Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 24

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

“En Jesus het geween.” (Johannes 11:35)

29 Januarie 1844 se aand

24 “En Jesus het geween.”

2. Hierdie teks is baie kort. Dit bestaan uit drie woordjies; maar in al sy kortheid is hy so veelseggend en tiperend, dat mens `n wêreld vol boeke sou moet skryf om hierdie teks ook maar enigsins duidelik te verklaar. Sy volledige onthulling sal julle wel nooit in alle volheid kan bevat nie.

3 Tallose male staan die voegwoord “en” in die Skrif, maar nêrens verbind dit soveel as hier nie; want hier verbind die twee oneindige dinge, naamlik die oneindige Liefde en die oneindige Wysheid, Mag en Krag van God tot één geheel. Want Jesus is die Wysheid, die Mag en die Krag en daardeur heerser oor alles wat die ewigheid en oneindigheid geestelik en natuurlik vervul.

4. Maar hierdie Jesus ween. Waarom? Omdat Hy met die Vader en die Ewige Liefde volkome één was. Toe Moses verlang het om God te sien, kry hy te hore: “Niemand kan God sien en ook bly lewe nie.” Baie het God egter in Jesus gesien en Hy het hulle lewe geword; maar hulle het nie gesterf toe hulle Hom gesien het nie.  

5. In Moses se tyd het die Godheid nie geween nie; Hy het die oortreders van die wet ter dood veroordeel en niemand van die eenmaal gestorwenes was opgewek nie. Hier was dieselfde Godheid; dog Sy hou nie meer Haar liefde en erbarming in Haar ondeurgrondelike sentrum verborge nie, maar Sy ween en tot droefheid beweeg maak Sy die bande van die dood los van hom (Lasarus) wat in die graf gelê is om te vergaan.

6. Begryp jy nou enigsins wat die ween van Jesus hier beteken? Die ween beteken hier `n eindelose diep erbarming van die onein­dige Liefde in God!

7. Oor wie erbarm Sy Haarself? Oor diegene wat reeds vier dae in die graf lê.

8. Wie van julle is so wys om die diep betekenis van dié beeld te kan begryp? Dink julle dat Jesus hier slegs `n plaaslike wonder verrig het, om daardeur in die eerste plek die twee treurende susters hulle geliefde broer terug te gee, en in die tweede plek om die jode `n bewys te gee van iets wat niemand vóór Hom nog gedoen het nie? 

9. Kyk, dit is volkome onbelangrike bykomstighede; Jesus het voorheen al genoeg wonders verrig wat hieraan gelykwaardig was. Wat egter die troos van beide die susters betref, sou dit vir Hom, wat die harte van alle mense in Sy hand hou, sekerlik nie moeilik gewees het om hulle met één blik, of met `n sagte wenk so geluksalig te maak dat hulle hulle gestorwe broer nie maklik meer treurend nie, maar slegs jubelend in gedagte sou hê.

10. Dit was dus nie die vernaamste redes nie; maar wat dan wel? Hier kom ons eintlik by die, vir julle onbegryplike diepte van hierdie daad van God. Ek kan hulle slegs met vae toespelings vir julle aandui, maar nie volledig verklaar nie, omdat volledige lig in hierdie saak julle die lewe sou kos. Want juis hierdie daad moes geskied sodat die heerlikheid van die Vader in die Seun openbaar sal word.

11. Wat is die betekenis van Martha en Maria nou, die twee treurende susters? Hulle beeld die voorafgaande en die komende tyd uit; die een meer uiterlik, aanskoulik, die ander meer geestelik, innerlik, die volle waarheid bevattend. In ruimer sin word onder Martha die hele natuurlike skepping en onder Maria die hele hemels-geestelike skepping verstaan. Dit is die twee treurende susters!

12. Oor wie treur hulle? Oor `n broer wat al vier dae lank in die graf lê om te vergaan. Die vier dae beteken die vier skeppings­toestande.

13. Wie is nou die broer? Maar hier gaan ons nie verder nie!!! - Wie van julle ook maar `n vonkie wysheid besit, kan dit wel nagaan; maar `n nadere verklaring van My sou lewensgevaarlik wees!

14. Uit dit alles kan julle in elk geval opmaak welke groot diepte daar lê in die woorde: “En Jesus ween” en hoe ondeurgrondelik hulle is. As julle bedink wie Jesus is, sal julle tenminste kan aanvoel dat Sy trane `n ander en verhewener betekenis sal hê as die van `n half verblinde leser van `n roman. Die gemoed van Jesus was nie asof deur lektuur ge-emosioneer nie, - maar dit was die Ewige Liefde Self soos van die Vader in die Seun.

15. As na te volgde voorbeeld toon die trane dat ook julle vanuit die ware lewensdiepte barmhartig moet wees; want weekhartigheid en erbarming wat deur romanlektuur opgeroep word, het vir My geen enkele waarde nie en is nie meer as `n blinde liefde en `n toneelspeelhuwelik nie. Sulke “barmhartige” mense sal Ek ook eens die loon gee wat die oorsaak was van hulle barmhartigheid. Hulle sal aan die ander kant groot biblioteke met tallose romans aantref, en hulle sal nie daarvan loskom, voordat hulle self duidelik daarvan bewus sal wees dat `n geskrewe liefde en `n geskrewe lewe heeltemal geen liefde en lewe is nie.

16. Wie nie vanuit My liefhet en nie van My leer nie, doen alles wat hy doen as `n dooie en hy sal nie uit sy graf opstaan, alvorens Jesus oor sy graf sal ween nie. - Begryp dit goed: Hierin lê `n groot diepte, laat julle lewe ook so wees! Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205