Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

VOORWOORD
In `n openbaring, in 1871 ontvang deur Gottfried Mayerhofer, spreek die Heer: 'Die eintlike Antichris is die algemeen heersende sug na heel andere dinge as wat My leer predik. Dit is die heersende neiging van soveel mense van wie net die kop werk en die hart tot swye gebring is. Dus moet u die kop of die berekenende verstand as Antichris beskou, (as geestelike beginsel) wat al lank op die aarde huishou en met verleidelike argumente aan die mense wil verklaar dat net dit wat die verstand kan bevat waar is..."
Meer kon die mense in die negentiende eeu nog nie inneem nie.
In ons dae egter, word nou deur die Heer aan Bertha Dudde duidelik gemaak dat daar;
ook `n persoonlike wêreldse maghebber as Antichris sal optree, want hy beloof aan die mense om die lewenstandaard terug te gee wat deur die groot natuurkatastrofe verlore geraak het.
Alle volke sal hom toejuig en die meeste mense kies hom as heer en Heer, aangesien hy hulle wense skynbaar vervul.
Almal wat die wêreld liefhet sal hulle geloof in Jesus Christus opgee en hulle siele in die verderf stort. Maar die wat Jesus aanvaar, sal aan Hom trou bly, selfs as hulle bedreig word, want die Heer Self sal met hom stry sodat hulle die oorwinning sal behaal.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205