Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE ANTICHRIS AS HEILBRINGER GEKAMOEFLEER- MAATREËLS TEEN DIE GEESTELIKES
23 April 1947
Dit is die gees van die Antichris, wat onder die dekmantel van `n heilbringer na die mense toe kom, maar wie se wil tog heeltemal van God afgekeer is in soverre dat hy `n God van liefde nie aanvaar nie, net soos wat hy trouens die geestelikes afwys as bonatuurlik en daardeur nie bewysbaar en dus ook nie bestaan nie. En die Wese van die Christus sal vir hom ook so vreemd wees dat hy nie in Sy Verlossingswerk en Sy missie op aarde sal glo nie, en daarom sal hy trag om Hom voor te stel as `n fantasie figuur en alle maatreëls tref dat hy die Persoon uit die harte van die mense sal verdring. Sy eie wese stem nie ooreen met die Wese van die Christus nie, daarom is dit begryplik dat hy Hom as vyand beskou en dus ook sal bestry.
Die verwagte Antichris is `n persoonlikheid wat uit die kader van die natuurlike na vore sal tree. Hy is `n buitengewoon begaafde mens, en sy besondere krag lê in sy sekerheid van die vooruitgang, en in sy optrede teenoor hulle wat die verantwoording dra vir die welsyn van die volk. Daarom sal hy groot sukses behaal, want mense wil hom die opperheerskappy waarna hy streef, toeken. Mense verwag dit van hom om ingrypende veranderinge te maak ten gunste van die algemene, daarom sal alle wêreldsgesinde mense hom aanneem en hy sal die bevoorregte posisie uitbuit om allerlei maatreëls in te stel. En in die besonder sal hy optree teen die gees van die bonatuurlike, teen alle religieuse, godsdienstige organisasies en ook teen kerke of geestelike strominge wat Jesus Christus en Sy leer tot grondslag het. Want hy sal die naasteliefde as `n toestand van swakte voorstel, wat onder alle omstandighede bestry moet word.
Wie met sy strewe instem, geld dieselfde as die Antichris, en is dus `n teëstander van God, hy sal homself ook liefdeloos gedra teenoor sy naaste en daarom ook in geestelike blindheid voortgaan, want hy behoort aan die ryk van Satan.
As heerser oor baie sal die Antichris groot oproer verwek deur sy maatreëls, wat alle menslikheid sal mis en slegs sal probeer om haat en onvrede onder die mense te stig en om die liefde te verstik en die mense in groot geestelike nood te dompel.
Maar so is die reaksie van God baie nodig, en dit verklaar die werksaamheid van God deur Sy dienare op aarde - want ook Hy moet op aarde herken word vir hulle wat aan Sy kamp behoort. Hy moet dus net so op buitengewone wyse te werk gaan sodat Hy nie afgewys word nie, maar erken kan word, as die mense maar gewillig sal wees om die korrekte weg te gaan. As hulle hulself maar bewustelik of onbewustelik tot die Skepper van Hemel en aarde wil wend, om van Hom hulp te vra in geestelike nood. En dit is ook die worsteling van die goeie teen die bose, en besonder heftig, want die uur van die einde kom steeds nader en die skeiding van die geeste moet hulself voltrek tot aan die jongste dag.
En die skeiding kan alleen plaasvind as die mense ernstig voor die keuse gestel word om God te erken of om Hom te verloën. Die vraag sal hom tot `n beslissing dwing, en om krag daarby te sit, tree die teëstander van God openlik na vore, deurdat hy sy afgesante op aarde beïnvloed om maatreëls te tref en deur te voer.
Sodoende begin die laaste geveg op die aarde, die geloofstryd, die stryd teen die Christus, met die gevolg dat die mense hulself nou definitief moet uitspreek: Vir of teen Hom. En nou kom dit by die laaste oordeel, want in vrye wil wend hulle hulself nou na God toe - of van Hom af weg - en vir die vrye wil moet hulle self ook verantwoording doen.
Hierdie stryd is onafwendbaar en bring duidelik die wese van die Antichris aan die lig. Daardeur kan die gehele mensdom duidelik die denke en handeling deursien van hom, wat onder die masker van `n heilbringer optree, om sy afskuwelike planne ten uitvoer te bring; wat openlik veg teen God en daarom weer vir `n lang tyd in die aarde gebind sal word, vanwaar hy homself nie vroeër kan vrymaak as wanneer die mense hom weer behulpsaam sal wees en deur hulle valse liefde tot die materie die kettings van Satan weer losser maak.
Maar Jesus Christus sal nooit verdring kan word nie, Hy sal oorwinnaar bly op die jongste dag en Sy leer sal alle liefhebbende harte vervul. Sy getroues sal Sy liefdesleer met hulself saamneem as hulle weggeneem word, en sodoende sal ook Sy leer op die nuwe aarde as geestelike kennis hoog gehou word. Hulle sal hulself ten volle ontplooi en daardeur sal die mense die hoogste kennis besit en in die innigste liefde tot God ontbrand. En hulle kan nooit meer deur die teëstander van God verdring word nie, omdat elke mag hom vir `n lang tyd ontneem is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205