Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

 “Jesus het gesê: 'Neem die steen weg!' Martha, die suster van die gestorwene het aan Hom gesê: “Heer, daar is reeds `n doodsreuk, want dit is al die vierde dag'.” (Johannes 11:39)

15 Januarie 1844 se aand

16 Skryf, soos gewoonlik, hierdie sentraalson maar op!

2. “Jesus sê: “Neem die steen weg!” Martha, die suster van die gestorwene sê aan Hom: “Heer, daar is reeds `n doodsreuk, want dit is al die vierde dag.”

3. As jy altyd so `n maklike teks kies waarvan die betekenis vanaf die eerste oomblik al so voor die hand liggend is, kan Ek jou nie elke keer tien bladsye se uitleg daaroor gee nie, want hierdie teks bevat in die eerste aanleg alles wat Ek jou in die hele aanhangsel (sien voorwoord) al voortdurend duidelik gemaak het.

4. Ook aan julle sê Ek: Neem die wêreldse steen van die dood weg van die graf van jou liefde! Of anders gesê: Probeer nie die lewe te verwerf deur verryking van die verstand met kennis wat jy ontleen aan wêreldse geleerdheid nie, maar neem hierdie steen weg sodat, as Ek by julle graf kom, My lewende stem ongehinderd daarin kan deurdring en jou geboeide en gebonde Lasarus uit die dood sal opwek; Lasarus is julle gees wat nog deur baie wêreldse bande gebind en geknel word!

5. Ook Martha kom nog na My toe, naamlik die verstand wat hom oor wêreldse sake bekommer, en sê: “Heer, hy lê al vier dae in die graf en ruik al!” Ek sal egter tog, om God se heerlikheid te toon, ook diegene wat al vier dae in die graf lê om te vergaan, tot nuwe lewe wek, as die steen maar eenmaal weggeneem is.

6. So egter, soos wat Martha gespreek het, spreek soos reeds gesê, ook die dwase verstand van die mens en die sê: “Ja, wat moet ons dan doen?” In ons kinderjare, daarna as jongelinge, en dan as manne en selfs ook as grysaards, het ons onsself steeds met die wêreld besig gehou; ons gees lê dus gedurende hierdie vier lewensdae in die graf van die wêreld, met aardse bande gebind en dit ruik aansienlik daar, deur alle sondes wat ons in die vier dae begaan het!

7. Sal die Heer wel so barmhartig wees dat Hy ons dan nog op kennelik wonderbaarlike wyse tot lewe sou wek? Hoe kon ons so-iets van die Allerheiligste, teen wie se gebooie ons so gereeld gesondig het, verwag? Deur hierdie sondes het ons dit so ver gebring dat ons gees dermate afgestorwe is, dat ons nie eens meer weet of ons `n gees besit, en wat hy is nie. Ons weet nie eens meer seker of daar in ons liggaam `n lewende siel woon of nie?

8. En ook al het ons `n lewende gees en `n lewende siel, dan is die gees, netsoos die siel, nog so baie in ons vleesmassa begrawe, en so baie met die se bande gebind, dat ons moeilik sou kon verwag dat die Heer, die bo alles Heilige, Hom sou verwerdig om hierdie Lasarus in ons weer met die almag van Sy stem op te wek om hom dan na sy ewige bestemming te voer. Bowendien kan ons onsself ook nie maklik so volledig van die wêreld losmaak, dat ons dit van die Heer kan verwag nie.

9. Maar Ek sê daarenteen: Ek verlang tog ook nie dat jy jouself heeltemal afwend van die omgang met die wêreld wat vir jou tydelike bestaan noodsaaklik is nie!; want dit het Ekself tog ook nie gedoen toe Ek op die wêreld was nie. Ekself het in die wêreld gewerk en het met My eie hande die wêreld baie goeie dienste bewys. Daarom sal Ek nooit aan jou sê: “Het met die wêreld heeltemal niks te doen nie!” Maar dit sê Ek julle:

10. Neem die steen weg, die swaar steen van jou Lasarusgraf en jy sal weldra God se heerlikheid binne-in jou gewaarword! Die graf moet maar net geopen wees, en dan sal hulle wat in die graf lê, My stem hoor en opgewek word!

11. Maar solank julle die steen nie van die graf wegneem nie, is julle te veel gevangenes van die dood, en Ek kan roep soos `n nagwaker, dan nog kan julle Lasarus My nie hoor nie; want deur die steen dring die stem van die liefde nie heen nie, omdat die steen self die ware asyn van alle liefdeloosheid is. `n Steen kan slegs deur die stem van My toorn verbrysel en vernietig word; maar My liefde het geen steen voor die mond nie, maar bedien haar van `n basuin.

12. So `n steen is jou verstand wat gebaseer is op wêreldse geleerdheid; hy is log en swaar, en daar is baie kraginspanning voor nodig om hom van die graf weg te neem. Maar desondanks moet hy tog weg, anders dring My lewewekkende stem nie tot die dooie Lasarus in jou deur nie.

13. Die steen verhinder wel dat die wêreldse neusgate die onwelriekende lug van die wegrottende Lasarus in jou gewaarword. Ek sê egter: Gelukkig is diegene by wie die steen van die graf weggeneem word, sodat sy wêreldse neusgate die stank van die wegrottende Lasarus kan opvang; want by wie dit nie gebeur nie, waar die mens, nadat die steen weggeneem is, nie huiwer en opregte berou toon oor die toestand waarin sy Lasarus verkeer nie, sal My opwekkingsroep nie in die graf tot die bederwende Lasarus deurdring om hom op te wek en hom dan te verlos van die bande van die dood nie!

14. Ek dink, dat dit wel nooit duideliker uitgelê kan word nie, en daarmee het jy dan ook `n meer as voldoende magtige lig ontvang om `n volkome helder kyk op hierdie uiters belangrike hoofsaak te kry.

15. Dit is nou geheel aan julle om daarvolgens te handel. As julle daarna te werk sal gaan, dan sal julle sekerlik tot die vaste oortuiging kom dat hierdie openbaring nie uit die mond van `n mens nie, maar uit My eie mond kom. Lees jy dit egter maar net as `n wêreldse boek, dan sal dit vir jou maar net `n wêreldse boek en mensewerk bly.

16. En met hierdie woorde sluit Ek My groot gawe aan julle af. Wil jy egter tog as ekstra aanvulling nog meer van sulke lig hê, dan laat Ek dit oor aan jou liefde en verlange. Ek sal dan te alle tye die vriendelike Gewer wees. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205