Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die oorsaak van die nood op aarde

101 Nou sê die herbergier: “Majesteit en Heer, ek dank U vir hierdie les, nie net vir myself nie, maar ook uit naam van almal in my huis wat deur U genees is; want daardeur is ons in staat gestel om onsself te leer ken en dus ook die ryk van God in onsself! Wat ons te doen staan weet ons nou duideliker as ooit tevore; en omdat ons dit nou weet, sal ons ook daarvolgens handel en ons nie meer deur die wêreld op `n dwaalspoor laat bring nie. Versterk ons wil met U barmhartigheid en liefde, sodat dit steeds gelyke tred hou met ons insig in die waarheid uit U, tot aan die ligtende doel van ons lewe; want die ken van selfs die allerligste waarheid is nie voldoende, as dit gepaard gaan met `n swak en trae wil nie! Die wil is egter die krag van die liefde in ons; soos wat dit daarmee gestel is, so staan dit ook met ons wil. Versterk daarom, o Heer, in ons veral ook die liefde vir U en ons naaste!”

[2] Ek sê: “Jou bede is waaragtig en korrek en sal ook volledig verhoor word; maar as `n mens om onbeduidende en dwase dinge van hierdie wêreld bid, sal hy meestal nie heeltemal deur My verhoor word nie. Wees nou dus heeltemal gerus; in jou handel sal jy ook die volledige verhoring van jou bede vind, asook almal wat jy in jou bede opgedra het. Want dit is altyd welgevallig vir My wanneer iemand uit suiwer liefde met `n korrekte bede by My kom; die sal nooit onverhoord bly nie. Maar die versoek en die gebede van die mense wat hulle as dienare van God hoog laat eer en prys en hulle vir hulle niksseggende vra en bid werklik onbarmhartig duur laat betaal, sal nooit ook maar in die minste deur My verhoor word nie. Want wat iemand nie uit ware liefde vir sy naaste doen nie, maar net om in die oë van die wêreld te skitter, het vir My geen waarde nie.  

[3] As jy met jou regterhand jou naaste `n weldaad bewys, laat jou linkerhand dan niks daarvan merk nie; God, wat alles goed sien, hoe verborge dit ookal is, sal dit sekerlik aan jou vergeld!

[4] Wanneer iemand sy oortollige geld uitleen, moet hy dit nie leen aan diegene wat hom hoë rente daarvoor kan betaal nie, maar aan diegene wat eg in nood sit, sonder rente! En as die hom sy kapitaal nie kan terugbetaal nie, dan moet hy geen wrok daaroor koester en geen beslag lê op die armes wat gereeld buite hulle skuld arm geword het nie, maar hulle in alle vriendelikheid en naasteliefde kwytskeld wat hulle hom skuldig is; waarlik, dan sal Ek die so barmhartige gelowige sy kapitaal met hoë rente terugbetaal en `n groot skat in die hemelryk vir hom gereedlê, waar hy ewig in alle oorvloed van sal kan lewe.

[5] Waarlik, ook `n sluk vars water, wat julle in liefde aan `n dorstige mens aangebied het, sal deur My beloon word!  

[6] As die mense almal op die manier met mekaar sou lewe en volgens God se wil en raad sou handel, wat al baie gereeld aan hulle geopenbaar is, sou daar op hierdie aarde ook nooit enige nood, verdrukking en ellende onder hulle ontstaan het nie. Die mense veroorsaak alle ellende maar net self deur hulle kwade gees van woeker. In eerste instansie ly die klein en die armes, maar daarna kom dit duisend maal erger oor die groot en magtiges; want deur hulle neiging tot woeker en hulle ten hemel skreiende heerssug, is hulle diewe en rowers van die volkere en hulle kan van My dus ook op die regte tyd hulle verdiende loon verwag.

[7] Kyk maar na al die groot koninkryke op die aarde wat vir julle bekend is! Waar is die vroeër so magtige konings van Babilon, van Nineve en van Griekeland, en die magtige Egiptenare en hulle farao’s? Hulle het almal verdor; en so sal dit ook met die groot rykes in die toekoms gaan, vanweë hulle woeker en hulle te groot heerssug! Want die al te selfsugtige woeker, die te groot heerssug en die sug om te skitter vorm die eintlike Satan, `n vors van hierdie wêreld wat - omdat hy geen enkele lewenslig uit die hemele besit nie - volkome die hel self is, en aan wie dit wel toegestaan is om hom ter beproewing van die vrye wil en sy liefde tot `n sekere hoogte te verhef; maar as die hoogte oorskry word, kom die oordeel, en dan word die hel en Satan in die afgrond van die verderf gestort. Bly dus almal in My leer en stry met suiwer liefde, goeie wil en alle sagmoedigheid en deemoed teen die hel en teen die Satan, dan sal julle die oorwinningskroon van die ewige lewe daarvoor ontvang en reeds op hierdie aarde `n ware Godsryk stig!

[8] Ek het dus ook nie in hierdie wêreld gekom om haar, netsoos sy is, vrede en rus te bring nie, maar die swaard om teen haar te stry; en Ekself het as die ewige Waarheid die swaard! Daardie swaard het Ek ook aan julle gegee vir die stryd teen die hel en haar woedende mag. Vrees dus nie diegene wat wel julle liggaam kan dood, maar die siel nie kan beskadig nie; en as julle iemand vrees, vrees dan die Een wat alle mag besit in die hemel en op die hele materiële wêreld, en wat as enige Majesteit en Heer oor die lewe is en `n van sondes vervulde siel in die diepste afgrond van die hel en die ewige dood daarvan kan stoot! - Het julle dit begryp?” 

[9] Almal sê: “Ja, Majesteit en Heer; maar dit is treurig dat ons mense in hierdie wêreld, wat baie seker al `n volmaakte hel is, die hemel moet beveg! Weliswaar was die hemel al baie gereeld onder die mense gevestig gewees in hierdie wêreld, maar dit duur elke keer maar `n kort tyd! Maar al te gou laat die aloue hel hom geld onder die mense en maak hulle tot duiwels; slegs baie weiniges in `n verborge uithoek van die aarde slaag om heeltemal die hemel in stilte in stand te hou en te bewaar. Sou dit op hierdie aarde egter nie anders kan word nie? Sal hierdie aarde vir altyd `n oesveld van die dood bly en `n ewige graf van alles wat asemhaal en leef?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205