Bybeltekste en hul verborge betekenis
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39.

“Dit het Ek tot u gespreek, omdat u in My vrede het. In die wêreld ly u verdrukking, maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin!” (Johannes 16:33)

23 Februarie 1844 se aand

35 “Dit het Ek tot u gespreek, omdat u in My vrede het. In die wêreld ly u verdrukking, maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin!”

2. Hierdie teks behoort weer tot die wat baie deursigtig is, sodat elkeen die geestelike betekenis al op die eerste oogopslag letterlik daaruit kan aflei. Daarom sal Ek die betekenis van hierdie teks in weinige woorde verklaar en julle sal in die weinige woorde die volkome ware, geestelike betekenis herken. Luister!

3. Alles wat Ek julle nou vertel, is ook van dié aard, dat dit julle in alle lewensomstandighede die ware, innerlike vrede van julle hart in liefde tot My moet gee, as julle alles wat Ek sê, ook maar enigsins sal toepas.

4. Die wêreld sou julle wel van alle kante in die noute wil dryf, maar sy kan dit nie, omdat sy deur My oorwin is. As julle My deur julle liefde in julle het, dan het julle ook die ewige oorwinnaar van die wêreld in julle. Want die wêreld het My krag ervaar; daarom kan en mag sy diegene wat My vrede waarlik in sy hart dra, geen haar krenk nie.

5. Sodra iemand hom egter uit hierdie vrede wil verhef en self die wêreld die handskoen tot die stryd toewerp, die het dit alleen aan homself te wyte as hy deur die wêreld gevange geneem en mishandel word. Maar wie werklik in My vrede bly, is vir ewig geborg en geen wêreldse influistering sal hom ook maar `n haar krenk nie.

6. Baie sal wel sê: “O Heer! Kyk na die apostels en U dissipels en so baie eerste Christene, en ook die, in latere tye ywerige stryders vir die suiwer evangelie, het martelaars geword en die wêreld het haar op hulle, wat met U vrede vervul was, op skandelike wyse gruwelik gewreek. Waarom, o Heer, het U vrede hulle nie beskerm teen die kloue van die wêreld nie? U het tog self voor U lyde gesê dat die vors van hierdie wêreld geoordeel is. Hoe kan die geoordeelde dan mag hê om die wêreld so boosaardig teen U vredesdraers te laat optree?

7. Dit is `n onsinnige vraag en wie enigsins in die geskiedenis tuis is, sal weet dat alle martelare, te begin by die apostels, nie onder dwang of deur `n beskikking van My nie, maar vrywillig uit held­haftige liefde die marteldood gesterf het, omdat Ek, hulle Heer, Self gekruisig was.

8. Ek sê vir julle: Elke martelaar kon ook, sonder om martelaar te word, My evangelie verbreed het. Maar hierdie verbreiders het My geken, het die ewige lewe voor oë gehad, en het daarom ook nie verlang om lank in die wêreld te verblyf nie; hulle kon maar nouliks die tyd afwag waarop die vlees hulle ontneem sou word, sodat hulle daar sou kom, waar Ek hulle vooraf gegaan het.  

9. Maar Johannes het My die meeste liefgehad; daarom het hy nie die vervolgings van die wêreld verafsku nie, en wou dit liewer tot op die laaste druppel verwerk, as dat hy iets van My sou afgebedel het van sy aardse lewenstyd. Hy was dus volkome met My bedoelings tevrede. Baie andere was bedelaars wat liewer verlief wou neem met smadelike liggaamlike martelings, as om nog enkele jare vir My ryk te werk.

10. Maar omdat by My elkeen kan kry waar hy ernstig en gelowig voor vra, kon Ek tog ook nie My woord by My eerste getuies terugneem nie, en dit lui: “Alles wat jy My sal vra, sal Ek jou gee.”

11. Vanuit dié lig beskou, blyk duidelik dat Ek vir My woord geen behoefte gehad het aan bloedgetuies nie; want Ek het immers die een ewige geldige getuie, My Heilige Gees, Self aan al diegene beloof wat My leer sal aanneem en daarvolgens sal lewe. Dit is die blywende getuie, terwyl die bloed van die eerste martelare al lank vir alle latere tye selfs geskiedkundig spoorloos verdwyn het.

12. As hierdie Gees `n ewige getuie is, waarom sou Ek dan bloedgetuienis van My navolgers verlang? Wie self bloedgetuie wil word, moet dit dan ook maar word; maar laat niemand glo dat hy My daarmee `n diens bewys nie. Elkeen wat dit doen, doen dit vir sy eie voordeel, en nie vir My nie.

13. Dit is asof `n vader aan sy kinders, wat nog goeie klere het, sou sê: “Ek sal julle pragtige nuwe klere gee, as julle hierdie eenmaal verslyt het!” Sommige van hulle laat hulle in dié vooruitsig, en die voorliefde vir nuwe klere verlei en ontsien die ou klere gladnie meer nie. As hierdie dan weldra verslete is, gee die vader hulle tog die beloofde klere; maar `n paar van hierdie kinders, wat meer van hulle vader gehou het as van klere, gaan wel sorgsaam met die ou klere om, om hulle vader nie voortydig onkoste te besorg nie.

14. Hoewel daar geen sprake van bepaalde onkoste by My kan wees nie, is daar wel onkoste van `n ander aard, naamlik dat mens rekening daarmee moet hou dat mens dinge bewerkstellig, wat enigsins in stryd is met My ordening. Want Ek het aan elke mens, vanuit My verordening, `n bepaalde lewensdoel gestel, en dit bestaan nie uit die vuur of uit die swaard nie; want die dood deur die vuur of die swaard is `n oordeel. Wie egter eiesinnig en eiemagtig in My orde ingryp, die moet hulle ook maar `n klein oordeel laat welgeval vir sover hy, op die deur My bepaalde ordening, vooruitgeloop het. 

15. Daniël wou nie sterf nie; daarom het hy behoue gebly in die leeukuil, en met die jongelinge in die vuuroond het dit netso gegaan, en daar is nog meer dergelike voorbeelde. Kyk, daar was geen haar van almal gekrenk nie, en by baie duisende van diegene wat My liefhet, word ook geen haar gekrenk nie, omdat hulle die krag van My vrede ongestoord in hulle harte bewaar. Maar elkeen wat hulle bo hierdie vrede wil verhef, sal ook die onvrede van die wêreld daarvoor moet ondergaan.

16. `n Mens sal hier ook wel weer sê: “As dit so is, dan is dit tog die beste om die wêreld met al haar skandelike bedrywigheid maar aan die wêreld oor te laat, en elkeen wat beter is, moet heeltemal onbekommerd oor die wêreld in vrede voortlewe; en as elkeen so maak, sal die wêreld dan nie baie spoedig tot aan die sterre met gruwels gevul wees nie?

17. Goed, sê Ek, reken maar terug! Sedert die tyd van die apostels was daar tog seker ontelbare yweraars gewees wat die wêreld te vuur en te swaard wou verbeter. Strome bloed was vergiet. Vra jouself nou net af welke resultaat dit gehad het? Kyk om jou heen in die wêreld en sy sal jou die sonhelder antwoord van alle kante gee.

18. Tot op julle tyd moes die groot aantal geloofsyweraars tog so `n goeie indruk agtergelaat het, dat daardeur die hele wêreld `n paradys sou moes gewees het, maar tog is die tyd waarin julle lewe, tienmaal slegter as die wêreld in die tyd van Noag.

19. Waarom sê Dawid: “O Heer, hoe is alle mense nie onwaardig in vergelyking met U nie, en is alle hulp van mense sonder enige nut!”? - Dawid het dit gesê, omdat hy My geken het; maar julle praat anders, omdat julle My nie ken, soos Dawid My geken het nie.

20. Dink julle dat Ek nie weet wat die wêreld doen nie, en dat Ek te besluiteloos sou wees om die wêreld weens haar wandade te tugtig? Glo dit maar nie en laat die bestuur van die wêreld aan My oor!

21. Wie na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom. Met openlike geweld sal niemand iets teen die wêreld kan uitrig nie, want waar die wêreld geweld sien, daar beantwoord sy dit weer met geweld. Op hierdie manier bring die een volk voortdurend die ander om.

22. Wie die wêreld egter wil bestry, moet dit doen met heimlike wapens; die wapens is My liefde en My vrede in julle. Elkeen moet egter eers met hierdie wapens die eie wêreld in homself oorwin; dan eers sal hy hierdie wapens steeds met sukses teen die buitewêreld kan gebruik.

23. Waarlik, wie nie innerlik meester is oor die wêreld nie, die sal die uiterlike des te minder word. Elkeen wat in homself nog `n vurige ywer bespeur tot vervloeking, is nog nie meester oor die eie wêreld nie, want hierdie ywer spruit voort uit die geheime tweestryd tussen My vrede en die wêreld in die mens.

24. Want dit is die wêreld wat ywer en oordeel en die hemel om vuur smeek onder die vermomming dat hulle vir My saak stry; maar My gees en ook My vrede ywer nie, maar werk kragtig en onopgemerk in alle stilte deur die wêreld en het geen ander uiterlike kenmerk as die werke van die liefde, met deemoed omklee nie. En weens ware liefde en deemoed is volgens My wete, sedert My Johannes, nog niemand deur die wêreld veroordeel nie.

25. Sien, daarin bestaan dus die ware innerlike vrede en ook die magtige oorwinning oor die wêreld, wat Ekself beveg het! Hou derhalwe rekening met hierdie uitleg, dan sal jy die wêreld binne-in jou, asook elke ander wêreld, altyd en ewig oorwin deur My Naam en deur My vrede! Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205