Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

“En hulle smeek Hom deur te sê: Stuur ons in die varke, sodat ons daarin kan vaar.” (Markus 5:12)

9 Februarie 1844 se aand

29 “En hulle smeek Hom, deur te sê: Stuur ons in die varke, dat ons daarin kan vaar.”

2. Ek het julle al eens gesê, dat die diepste en mees verborge geheime van My lewe op aarde te vinde is in My dade. Want die woorde het Ek so gekies dat elkeen hulle kan begryp; maar dit is nie die geval met My dade nie. Dit het selfs My broeders nie begryp, voordat die Heilige Gees oor hulle gekom het nie; en toe hulle dit begryp het, word hulle ook in die gees gesê dat hulle die diepe sin van die dade aan niemand bekend moes maak nie, omdat die wêreld dit nie kan en wil begryp nie.

3. So is dit ook in dié geval gestel! As Ek julle die diepste betekenis daarvan sou wil duidelik maak, sou driemaal die oppervlakte van die aarde nodig wees om alleen maar die inleiding op te skryf. Vir die uitleg van die belangrikste betekenis sou `n hele sonnegebied egter te min ruimte bied om alle boeke te bevat wat daaroor geskryf sou kon word. Daaruit kan julle wel aflei wat alles daaragter skuil. 

4. As daar al van `n woord gesê word dat dit is soos `n saadkorrel wat in die aarde gesaai word en baie vrugte voortbring, wat kan daar dan wel van `n werklike daad van God gesê word. Want daar bestaan `n verskil tussen die God wat spreek: “Daar is!” en die daaropvolgende: “En daar word!”

5. Sodat julle julle tog enige begrip kan vorm van die grootheid van so `n daad, wil Ek julle in kort iets daaroor vertel.

6. Waarom vra die Heer aan die demoon hoe hy heet, terwyl die Alwetende tog sekerlik geweet het dat in hierdie besetene nie net één nie, maar `n hele legioen bose demone boosaardig huisgehou het. Die Heer het dit seker nie gevra omdat Hy die naam van die bose geeste wou weet nie; maar waarom het Hy dan daarna gevra?

7. Hy het dit gevra om hierdie demoon te laat weet wie Hy is; want aan `n vraag herken mens beter die aard van `n wese as aan `n antwoord. Vra iets vir `n dwaas en hy kan jou `n antwoord gee waaroor jy sal verstom staan. As die dwaas egter iets aan jou vra, sal jy hom dadelik aan sy vraag herken. Op geestelike vlak is die enigste manier om hulle bekend te maak, deur middel van `n vraag, en daarom het die Heer hier ook gevra, nie om `n antwoord te kry nie, maar om die demone so te laat weet Wie hulle teenoor hulle het.

8. Sulke situasies ken julle ook goed, en dit het julle ook al by die sogenaamde paragnoste of heldersiendes waargeneem. Want as jy iets aan so `n heldersiende vra, is dit nie die bedoeling dat hy persoonlik daarop antwoord nie, maar dat jy jouself vir hom oopstel sodat hy in jou innerlike kan skou, jou ondersoek, en die tekort­koming wat hy in jou gevind het, met sy lewenskrag aanvul.

9. Hierdie vraagstelling lê êrens midde tussen `n suiwer wêreldse en `n suiwer geestelike werkwyse, maar vir die deurdinker het hulle tog `n meer geestelike karakter.

10. Dus beteken die vraag van die Heer aan die demoon eintlik dieselfde as wanneer Hy sou gesê het: “Kyk, Ek stel my bloot, daar is geen boosheid in My nie!”

11. Die demone sien hierdie heilige oopstelling en herken dadelik die Heer van die ewigheid en wanneer hulle sê: “Ons is `n legioen” - gee hulle nie noukeurig hulle natuurlike aantal aan nie, maar gee hulle daarmee op geestelike wyse te kenne dat die bose voor die aangesig van die hoogste suiwerheid van God in groter getalle aanwesig is.

12. Die suiwerheid van die Heer Self dwing hulle egter om daarvoor te wyk. Maar die bose sien, te midde van die goddelike reinheid, ook goddelike erbarming en hulle wend hulle tot haar. Hulle neem op dié oomblik hulle toevlug tot deemoed en verlang, ooreenkomstig hulle slegte karakters, om in die varke te kan gaan; en die erbarming van die Heer staan hulle toe wat hulle vanuit die deemoed gevra het.

13. Wanneer hulle egter in die varke gaan, ontwaak hulle hoogmoed, wat hulle vir die Heer verberg het, weer en hulle dryf die varke die see in, sodat hierdie ten gronde kan gaan en hulle, die demone, hulle weer vry as monsters in die see kon beweeg.

14. So lyk dié beeld. Maar wie is die besete mens? Hierdie besete mens is gewoon die wêreld; daarin is die legioen demone soos hulle in hierdie mens voorkom.

15. Die Heer kom in Sy woord na hierdie besete wêreld. Die wêreld wil van haar stille kwelling bevry word en die Heer maak die wêreld vry. Maar haar innerlike boosaardige neiging is in haar vrye toestand erger as in haar gebonde toestand.

16. As hulle gebind is kla hulle oor druk en kwelling; as Ek haar egter vrymaak, soek haar boosaardigheid toevlug in die varke en stort hulle vanself in die see van die verderf; en die ietwat meer gegoede mense van die wêreld probeer bowendien ook om My van hulle af te stoot, omdat Ek hulle, vanweë hulle industrie, volstrek nie geval nie. Want hierdie “Gadareners” verpersoonlik die daadwerklike wêreldgesindheid of duideliker gesê: Hulle is die eintlike industrie-magnate.

17. Die demone wat in die varke vaar is egter die opskeppers, gastronome, wellustelinge, bedrieërs en allerlei swendelaars en knoeiers. As julle allerlei soorte varke wat in see stort, in hierdie wêreld wil sien, gaan dan na die groot stede, daar sal jy hulle in groter getalle aantref en hulle is `n getroue weergawe van die varke uit die evangelie. Hulle is `n baie groot legioen; hulle is almal deur die mees verderflike demone besete en die dryf hulle ook in die see van die sekere verderf.

18. Kyk, dit is die deur julle herkenbare en navolgbare betekenis van hierdie evangeliese daad van die Heer. Dat hieragter `n eindeloos ver uitgebreide, nog baie diepere betekenis verborge is, hoef nie vir die tweede keer aangetoon te word nie; in die eerste plek sal julle dit nooit begryp nie, en in die tweede plek sou dit julle nie tot nut wees nie, maar slegs skade toebring.

19. Neem dus genoeë hiermee; want die oneindigheid is te groot, die aantal skepsele daarin oneindig en haar bestemming volkome onverklaarbaar vir julle. Dus kan julle onmoontlik begryp hoe die besetene die hele materiële skepping voorstel, en haar bewoners die ou gevangenes is. - Hierdie besetene rus in die graf en is uitermate boosaardig; kyk maar na die eindelose aantal grafte in die oneindigheid!

20. Maar genoeg hieroor! Vir julle op hierdie aarde is dit nog geen tyd om dit tot in die diepste betekenis te kan begryp nie. Hou julleself dus aan die eerste, dit sal julle van nut wees! Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205