Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE WEDERVARING VAN DIE LAASTE VOLGELINGE IN DIE TYD VAN DIE ANTICHRIS
19 Maart 1958
Net soos vir byna twee duisend jaar lank sal Myne weer vervolg word ter wille van My Naam. Nog staan dit u vry om die evangelie te verkondig, nog kan u ongehinderd opkom vir My en My Naam
Nog staan geen maghebbers u in die weg wat u spreek en weet nie, maar die tyd sal kom waarin u nie meer vry nie, maar slegs nog in die verborgene kan arbei vir My en My ryk. Derhalwe moet u die tyd goed benut en dus arbei solank dit nog dag is.
U sal nie kan begryp wat dit vir u sal beteken om in alle vryheid te kan spreek en niemand te vrees wat u arbeid vir My verbied nie, daarom moet u stry met die swaard van die mond. U moet elke geleentheid aangryp om aan die mense My woord, die EWIGE WAARHEID te bring, en u moet ook deur die krag van My Naam werk. U moet melding maak van die Verlossingswerk van Jesus Christus en Hom oral verkondig, want `n gebod sonder lewe is oral waar die mense sonder geloof in die Goddelike Verlosser voortlewe. Tot hom moet u die "LEWE" bring, u moet My woord met groot ywer aan hulle verkondig, omdat u nie baie tyd meer het om in vryheid onder u medemense te kan arbei nie.
Wanneer die Antichris sal optree sal u ook, My dienare, van u vryheid beroof word, ofskoon ook u arbeid nog nie ten einde is nie. Maar u sal maar net nog met die grootste versigtigheid en wysheid u arbeid in die wingerd kan verrig, en waarmee u ook met My krag sal slaag. En wat vir u tot op hede nog ongelooflik blyk te wees, sal `n realiteit word in die tyd wanneer die Antichris aan bewind kom. Maar ook dan het Ek nog moedige belyers van My Naam nodig, wat nie die wêreld en haar heersers sal vrees nie, maar openlik vir hulle dade sal opkom wanneer hulle rekenskap moet aflê.
Soos dit eens met My dissipels gegaan het, so sal dit ook met u geskied wat Ek as laaste volgelinge gekies het vir die verspreiding van My evangelie. Ek verseker u van My beskerming en sê daarom weer: Wees nie besorg oor wat u sal sê nie, want Ek sal u die woorde in u mond lê. Daarom hoef u die aardse mag nie te vrees solank u My aan u kant roep nie, want Ek gee self aan hulle die passende antwoorde. Hulle sal geen enkele aanleiding kan vind om u aan te val, totdat u missie ook vervul is nie, en dit bepaal Ek alleen en nooit die maghebbers wat ook net so onder My en My wil staan.
Sodoende sal u ook begryp dat elke werk wat reeds in hierdie tyd vir My verrig word, tot versterking van die geloof van die swak mense sal kan bydra. Dat u dus genoeg voorbereidende werk kan doen, sodat die mense kan standhou tydens kwellinge deur die Antichris, wat natuurlik sy mense sal probeer hinder in hulle geestelike strewe. Maar hy sal dit nie bereik by hulle wat reeds `n lewende geloof in My gevind het nie, want hulle sal `n muur bou waarteen hy vergeefs sal stormloop en wat hy nie sal kan wankel nie. Hy sal egter `n maklike spel hê by hulle wat slegs `n vormgeloof besit en wat sonder weerstand opgegee sal word in die aangesig van die gewelddadige maatreëls van My teëstander. Hierdie mense is kragteloos en ook sonder lig, hulle ken nie die krag van My Naam nie en ook nie die krag van `n lewende geloof nie, nog minder die krag en mag van `n God wat Heer is oor lewe en dood.
Solank as wat u die moontlikheid het om te spreek en vrylik te werk, moet u My liefde en egte mag aan u medemens verkondig. U moet My leer van die liefde aan hulle preek en hulle wys op die tyd wat sal kom en wat slegs deur `n diep geloof in My deur Jesus Christus deurstaan sal kan word. Die geloof kan die oorwinning gee aan almal wat aan My getrou bly, wat My en My Naam openlik voor die wêreld bely wanneer daar `n bekentenis van hom geëis sal word. U moet egter ook die nabye einde aan hulle verkondig, sodat hulle weet hoe waardeloos dit is ter wille van aardse goedere en om op die aandrang en die verlange van die vyand in te willig. Niemand sal homself lank oor sy vermeende besittings kan verheug nie, omdat die tyd van die Antichris beperk is en met hom ook sy aanhang. Want ter wille van My uitverkorenes sal Ek die dae verkort en `n einde maak aan sy aktiwiteite.
En daarom kan u, wat My met alle ywer dien, in die laaste tyd niks meer verloor nie, maar slegs onuitspreeklik baie wen. Want as u vervolg sal word ter wille van My Naam, sal u as My ware volgelinge nog siele red wat na u kant toe sal oorloop en die lot van u almal sal heerliker wees as wat u ooit aards aangebied kan word deur hom, wat ten doel het dat u My verraai.
Want wie vir My stry, stry saam met My, en Ek sal u waarlik tot die oorwinning voer.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205