Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE STRYD TEEN DIE LEER VAN DIE CHRISTUS. DIE VERVOLGING VAN HOM WAT HOM BELY
2 Januarie 1941
Dit is onbetwisbaar beter om jouself voor die wêreld openlik vir die kerk van die Christus uit te spreek as om die teëstander ter wille te wees en die Christus te verloën, want wie magtig is in die wêreld, kan tog nie die mag teëhou wat God hom gestuur het nie.
Wie dus die Christus verloën, die verloën God, selfs al spreek hy Sy Naam uit om sy geloof te bewys. As hy diep gelowig is, erken hy ook die Godheid van Jesus, want dan leef hy in die liefde en die liefde erken Jesus as God se Seun en Verlosser van die wêreld. Die insig is `n gevolg van `n diep geloof, terwyl die ongeloof die mens onbekwaam maak om die Godheid in Jesus te erken. As Jesus Christus dus verwerp word, is die bewys van die ongelowigheid van die mense ook gelewer en sulke mense behoort tot die wêreld, wat hulself openlik teen Jesus Christus opstel. Die wêreld sal eis om Hom geheel af te wys, want hulle wil dat Sy Naam nie meer genoem sal word nie. Hulle wil elke herinnering aan Hom uitwis en die komende geslagte in onwetendheid opvoed. Hulle wil alles vernietig wat op Hom betrekking het, om so `n einde te maak aan die kennis oor Hom en Sy dade, en sodoende sal die stryd ontbrand.
Die wat Syne is, sal Sy Naam verdedig, Hom bely voor die wêreld en vol vuur oor Hom en Sy leer spreek. Maar hulle sal vervolg word ter wille van Sy Naam maar tog die vervolging geduldig verdra. Hulle sal van Bo krag ontvang, sodat hulle Sy leer des te yweriger sal verkondig, hoe meer hulle bestry word. Die Krag van God sal sigbaar met hulle wees en Sy liefde sal hulle behoed, sodat die magtiges van die wêreld sal moet insien dat hulle mag nie daarteen opgewasse is nie. Hulle sal moet insien dat daar Een Magtige is, Wie se werke duidelik te sien is.
Dit sal hulle woedend maak en hulle sal probeer om met alle middele hulleself as waar te bewys en om hulle wil af te dwing, maar hulle sal deur God se Hand getugtig word, want wanneer die mens homself aanmatig om teen God Self te wil opstaan, plaas Hy hulle geheel en al in die mag van die teëstander en so maak God `n einde hieraan. Daar sal dus `n tyd kom waarin wet na wet uitgevaardig sal word en die mense voor die keuse gestel sal word om homself uit te spreek, - vir of teen die Christus. Die aanhangers van die wêreld sal Hom prysgee ter wille van ydel loon, hulle sal wel aardse voordele verwerf, maar daarvoor hulle siele verkoop. Baie sal prysgee wat eintlik hulle mees heilige goed moes gewees het, naamlik die Goddelike Verlosser en Heiland van die wêreld.
Maar die wat ter wille van Sy Naam vervolg sal word, sal duisendvoudig geseënd wees, want Hy self sal hulle naby wees. Hy sal hulle Leier wees in hul stryd en waar Hy die "Leëraanvoerder" is, daar sal ook die oorwinning wees.
Selfs wanneer dit lyk asof die planne van die teëstander sal slaag, sal dit tog bedrieglik wees, die stryd sal maar van korte duur wees en die wat vir die Naam van Jesus sal stry, sal oorwinnaar wees.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205