Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die weg van die mense na die doel

103 Hierop bedank almal My weer vir hierdie les.

[2] Die herbergier sê: “O Majesteit en Heer! Hierdie woorde van U het op my `n diep, blywende indruk gemaak, wat my innerlik helder deurstraal. O, wat se onmeetlike diepte van U liefde en wysheid is nie daarin geleë nie! Oor die wonderbaarlike betrekkinge tussen God en die skepsels kan slegs die Gees van God sulke meer as helder en waardevolle opheldering gee aan die mense, wat ook Sy skepsels is, en daaraan kan ons sien waarom God Sy wil aan die mense geopenbaar het en waarom hulle dit deur hulle handeling as te ware tot hulle eiendom moet maak!

[3] Wêreld, o wêreld, waar staan jy nou met jou so hoog geprese wysheid! O Majesteit en Heer, sou dit vir U nie moontlik wees om so `n lig in die verstand van die mense te lê nie? As almal dit by hulleself sou insien, sou baie ten slotte ophou om te sondig.”

[4] Ek sê: “Jy meen dit wel goed met die mense, maar tog sou dit volkome vergeefse moeite wees! Ek sou maar net die wil van die mens geweld aan hoef te doen - sy wil wat vry moet wees, omdat die mens anders geen mens sou wees nie; maar as Ek dit sou doen, sou die mens al geoordeel wees en sou hy hom nooit kan verhef tot `n selfstandige lewensvryheid nie.

[5] Deur net die verstand van die mense te verlig, sou die goeie saak egter nog minder gedien het as wanneer hulle van buite af onderrig word deur `n medemens, wat aan die hand van My leer wys en sterk geword het. Maar as soveel mense nou nie in My glo nie, terwyl Ek in hulle teenwoordigheid nie alleen onderrig gegee het nie, maar ook tekens gedoen het wat vóór My nog nooit deur iemand gedoen is nie, sal hulle hulle eie verstand, waarmee hulle alleen geen tekens sou kon doen nie, nog minder vertrou; want hulle hart en wil sou nie so maklik en vinnig soos wat jy dink in volledige harmonie kom met dit waarvan hulle insien dat dit waar en goed is nie. Want ook al sien `n mens met sy verstand al die goeie en ware baie duidelik in, terwyl sy hart nog vol allerlei wêreldse dinge is, dan kos dit hom nog baie harde stryd met sy eie wêreld, voordat dit uit die hart en die wil daarvan verwyder word en die mens dan ook maar net liefhet en wil, wat hy as waar en goed onderskei.

[6] Eers as die liefde, die wil en die van die waarheid vervulde verstand in die handel één geword het, het die mens ook die wedergeboorte van die Gees uit God in sy siel binnegegaan en daarmee ook in die eerste graad van God se mag in homself en kan hy in die toestand ook al tekens doen.

[7] Maar iemand, wat dikwels te veel vervul is met die wêreld, kan nie so vinnig en maklik tot die toestand kom nie, en die rede daarvan het Ek jou al getoon; maar sonder die bereik van die toestand, bly Elke suiwer verstandelike kennis vir die mens maar net wat alle ander kennis vir hom is; vir die vervolmaking van die innerlike mens het dit maar heel weinig waarde en is dikwels eerder skadelik as nuttig. In die algemeen is dit vir die mens beter as hy, gepla deur allerlei bedenkings en twyfel, die waarheid van die lewe moet soek, as wanneer hy dit al in sy verstand sou hê as `n son wat skielik opgegaan het, terwyl hy in sy liefde en in sy wil nog lank nie die krag besit om daarvolgens te kan handel nie. Daarom moet by die mens, sy hart en verstand steeds tegelyk geleidelik ontwikkel en sterker gemaak word, anders kan geen mens eg vooruitgaan in insig en die handeling daarna nie.

[8] Welke nut sou twee manlike sterk arms, geskik vir elke werk, vir `n mens hê, as sy voete deur jig verlam sou wees? En waarvoor sou dit goed wees om aan één kar twee osse sodanig in te span, dat die een na vore en die ander na agter trek? By twee sterk manlike arms hoort ook twee gesonde en sterk voete, en vir `n kar moet die diere vooraan ingespan word, anders kan en sal daar geen vooruitgang wees by die werk en die beweging van die kar nie. Daarom is die manier waarop Ekself nou die mense tot die werksame lig van die lewe bring, wel die beste, en julle moet dit na My ook nie anders doen nie.

[9] Het jy, My vriend, dit nou netso duidelik begryp as My vroeëre les, waarmee jy die verstand van alle mense onmiddellik verlig wou gehad het?”

[10] Die herbergier sê: “O ja, Majesteit en Heer, hier blyk weer die ewig ware grondbeginsel, volgens welke `n goeie en wyse vader die lewensbehoeftes van sy kinders beter ken as sy kinders self, wat in baie dinge nog volkome onervare is. Ek dank U ook vir hierdie belangrike les!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205