Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

VREES HOM NIE WAT WEL DIE LIGGAAM, MAAR NIE DIE SIEL KAN DOOD NIE
14 Februarie 1949
Vrees nie hom wat u aards kan skaad nie, maar veeleer hom wat soek om u siel in die afgrond in te trek. Maar ook hom kan u moedig weerstaan as u My na u kant toe roep, want dan sal hy niks teen u kan uitrig nie. Dan het u `n SKILD waardeur u onkwesbaar is en u siel is dan teen elke gevaar beskerm.
Maar die wêreld sal u erg verdruk en haar maghebbers sal trag om u te vernietig, omdat hulle optree teen elkeen wat aan My getrou is. Hulle wil My nie erken as hulle Heer nie en eis daarom alle mag en verering vir hulleself op. U sal dus erg verdruk word, maar kan tog onbesorg en onbevrees die stryd aanvaar, omdat Ek as u Leëraanvoerder met u ten stryde sal trek en vir u sal veg, soos wat u ook vir My en My Naam stry. Daarom sal die oorwinning ook u s’n wees.
Streef daarna dat u geloof steeds dieper en meer onwankelbaar word, dan sal elke vrees ook verdwyn vir hom wat alleen die liggaam kan doodmaak.
Gee meer ag op die lewe van die siel, dan sal al die wêreldlike, die verlokkinge en bedreiginge, u heeltemal onberoerd laat, en u leef dan slegs volgens My wil. As die eise van die aardse maghebbers teen My wil gerig sal wees, sal u hulle herken as afgesante van Satan en u sal elke vrees vir hulle verloor, want u geloof sal u die krag gee om te weerstaan. U het dan geen vrees meer vir die wêreld en haar aanhangers nie, maar hou uself meer en meer vas aan My, as Die Een vir wie u ontsag het en wat tegelykertyd deur u bemin word.
Wie egter swak van geloof is, sal angstig word en ook die aardse maatreëls met besorgdheid gadeslaan. By hom wat swak van geloof is, is Ek nie altyd teenwoordig nie. Hy het nog te veel aandag vir die wêreld, ofskoon hy haar nie begeer nie, maar hy bly daardeur nie onaangeroer nie, want dit beheers nog sy gedagtes en dit hou hom nog teveel af van die geestelike strewe. En hy sal ook bevrees wees en sodoende deur die aardse geweld erg in die noute gebring word. Maar Ek wil hom van die vrees afhelp en sou hom wil toeroep: ‘Ek sal u altyd tot Redder wil wees as u maar net heeltemal wil glo in My liefde en My mag.’
Ek vermag alles en Ek wil ook alles doen wat u tot seën strek, glo dit en weet dat Ek steeds aan u kant staan as Satan se volgelinge u bedreig en u van My af wil wegrokkel. En as u self bewus is van My teenwoordigheid, dan sal alle angs verdwyn en sonder vrees sal u die vyand die hoof bied. Deur die geloof in My is u sterk en u het dan geen vrees meer vir u liggaamlik lewe nie, omdat u weet dat daar geen dood bestaan vir hom wat in My glo nie. Dat u liggaam dus wel gedood kan word, maar nooit die siel nie, dat Ek egter ook u liggaamlike lewe behoed solank u uur nog nie gekom het nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205