Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

MOEILIKE DAE - ANTICHRIS – EINDE
18 April 1953
Die dag van verlossing is nie meer veraf nie, maar sal dit vir alle mense ook verlossing beteken? Sal dit nie eerder `n dag van oordeel wees waarin hulle, in plaas van verlossing, opnuut weer in vaste vorm gebind word nie? - En so kan daar na die dag verlang word, maar netso daarvoor gevrees word. En hulle wat die dag sou moet vrees, glo nie daaraan nie en is daarom reddeloos verlore, omdat hulle niks weet om die hernude kluistering van hulself af te wend nie. Vir slegs weinig mense sal die dag `n werklike verlossing wees, terwyl die ander nie sal weet hoe ellendig hulle daaraan toe is nie en daarom ook geen verlange na `n Verlosser het nie. En tog sal Hy kom om die te verlos wat in Hom glo.
Wanneer daar vir alle gelowiges `n baie moeilike tyd kom, mag hulle die belofte nie vergeet dat Ek sal kom om te oordeel, die lewendes en die dooies. En die tyd van nood moet vir hul eweseer `n bewys wees van die waarheid van My woorde, en des te vaster sal hulle glo in My koms op die laaste dag en aan die redding uit die grootste nood. Dit sal werklik `n dag van verlossing wees vir die wat aan My behoort, wat by die aanblik van die goeie lewe van die ongelowiges geneig is om te twyfel aan die waarheid van My woord.
En ter wille van die uitverkorenes sal die dae verkort word. Ek sal Myne versterk tot die dag gekom het en dit sal vinniger daar wees as wat verwag word. Die wêreldsituasie sal weer so rustig lyk dat niemand aan `n einde sal glo nie, want onder die heerskappy van die Antichris bedaar die golwe van onrus skynbaar, en aards is `n oplewing te sien wat die mense steeds goddeloser en liefdeloser laat word. En slegs Myne herken die uur op die wêreldklok daaraan, want slegs hulle het gebrek en moet ly terwyl die orige mensdom swelg en in `n roes van wêreldse vreugde hulself probeer versadig. En niemand sal vermoed hoe naby die einde is wanneer die Antichris sy wêreldheerskappy begin nie.
Hy lui die einde in, hy bring die chaos tot stand en laat die geloofstryd ontbrand. Hy veroorsaak as te ware die skeiding van die geeste, want onder sy heerskappy word die belydenis van My en My Naam geëis, en as gevolg daarvan het die definitiewe beslissing geval, wat nog voor die einde moet plaasvind. Maar sodra die geloofsbeslissing geëis word, kan u, My gelowiges, uself voorberei op My koms. Want met die toenemende nood sal u ook die vervulling van My voorspellings oor die einde beleef.
U kan elke dag op die einde reken en tog sal dit op die dag plotseling en onverwags kom. Dan sal hulle, vir wie die dag die verlossing bring, egter salig wees, maar huil en tandegekners sal hulle wat deur die aarde verslind sal word en wat weer gebind sal word in die vaste materie. Maar u, wat in My glo, vertrou op My woorde dat u verlos sal word uit tye van hoogste nood. Dat Ek kom en u sal opneem en dat u daarom geen mag van die aarde hoef te vrees nie. Want van My is die mag, die krag en die glansrykheid.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205