Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

ANTICHRIS - BRUTALE MAATREËLS
7 September 1948
`n Sigbare mag sal u regeer wat `n onsigbare Mag nie wil erken nie, en hulle sal u tot `n laaste geloofsproef uitdaag, want hulle stry teen My en wil ook u tot vyande van My maak. En daarom is al u geloofsterkte nodig om hulle te weerstaan.
Baie sal hulself buig onder die septer van die heerser wat hulle goue berge beloof, en daarteenoor egter die prysgee van alle geloof en geestelike besit verlang. Hy sal die aanvaarding van sy mag en heerskappy eis en die afwys van `n God en Skepper van die ewigheid af, van `n liefhebbende en regverdige God wat die mens eens tot verantwoording sal roep vir hulle wil, denke en handeling.
En so sal hy weer teenoor My staan en dit sal `n laaste geveg wees wat van korte duur sal wees, maar moeilik vir die gelowiges, want hulle sal verdruk word op `n byna onmenslike wyse wat hulle die belydenis van Jesus Christus (Christus) baie moeilik sal maak. Maar die kennis van die suiwer waarheid, My duidelike hulp en die hoop op My koms en die lewe in die paradys op die nuwe aarde, sal u krag gee om te volhard en elke stormloop van die kant van `n wêreldlike mag te trotseer.
U het My woord dat Ek u nie in nood sal verlaat nie, daarop kan u rotsvas bou. Ek ken Myne en staan elkeen persoonlik by as hy in My glo en homself slegs op My verlaat. Hy wat egter gaan kom, sal die mense verblind deur sy skerp verstand, deur sy omvangryke kennis en sy welwillendheid teenoor ander heersers. En almal sal aan hom die reg toeken om organisatories besig te raak, met as einddoel, om elke geloof en geestelike rigting te verdring. Hy sal poog om elke geestelike strewe voor te stel as `n verkeerde gebruik van lewenskrag, wat vir die opbou en verbetering van liggaamlike behoeftes aangewend sou moes word. En hy sal oral aanhangers vind wat hom erken en nou ewe-eens teen elke geestelike werksaamheid sal optree.
Sodoende sal My dienare op aarde dit hard te verduur hê, en in die eerste plek sal mense alle middele wat u geestelike werk moontlik maak, van u wil afneem. Verder sal u ook persoonlik vervolg word en voor die wêreldse mag rekenskap moet aflê van u denke en handelinge. Verder sal u ook in aardse nood gedompel word deur maatreëls wat vir die gelowiges bomate wreed en hardvogtig skyn te wees en dan ook is, as Ek u nie sigbaar sou bystaan en u op geestelikes wyse sou ondersteun nie.
U sal My hulp duidelik bemerk. - U sal ondervind dat Ek by u sal wees en elke nood ken en u ook daaruit sal help wanneer die regte tyd gekom het.
Die Antichris sal kom en met hom alle tekens van die naderende einde, want sodra die geloofstryd begin, kan u ook met sekerheid op die einde reken, wat ook nie lank op homself sal laat wag nie, omdat die geloofstryd op so `n harde en brutale wyse gevoer sal word, dat Ek Self sal moet kom om Myne te red uit die diepste verdrukking - om hulle uit te haal en te bring in die ryk van vrede. Maar dan kom die laaste oordeel ook en die mag van My teëstander sal vir `n lang tyd gebreek word.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205