Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

GOD LAAT DIE GELOOFSTRYD TOE
9 Julie 1944
Die mense sal deur wêreldse verordeninge in die grootste konflik betrokke raak, en die tyd is nie meer ver nie. Hulle sal gedwing word om openlik oor hulle geloof standpunt in te neem, en God sal dit toelaat, omdat dit nodig is dat die mense hulleself besighou met die vraag oor hulle sieleheil - en waaraan hulle tot nou toe geen aandag bestee het nie. Hy laat toe dat hulle deur `n aardse mag verdruk word en in `n noodtoestand raak ter wille van hulle geloof, sodat hulle `n duidelike besluit moet neem hoe hulle teenoor hulle geloof staan. Hy laat elke mens sy vryheid toe, dit wil sê, deur God word geen mens gedwing om Hom te erken nie, as die innerlike stem hom nie daartoe beweeg om God getrou te bly en dat hy innerlik deur die Stem gedwing voel om Hom voor die wêreld te bely nie.
God laat hom innerlik waarsku en vermaan, (die stem van die gewete/opmerking van die uitgewer) en spreek waar nog twyfel heers en wanneer die mens `n swak wil het. Hy sal almal bystaan wat nog twyfel en Hy sal Hom aan hom openbaar, en as die mens van goeie wil is, sal hy ook weet hoe om te beslis, want die ligwesens aan wie hy toevertrou is, sal hom help en sy gedagtes in `n goeie rigting lei.
Baie mense sal egter die kosbaarste weggooi, naamlik die geloof in Jesus Christus as Goddelike Verlosser. Hulle sal die wêreld sonder bedenkinge kies en hulle siele in groot nood bring. Diesulkes vermaan God eers nog deurdat Hy hom Self tegemoet kom deur Sy werktuie, deurdat Hy hulle die krag van die geloof leer ken en sodoende buitengewone bewyse gee wat tot geloof kan lei as hulle nie geheel weerspannig teenoor God is nie.
Daarom laat God die stryd teen die geloof toe en laat dit vorm aanneem teen die verdorwenheid wat die mense kenmerk, want Hy wil Hom in die tyd Self openbaar sodat die mense gered kan word wat nog slegs `n klein aansporing nodig het om tot geloof te kom.
Daarom sal Hy ook nie die aardse mag hinder as hulle openlik optree teen die mense wat God bely nie, want nou word die mense gedwing om `n beslissing te maak wat besonder belangrik is vir die siel. Dit bestem die lot van die siel vir die ewigheid of sy ten lewe of ten dode sal ontwaak wanneer sy van die aarde skei. Sodat die mense dus nog die korrekte beslissing kan neem, poog God om hulle nog vroeër tot insigte te bring.
Hy trag om hulle te beïnvloed deur aardse - en deur geestelike dienare wat hom bystaan as hy nie weet wat hy moet laat los nie. Maar Hy sal hulle wil nie dwing nie, daarom is dit noodsaaklik dat die mense van aardse kant self tot `n beslissing gedwing word sodat hulle so van die vryheid van hulle handeling verseker is.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205