Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

“Maak u dan nie besorg nie, en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of waarmee sal ons onsself klee nie? Want na al hierdie dinge gaan die soeke van die heidene uit. Want U hemelse Vader weet dat u dit alles nodig het.” (Mattheüs 6:31, 32)

31 Januarie 1844 se aand

25 “Maak u dan nie besorg nie, en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of waarmee sal ons onsself klee nie? Want na al hierdie dinge gaan die soeke van die heidene uit. Want U hemelse Vader weet dat u dit alles nodig het.”

2. Kyk vriende, dit is weer `n paar baie langer tekste; maar daarom is hulle dan ook, wat hulle betekenis betref, vry en oop en mens kan hulle geestelike sin dus duidelik onderskei, sodat hulle betekenis vir byna elkeen wat hulle wil gebruik, maklik is om te begryp. Julle moet trouens onthou dat, nie dit wat Ek sê, die moeilikste te begryp is nie, maar die moeilikheid lê altyd in My dade. Waarom?

3. Die leer moes immers sodanig opgestel wees dat hy sonder baie moeite deur die wêreld begryp kon word; want welke nut sou die wêreld gehad het aan `n diepsinnige leer? Dit sou op die wêreld dieselfde uitwerking gehad het as die Japanse taal op julle; mens sou geen jota daarvan kon begryp nie.

4. Neem byvoorbeeld die meer diepsinnige Openbaring van Johannes! Julle het tog al soveel kommentare daaroor gelees - en weet eintlik nog nie wat julle daarvan moet dink en wat se nut hy naas die evangelie het nie.

5. Daarom was My leer altyd so geformuleer dat sy deur elkeen dadelik in haar ware betekenis begryp kon word. Wie goed op die doelmatige, en maklik te begryp, letterlike betekenis let, kom des te makliker agter die, voor die hand liggende, geestelike betekenis.

6. So behoort die twee onderhawige tekste tot die deel van My leer wat My leerlinge nie as moeilik beskou het nie; ook nie tot die gelykenisse wat nie altyd deur My leerlinge begryp was nie, maar hierdie tekste behoort tot daardie deel van My leer waarvan My leerlinge gesê het: “Nou sê U duidelik wat U wil en ons begryp U!”

7. Wat hou hierdie twee tekste in? Niks anders as `n broederlike, vriendelike waarskuwing aan die wêreld, waarmee Ek wil sê dat die mense al hulle sorge op My moet plaas en daadwerklik My ryk moet soek; al die ander sal vir hulle daarby gegee word.

8. Dit is die uiterlike betekenis van die teks; daarmee lê ook die geestelike betekenis voor die hand. Want wat afgeraai word vir die liggaam, geld ook vir die siel en die gees en kan ongeveer so lui:

9. Wees nie angsvallig bekommerd daaroor om julle geestelike sielskragte deur moeisame studies te ontwikkel nie. Maak julle geen sorge oor universiteite en allerlei doktorale nie, maar het My lief, julle Vader, en Ek sal julle die wysheid van die engele verniet skenk; dit sal tog meer werd wees as alle doktorsgrade en diplomas ter wêreld!

10. Want selfs die grootste geleerdes ter wêreld kon met hulle diplomas en doktorale nie daaragter kom wat daar na die dood van die liggaam met die mens gebeur nie, terwyl diegene wat Ek die wysheid gegee het, dit met `n oortuigende sekerheid in hulle saamdra.

11. Ek sê vir jou: In dié opsig is die diere met hulle vae vermoë om iets aan te voel, beter af as menige groot wêreldse geleerde. Hier is dan ook die teks van toepassing: “Wat baat dit die mens as hy die hele wêreld sou win, maar daarby skade ly aan sy siel?”

12. Wie nie weet wat daar eendag met hom sal gebeur nie, gee daarmee al te kenne dat sy siel geskend is. Soos `n kunstenaar met `n beskadigde instrument nie in staat is om iets behoorlik tot stand te bring nie, so kan ook `n gees, van `n deur die wêreld geskende siel, niks wesenlik vir die ewige lewe bydra nie, want hy moet sy krag immers gebruik om die beskadigings aan die siel te herstel. Hoe moet hy as ewige skoenmaker ooit `n goeie, welgevormde skoen maak waarin sy vaste lewensvoet `n goeie beskerming en stewige ondergrond sal vind?

13. Daarom moet ook niemand hom ooit in liggaamlike of geestelike opsig sorge maak oor wat hy sal eet of drink en waarmee hy hom moet klee nie, want vir al die dinge sal Ek wel sorg as hy My liefhet en My leer onderhou.

14. Dit is die hele, maklik te begrypte, betekenis; wie dit goed in ag sal neem, sal beter daaraan toe wees as allerhande spekulante, woekeraars en geleerdes. Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205