Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer genees die Griek wat `n siek maag het

11 Ek sê: “Vriend, jy vra nou iets heel uitsonderliks van My! Jou verstand sit veels te vol met wêreldse en derhalwe materiële dinge; hoe sal dit dan geestelike dinge kan begryp? Ons egte, ou en ware Judeërs het ons verstand egter gevul met geestelike dinge; daarom is dit vir Ons ook aantoonbaar en kon Ons dit sonder baie moeite begryp.

[2] Daar bestaan wel `n ooreenkomstige verband tussen wat van die gees en wat van die materie is. As jy tuis sou wees in die wetenskap, sou dit maklik wees om aan jou te toon dat alleen ons ou en suiwer Judeërs die volle waarheid besit, maar dat alle heidene, ondanks al hulle wêreldse wysheid, tog valse en onware leerstellings aanhang; maar die innerlike wetenskap is vir julle vreemd, en langs `n ander weg kan julle moeilik aangetoon word dat ons Judeërs as enigstes die volle waarheid besit.

[3] Dawid, wat die een, ware God alleen daarom besing het omdat hy nie net in Hom geglo het nie, maar Hom ook gesien en voortdurend met Hom gepraat het. En ons sanger, wat self `n suiwer Judeër is, het heeltemal gelyk dat hy deur sy harpspel en sy gesang alleen aan Hom die eer gee, aan Wie sedert ewigheid as Enige die eer toekom! Daarom moet hy ook vir die heidene, vir wie Dawid na die ou waarheid teruggeroep het, slegs die Psalms van Dawid sing, sodat hulle harte sagter kan word en meer kan oopgaan om die een, ewig ware God te kan herken en te aanbid; en dié God is vir `n waaragtige mens nie so verborge en ontoeganklik as julle gode nie, wat maar net uitgevind en naderhand deur mensehande uit dooie materie gemaak is. Dat dit inderdaad so is, kon Ons jou byna almal ook prakties bewys, hoewel jy daardeur nie nader aan die innerlike, geestelike en dus alleen op sigself lewende waarheid sal staan as nou nie.”

[4] Die Griek sê: “Vriend, gee my `n praktiese bewys, dan sal ek met al my metgeselle in die God van die Judeërs glo en ook die gebooie hou wat Hy, volgens wat mense sê, gegee het, en bowendien nog vele duisende tot my geloof bekeer!”

[5] Ek sê: “Goed dan! Ek as `n ware Judeër der Judeërs, wat die een, enig ware God en Heer van hemel en aarde goed ken en ook weet dat Hy bestaan en hoe Hy is, kan vir jou onmiddellik so `n bewys gee. Jy het nog las van jou maag, en daarom durf jy ook byna niks eet of drink nie, hoewel jy voel dat jy nou aansienlik honger en dors begin te kry. Hoeveel het jy op advies van die priesters al nie aan jou afgode geoffer, en hoeveel geneesmiddels het jy nie al gesluk nie! Het dit alles jou kwaal ook maar in die minste versag? Jy sê: “Nee, allermins nie!” Maar Ek wil jou, deur die een, enig ware God van die Judeërs innerlik aan te roep, in één oomblik sodanig help, dat jy nooit meer iets van `n maagkwaal sal merk nie!” 

[6] Die Griek sê: “O Vriend, as Jy dit sonder geneesmiddel kan, glo ek nie alleen in julle God nie en sal ek Hom ook dadelik saam met my metgeselle alle eer bewys, maar dan wil ek Jou ook die helfte van my nie geringe vermoëns skenk!”

[7] Ek sê: “Vriend, dit het Ek nie nodig nie; want My enig ware en almagtige God gee My en Ons almal altyd wat Ons nodig het. En dus het Ons nie netsoos julle heidene aardse skatte nodig nie; want die skatte van God se Gees in Ons staan eindeloos baie hoër as wat die hele aarde en die hele sigbare hemel werd is, waarvan jy jou dadelik sal oortuig. Kyk, nou roep Ek in Myself in stilte JaHWeH God aan, sodat Hy jou sal genees en jou maag sal sterk - en sê My nou of jou maag al beter is!” 

[8] Nou staan die Griek buitengewoon verbaas en sê: “Ja, nou glo ek sonder enige twyfel dat alleen julle God die enig ware is! Want toe Jy, Vriend, die woorde tot julle God nog maar nouliks uitgespreek het, voel my maag skielik baie goed, selfs beter as wat ek ooit in my gesondste jong jare gevoel het, en die welstand voel ek nog steeds en ek het nou eers erg honger en dors. U enig ware God is vanaf nou tot aan die einde van my lewe al my dank, alle eer en al my diepste hoogagting en oorgawe aan Sy heilige, oppermagtige wil! O, mag Hy ons heidene verlig netsoos Hy julle verlig het, sodat ons Hom steeds grondiger kan leer ken en Hom alleen die juiste, aan Hom welgevallige eer gee!

[9] En jy, voortreflike Psalmsanger, bly jy maar by jou goeie, ware kuns en besing altyd en oral die eer van die enig ware en egte almagtige God; want alleen Hom kom alle eer toe, nie net van ons mense nie, maar netsoos die Psalm sê, ook van al die geskapene, wat Sy werk is. Want nou sien ek goed in dat alleen Hy alles, die hemel en die aarde, die son, die maan en alle tallose sterre geskape het. Hoe? Daarna sal ek nooit vra nie; want dit is voldoende dat ek nou weet dat Hy heeltemal alleen die oergrond van alle dinge is, en dat alleen Sy wil die eintlike stof van elke bestaan is. In daardie geloof wil en sal ek voortaan lewe, handel, dink en ten slotte ook sterf.

[10] Maar Jy, dierbare, van God se Gees vervulde Vriend, dank ek ook, omdat Jy my in hierdie so belangrike lewenskwessie so getrou en volgens waarheid onderrig het, waardeur ek byna nog meer gehelp is as deur die genees van my maag, wat so sleg daaraan toe was. Maar omdat ek nou egter lus het vir spys en drank, sal ek nou weer aan ons tafel gaan sit en my liggaam met mate verkwik en versterk!”

[11] Ek sê: “Doen dit sonder enige vrees en bid God vóór die eet of Hy nie vir jou en alle mense die spyse en die drank wil seën nie; dan sal Hy so `n bede altyd verhoor, en alle vir mense bedoelde voedsel, sal heel bevorderlik vir jou wees en jou liggaam waarlik voed en versterk! So is dit en bly dit!”

[12] Na hierdie woorde van My begewe die Griek hom baie dankbaar weer na sy tafel, bid God om Sy seën en eet en drink vervolgens met `n opgewekte gemoed, en het geen angs meer dat een of ander spys en drank hom sou skaad nie. Wat die een Griek nou egter doen, dit doen ook al sy vele metgeselle en hulle eet en drink daarna met baie genoeë en vreugde verder; en ook spreek hulle baie met mekaar oor die waarheid met betrekking tot die bestaan van die God van die Judeërs, en hulle bly hulle maar daaroor verwonder dat die ware God van die Judeërs die mense, wat eg in Hom glo, al hulle vertroue op Hom stel en Sy gebooie hou, soseer met Sy mag ondersteun dat mens ten slotte haas sou kon dink dat hulleself gode was.

[13] Na enkele sulke gesprekke, waar Ons die gebeurtenisse in Essea bespreek, staan die nou volledig versadigde Grieke op, dank die ware God van die Judeërs vir Sy seën en vra Hom in gebed, of Hy altyd met die barmhartigheid by hulle sou wil bly en ook by alle mense wat Hom daarom in geloof en vertroue sou smeek.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205