Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

“Dog die vyande van My, wie nie wil dat Ek oor hulle koning word nie, bring hulle hier en slag hulle voor My oë!” (Lukas 19:27)

3 Februarie 1844 se aand

26 “Dog die vyande van My, wie nie wil dat Ek oor hulle koning word nie, bring hulle hier en slag hulle voor My oë!”

2. Bostaande teks is byna so maklik dat Ek geen lang uitleg daaroor hoef te gee nie, en behoort ook tot die, waaroor die leerlinge nie gevra het: “Hoe moet ons dit opvat nie?” Want hierdie teks het selfs die blinde fariseërs begryp, omdat hulle baie goed geweet het dat Ek met die burgers van die stad wie gedood sou moet word, hulle bedoel het.

3. Maar dit sou wel `n heel beperkte betekenis gewees het; nietemin is die algemene betekenis ook nie baie moeilik te onderskei nie, mens hoef maar net te weet dat “slag” dieselfde beteken as “bereg”. Dit is al.

4. Wie is dan die “burgers” van die stad wat geen koning wil hê nie? Kyk om jou heen in die wêreld en jy sal in alle strate en op alle hoeke orals burgers aantref wat die koning nie wil hê nie. - Die “stad” is die wêreld; haar “burgers” is die wêreldse mense wat niks van My wil weet nie.

5. Die tien wat die ponde ontvang het, is die weinige uitverkorenes wat te midde van hierdie wêreldse burgers lewe; onder hulle is selfs nog `n “trae” wat nie met die aan hom toevertroude pond wil werk nie.

6. Onder hierdie “een” word diegene bedoel wat God se woord wel aanneem en erken, maar te laks is om daarvolgens te lewe; daarom word hulle ten slotte ook ontneem wat hulle het en gegee aan diegene wat tien pond het.

7. Waarom? Omdat diegene wat volkome volgens My woord geleef het, My dus geheel in liefde toegedaan is en vol vuur en vol ywer is, ook, soos `n son, die volle lig toekom.

8. Wie egter geen vuur het nie, het ook geen lig nie en lyk soos `n planeet wat slegs met vreemde lig pronk wat nie by hom bly nie. Word hy van sy son geskei, dan sweef hy soos `n duister klomp in sy, deur homself aangerigte verlatenheid van die een oneindigheid na die ander!

9. Uit dit wat hier gesê is, kan jy maklik aflei wat bostaande teks wil sê, naamlik niks anders as die gerig of oordeel vir al wat wêrelds is.

10. Nou is hier nog sprake van `n derde soort wesens tot wie die heer of die koning sê: “Bring die burgers van die stad wie my nie as koning wil hê nie, hier, sodat hulle gedood kan word!”

11. Wie is dit? Wie sou dit anders wees as die engele uit die hemel waarvan jy al weet dat hulle orals die uitvoerders van My oordele is. Hulle sal die wêreld altyd oordeel.

12. Waarom? Omdat hulle ten eerste één is met My en daarom ten tweede die skerpste teenstelling vorm tot die wêreld. Omdat hulle één met My is, het hulle alle mag en krag uit My; en omdat hulle in die skerpste teenstelling tot die wêreld staan, word sy altyd deur hulle geoordeel.

13. Dit is heel eenvoudig die betekenis van hierdie teks, wat mens goed moet onthou.

14. Soms word onder die verdeelde ponde, die verskillende menslike talente verstaan wat ontwikkel moes word. Maar dit is `n fout. Want as dit so sou gewees het, sou die uiters godslasterlike handel met geestelike ampte en waardighede tot `n God baie welgevallige aangeleentheid verhef word, en ook skoling tot diefstal en moord word goedgepraat. Dit is bepaald nie die bedoeling van die uitgedeelde ponde nie.

15. Hierdie uitgedeelde talente en ponde is maar net die uitgedeelde woord van God. Diegene wat dit dadelik lewend in hulle het, het tien ponde; lewend is dit in hom, as hy dit in sy liefde of in sy hart het.

16. Wie die vyf ponde het, die het die woord in sy lewende geloof, waarmee hy uit liefde kan handel.

17. Wie drie ponde het, die het die woord in sy verstand; as hy daarvolgens sal handel, sal hy tot wysheid kom.

18. Wie egter slegs één pond het, erken ook wel God se woord, maar dit doen niks aan hom nie. Hy het wel niks daarop teen nie, - inteendeel, hy vind dit mooi, goed en waar, maar as hy in alle erns daarvolgens moet handel, sê hy:

19. “Ja, as mens nie aan hierdie wêreld gebind was nie, en mens vir die wêreld nie wêrelds moes wees nie, sou dit sekerlik prysens­waardig wees om ooreenkomstig hierdie leer te lewe. Maar mens moet nou eenmaal in hierdie wêreld lewe en daarom moet mens hom ook daarvolgens aanpas, anders word mens baie gou as sonderling bestempel. Mens verloor eer en aansien en raak daardeur geïsoleerd, sodat mens ook geen invloed meer kan uitoefen in die wêreld as dit vir die realiseer van `n goeie doelstelling noodsaaklik sou gewees het nie.”

20. Die ryke sê: “Ek sou met My vermoë wel volgens die evangelie wil handel, as die huidige omstandighede anders was; maar die wêreld is nou eenmaal die wêreld en dit wil sê dat mens sodanig met sy kapitaal moet omgaan, dat mens, wanneer mens ouer word, self geen gebrek ly nie, en dat ook die kinders mettertyd die nodige versorging vind wat hulle van die wêreld onafhanklik maak.”

21. Die amptenaar sê: “My God! Waar sou ek die tyd vandaan kry? Staatsdiens en herediens kom voor godsdiens! As ek eenmaal met pensioen gaan, sal ek ook in Godsnaam `n rosekrans ter hand neem, of: Ek sal volgens die evangelie gaan lewe vir sover dit sonder al te groot beperking van My lewensomstandighede moontlik is!”

22. Die geestelike sê: “As mens maar die pligte wat sy posisie in die wêreld meebring, vervul en alles aan God opoffer, dan het mens genoeg gedoen.”

23. Daarop sê Ek: “Dit is alles mense wat hulle een pond begrawe het en dit sal met hulle net so gaan soos wat dit met die besitter van daardie een pond uit die evangelie gegaan het.

24. Waarom? Omdat daar in hulle selfs geen enkele vonkie daadwerklike liefde tot My te vinde is nie! Hulle gee altyd die voorkeur aan aardse gemak bo My.

25. Die ryke is tevrede met My, solank hy deur sy geld homself en sy familie goed versorg sien: Maar welke lewende liefde kan hy aantoon en welke vertroue het hy in My as hy self met alle krag werk om sy familie later geen gebrek te laat ly nie? Vir so `n vertroue sal elkeen bedank!

26. As `n geldwisselaar `n saakwaarnemer aanstel en hom nooit `n sent toevertrou nie, sal die saakwaarnemer dan nie baie gou sê: “Sê my vriend, beskou jy my as `n spitsboef en is My groot borgstelling van nul en gener waarde, dat jy my vir geen sent vertroue skenk nie? Beheer jou vermoë self; ek vorder My borg terug.”

27. Dieselfde sal Ek ook doen met sulke ryk gelowige Christene en Ek sal hulle My onderpand ontneem; want Ek laat My nie deur hulle vir die gek hou nie, en My nog minder vir `n leuenaar en bedrieër aansien, waarvoor hulle My daadwerklik hou, omdat hulle My nie vertrou nie en daarom self vir hulle bestaan sorg.

28. Netso sal Ek aan die amptenare en geestelikes van alle sektes wat die diens aan die wêreld, en die vervulling van die verpligtings wat aan hulle stand verbonde is, as godsdiens beskou, sê: “Het julle vir niks gewerk nie? Het die vervulling van die aan julle stand verbonde verpligtings julle geen wins opgelewer nie. Het julle uit liefde tot My of uit liefde tot die voordele wat met julle stand verbonde was, hierdie pligte vervul?”

29. As hulle sal sê: “Ons het die goeie en die regverdige gedoen terwille van die goeie en regverdige self en ons wil en mag ook met `n geruste gewete die voordele geniet wat voortgevloei het uit goeie en regverdige handel.”

30. Dan sal Ek egter sê: “Dan is julle dus betaalde arbeiders gewees en het julle julle loon alreeds ontvang. Hoeveel het julle daarby vir My gewen met die een, aan julle toevertroude pond? Toon die wins!

31. Werklik, dan sal hulle maar net daardie een pond kan laat sien, sonder iets daarby, en hulle sal moet sê: “Heer, die pond was onder die omstandighede waarin ons onsself in die wêreld bevind het, nie te gebruik nie: Ons het dit egter as heilig beskou, daarom het ons dit nie aangeraak nie.”

32. En Ek sal sê: “Dan sal dit net so met julle gaan soos met die man met die een pond uit die evangelie. Hierdie éénponders sal in die hiernamaals ontsettend lank besig wees, voordat hulle ook maar één sent daarop vooruit sal gaan. Daar sal baie geween en tandegekners dit vooraf gaan!

33. Ek dink dat dit ook duidelik is; onthou dit goed, sodat julle nie tussen die “éénponders” sal beland nie! Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205