Boek 4 - Die Antichris
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

DIE GELOOF IS IN GEVAAR
Augustus 1950
Op `n onverantwoordelike manier sal die Antichris optree teen almal wat nog glo in `n God van Hemel en aarde, want hy sal die mense dwing tot die verloëning van die geloof wat van My uit `n absoluut vrye wilsbeslissing van die mens is. Hy dwing hulle onder bedreiginge en met maatreëls wat vir die mense ondraaglik lyk, om welke rede hulle te swak is om weerstand te bied. Daarom moet daar gesê word; “die geloof is in gevaar”.
Dit moet almal laat dink wat Ek benader deur My afgesante op aarde, aan wie My woord, wat My afgesante van My af ontvang het, oorgebring word. Die geloof is in gevaar!
Weet u wat dit beteken om openlik `n standpunt te moet inneem en tegelykertyd die grootste aardse nood tegemoet te gaan? - Weet u hoe die mense teenoor u elke lering van die geloof sal afkraak en vir u die sinloosheid daarvan sal wil bewys, en hoe weinig u daarop sal kan antwoord? - Weet u hoe moeilik dit vir u gemaak gaan word om te kan standhou in u geloof in My, u God en Vader van die ewigheid? - Hoe hulle alles van u sal afneem en ruïneer wat vir u tot nou toe onaantasbaar lyk. Hulle sal brutaal handel en optree teen almal wat, hulle eis om My te verloën, vasberade van die hand sal wys, en met dit alles voor oë sal sommige meer swak word en My sonder weerstand verraai, want dit ontbreek hulle aan die krag van die geloof wat uit die suiwer waarheid ontspring.
Ek wil u attent maak op die tyd en u daaroor alreeds opheldering gee, omdat Ek die gesteldheid van elke mens persoonlik ken. Ek ken ook die nood waarin u geraak het, deur die aktiwiteit van My teëstander, wat homself deur sy maatreëls duidelik laat ken. Ek wil u oor sy sukses inlig, omdat hy baie aanhangers sal vind, want hy stry met lis en geweld. Hy sal slaag waar hy nie moes slaag nie, hy sal die geloof aan die wankel bring wat onwankelbaar lyk. Hy sal geloofsleringe sonder moeite omvergooi, want hy kan goed praat en sal die mensdom die dwaasheid van hulle denke bewys. En die wat My nie in die hart dra nie, sal hom toejuig en gelyk gee, en sy mag nog aansienlik versterk. Hy sal bereik wat niemand tevore bereik het nie, naamlik `n mag ten gronde rig wat as onoorwinlik beskou was. Maar `n muur sal hy nie kan neerslaan nie, teen weerstand sal hy stuit en wel daar waar My stryders onder My leiding staan. Daar het hy geen kans nie, want My stryders is onoorwinlik omdat die skild van die geloof hulle beskut, `n geloof wat so lewend is, dat die krag in hulleself is en nie aan die wankel gebring kan word nie.
My stryders ontvang die krag regstreeks van My af, want hulle sal My kan hoor en sien en voor geen versoeking beswyk nie, hulle sal daarom wetend wees en ook insien welke uur geslaan het en hoe naby die einde is. Die ware kennis gee vir Myne die krag om te volhard tot aan die einde toe, maar die ware kennis ontbreek by die meerderheid van die mense en wanneer dit vir hulle vertel word, sal hulle dit nie aanneem nie.
Ek weet egter wat kom en sal u wil help, maar Ek kan dit slegs doen deur opheldering volgens waarheid vir u te gee oor die stryd van die Lig teen die duisternis in die laaste tyd voor die einde. Dus opheldering oor die groot mag van My teëstander en die nog baie groter liefde van u Hemelse Vader en Sy barmhartigheid, wat vir almal geld wat by Hom wil bly. Wat daarom die ernstige wil het om aan die klein kudde te behoort Wie se Herder Ek is en wat Ek dus nie sal verlaat in die verskriklikste geloofstryd wat die mense van die aarde nog voor die einde sal belewe nie.
AMEN

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205