Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE GESEL VAN DIE ANTICHRIS
19 Augustus 1949
Die gesel van die Antichris sal wreed geswaai word bo almal wat My sal bely, soos wat dit eertyds ook bokant My gesuis het voor My kruisdood as mens. Maar Ek sal dit van Myne afweer, Ek sal dit Self opvang en dit self laat uitwerk op almal wat aan Satan behoort.In die geledere van Myne sal sy woede verseker goed bemerkbaar wees, maar solank as wat hulle deur die skild van die geloof beskut word, sal hy hulle nie baie skade kan aandoen nie. Want weer staan Ek as beskutting voor hom om af te weer wat ook teen Myne onderneem word. Maar hulle herken ook die heerskappy van die Antichris en weet dat die einde spoedig sal kom, en daarmee ook die uur van hulle redding. En die wete gee hulle `n krag wat hulle alles laat verdra.
U sal nie lank meer `n vreedsame tyd hê nie, want uur na uur en dag na dag gaan verby en die tyd wat My Gees u aangekondig het, kom steeds nader. Die wêreld staan voor `n geweldige bewing waarvan die gevolge onbeskryflik is. En of u ook twyfel, u kan dit nie meer teëhou nie, u moet u spoedig uitspreek vir of teen My. - Want die beslissing word ook geëis deur hom wat teen My is en bly; nog ewighede lank. Hy sal kom voordat Ek kom, hy sal op die aarde verskyn deur diegene wat hom heeltemal onderhorig is, die wat hy in besit sal neem en deur wie hy homself sal laat sien in al sy mag.
Die mense sal hulself by die duisende by hom aansluit, hulle sal hom hulle waardering skenk en hulleself vrywillig aan hom onderwerp. Hulle sal hom onderhorig wees, omdat hy as mens op hulle inwerk en hulle verblind deur sy woorde en dade. Hy sal seëvier, omdat almal hulleself vrywillig aan hom sal oorgee en sodoende sal hy groot mag hê en dit gebruik teen My, en teen almal wat in My glo en My bely. Hy sal teen My veg en dus ook stryd voer teen die wat Myne is, wat My egter trou sal bly tot aan die einde toe.
Die tyd van die Antichris het nou gekom, dus sal hy spoedig optree en u weet dat wanneer dit gebeur, die einde naby is. Want hy sal slegs `n kort tydjie regeer en omdat hy weet dat hy nie baie meer tyd het nie, sal hy die hel open en al die boses vrylaat, hy sal daarmee saamwerk op skandelike wyse. Maar die uur van sy val in die diepte is reeds bepaal sedert die ewigheid, en daar sal vervul word wat verkondig is in woord en geskrif.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205