Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE TEËSTANDER WEET DAT HY NIE BAIE TYD MEER HET NIE
9 Januarie 1953
Die teenwoordige tyd staan onder die invloed van My teëstander, wat tog nie wil sê dat Ek My mag, My liefde en barmhartigheid nie laat sien nie. Die mense self gee hom geleentheid deur hulle wil, hulle gesindheid, hulle handeling en hulle spraak. - Hulle verwyder hulself daardeur van My en kan op die manier nie meer die invloed van My liefdestraling bespeur nie, waarvan die werking hom van sy invloed kon bevry. Dit is nou die tyd van die einde soos dit geskrywe staan, en hy weet dat hy nie baie tyd meer het nie.
Daarom woed hy baie opvallend en word tog nie deur die mense herken nie, en My teëstander stry besonder hard waar daar duidelik na My gestreef word. Dit sal altyd die verklaring vir u wees wanneer mense, wanneer hulle strewe na die geestelike, in konflik raak met hulleself of met hulle omgewing.
Die geestelike strewe, dit wil sê die blik wat u op My rig, is vir My teëstander `n gruwel en vervul hom met haat en vernietigingswoede. Hy bedink die skandelikste planne en die uitwerking daarvan is duidelik onder My kinders te bespeur, onder hulle wat My getrou wil dien, onder hulle wat die lig ontvang en moet uitdra in die wêreld. Want die "lig" onderbreek hom hinderlik in sy dwaallig, die lig van Bo steur hom en hy sal dit graag wil uitdoof. Hy veg om elke siel wat hy dreig om te verloor, en omdat die grootste deel van die mense hom vrywillig volg, is hy vertoornd oor elke siel wat hom herken en hulself nou van hom losmaak.
Dit is `n verskynsel van die tyd wat alleenlik begryp sal word deur die mens wat die oorsaak en doel ken van die beëindiging van sy aardse periode, wat weet van die stryd tussen Lig en duisternis en van die nabye einde. En hoe meer die einde nader kom, des te heftiger sal hy woed en verwarring stig onder die mense. Vir hom is elke lis en elke leuen goed, hy gebruik alle wapens gewetenloos, ook as hy vir die siel teen wie hy veg, die dood moet bring. Hy sal onder `n masker optree en dikwels moeilik herkenbaar wees, hy sal ook onder hulle wat Myne is, verskyn en u met alle misleiding deur sy masker laat mislei. En Ek verhinder hom nie daarin nie, want tot aan die einde van die wêreld het hy mag en krag en kan hy dit ook beproef. Maar in gelyke mate staan Ek ook gereed met My barmhartigheidsgawes, wat, as dit maar benut wil word, die oorwinning oor hom behaal word op die dag van die oordeel.
Wat lank vooraf aan u mense verkondig was, moet ook vervul word, en daartoe behoort ook die woede van Satan in die laaste tyd voor die einde. Tog is daar vir u almal altyd `n weg wat uit die chaos voer, daar bly vir u `n toevlugsoord oor waarheen u kan vlug voor elke gevaar. Kom almal na My toe as u belas en belaai is, Ek sal u verkwik. Bring al u leed, u bang vrae, u angste, sorge en vertwyfeling na My toe, Ek staan altyd en oral vir u gereed. Ek sal u altyd bystaan en krag gee as u swak is en Ek sal u uit die nood van u siel wegneem. Want die wat My ernstig soek, hoef nie te vrees om in die hande van My teëstander te val nie, omdat Ek reeds by hom is as hy na My verlang.
Nog `n kort tydjie, en die vlam van die wêreldbrand wat My teëstander sal ontsteek, om homself in die gloed te verberg, sal hoog oplaai, sy tyd het nog nie ten einde geloop nie, dus is hy nog druk besig en benut hy die tyd goed. Maar dit sal beëindig word wanneer Ek dit wil, want Ek is waarlik Gebieder oor hemel en aarde, oor die goeie en slegte geesteswêreld, en niks kan geskied sonder My wil of toelating nie.
So is dit My wil dat hy vir `n duisend jaar lank gekluister word, dat die mag en invloed oor die menslike geslag hom vir `n tyd ontneem word. Dit is My wil dat daar eenmaal weer vrede sal kom onder die mense, en dat hulle wat hulself as Myne laat ken, verlos kan word van sy gewelddadige invloed.
Dit is My wil dat hulle wat Myne is die oorwinning oor hom behaal, dus sal Ek hulle ook nie in die tyd van die hewigste stryd verlaat nie, en Ek sal hulle steeds naby wees en nie toelaat dat hulle bo hulle kragte deur hom verdruk word nie. Ek wil graag steeds by u wees, dit wil sê u moet ondanks alle aanvegtinge van sy kant af altyd in die liefde volhard, omdat Ek self by u kan wees en hy van u moet wyk, wat hy nou beslis teen My verloor het.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205