Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

GELOOFSTRYD - VYANDIGHEDE – ANTICHRIS
3 Mei 1968
Ek wil u seën, sodat u vir My vaste pilare kan wees wanneer daar geskud word aan die geloofsgebou wat vir hulle wat Myne is, die wese van die kerk van die Christus is, as daar geskud word aan wat Ek self opgebou het en waaroor Ek steeds weer die mense deur My woord onderrig.
Die tyd lê vir u voor waarin nie net die aanhangers van dwaalleringe u sal aanval nie, maar waarin die mens elke geloof sal wil uitroei, wat óf onverskillig, óf onwaar óf volgens die waarheid is. My teëstander is van vroeg af besig om nou die skerpste wapens te gebruik, naamlik om alle kennis en alle geloof in My en My Verlossingswerk te verdring en te vervang met aardse sienswyses en planne.
En daar sal `n tyd aanbreek wat u nou nog as onmoontlik beskou, want My teëstander sal homself in `n aardse maghebber beliggaam en so slu aan die werk gaan, dat hy in die begin slegs deur weiniges herken sal word vir dit wat hy in werklikheid is. Sodoende sal hy meer vir homself wen, wat hom blindelings sal volg en hom sal gehoorsaam, wanneer hy sy planne onopvallend sal wysig. Want in die begin pak hy slegs enkele geloofsrigtings aan en hy kry daarom die ander aan sy kant, wat hom al te gewillig behulpsaam sal wees wanneer dit daarom gaan om hulle teëstanders uit die weg te ruim.
Daarom sal u in die begin blootgestel word aan die aanslag van hulle wat die suiwer waarheid bestry, omdat hulle self aanhangers is van dwaling en bedrog. Maar u moet versigtig wees en uself nie moedswillig in gevaar stel nie, want nie lank daarna nie sal hulle self net aangeval word en sal die optrede van die Antichris duidelik wees. Baie sal hom volg omdat hulle reeds onder sy invloed staan en hy sal `n maklike spel met hulle hê.
Dit sal nie lank meer duur voordat die eerste tekens merkbaar word nie. Dit sal geen gewelddaad wees wat die geloofstryd inlui nie, want My teëstander gaan met lis te werk en mislei selfs baie gelowiges, wat hom volg en wat gewillige dienare vir hom in sy latere tyd sal wees. Maar u wat geestelik ontwaak het, sal hy nie kan bedrieg nie, want Ek sal u oë open en u gedagtes korrek lei. Want nou kom dit daarop neer dat u uself moet bewapen vir die laaste stryd wat met `n brutaliteit gevoer sal word, waarvan u geen vermoede het nie.
Ek wil u egter seën, Ek self sal met u wees en niemand onbeskermd laat wat vir My en My Naam sal opkom nie. Want die stryd bring die beslissing, dit sal die bokke van die skape skei en dit sal die laaste werk wees van My teëstander wat homself veroordeel.
Want sodra hy teen My self opstaan en die kennis oor My en My Verlossingswerk van die mense wil weerhou, het hy die vonnis oor homself gevel, en hy word gebind en van al sy mag beroof. Hy trag om in die beliggaming van `n mens die ergste plan teen My ten uitvoer te bring en daar sal nie baie wees wat sal standhou en hom sal weerstaan nie, moet jouself nie deur hom laat mislei nie, omdat julle van My is en vir ewig sal bly.
Maar daar moet ook `n duidelike skeiding plaasvind, want baie mense is "nog vis - nog vlees " omdat baie hulself gelowig waan. Maar wanneer hulle `n proef moet aflê, faal hulle jammer genoeg, want hulle is nie in die waarheid nie, omdat hulle te min liefde het en daarom nog die waarheid moet ontvang om dit te kan herken as die waarheid.
Daarom moet u as My dienare nog besonder aktief wees, want daar sal nog baie geleenthede hulself voordoen waarin u duidelikheid sal kan verskaf aan die wat gaan twyfel en self nie meer kan oordeel nie en dan na raad verlang.
En dit u sal ook slaag om swak gelowiges tot `n sterk geloof te bring, u sal slaag om `n paar van hulle aan u kant te kry. Duidelik en verstaanbaar sal u vir hulle opheldering kan gee en My aan hulle as `n liefhebbende God en Vader voorstel, wat slegs `n vaste geloof verlang om hulle ook te kan bystaan in hulle grootste nood - en om krag aan hulle te skenk om te volhard tot aan die einde toe.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205