet dit, net soos ander geneesmiddels, in `n droë klein bottel geberg word, beskerm teen die effek van die buitelug en moet in `n droë plek gestoor word.

As iemand enige tandverrotting het, neem `n tandeborsel met medium sagte hare en doop dit in pruimbrandewyn wat aan die sonstrale blootgestel was en wend 360 mg tot 580 mg van die as op die tandeborsel.

Borsel die geaffekteerde tand deeglik, soggens en saans, vir 3 dae agtermekaar en die tandbederf sal gestuit word en uiteindelik sal die tand heeltemal herstel word.

`n Soortgelyke as kan voorberei word van die heel salieplant (salvia officinalis). Die as moet op dieselfde manier voorberei word as hierbo. Moet egter nie die tandeborsel in pruimbrandewyn indoop nie, instede moet dit in wynspititis (40% volume) gedoop word, wat gemeng is met suiwerste salie olie.

Die 45 ml wyn spiritis word gemeng met 8 tot 10 druppel salie olie. Seël die bottel goed, en skud dit. Gebruik `n bottel van deursigtige glas, stel dit bloot aan die sonstrale vir 5 tot 8 dae, verf dan die bottel met `n donker kleur of draai dit toe met donker papier en stoor dit in `n droë plek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205