Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer genees die siek leier van die kooplui

111 Daarop kom daar `n paar Perse met `n tolk na ons toe, wat die herbergier wou spreek.

[2] Die herbergier vra hulle heel vriendelik waarmee hy hulle van diens kan wees.

[3] Die tolk sê: “Beste vriend, ons het hier al enkele keer ons intrek geneem en het in jou steeds `n regverdige, billike en derhalwe ook seldsame mensevriend gevind, daarom het ons jou ook hierdie keer besoek op ons handelsreis na Tirus. Ons was altyd tevrede met jou gewees, en ook jy sal nooit rede gehad het om jou oor ons te bekla nie. Hierdie keer is ons op ons reis hierheen deur `n ondeurgrondelike raadsbesluit van `n god egter deur teenspoed besoek, wat baie negatiewe gevolge het vir die sake wat ons hier doen ten behoewe van ons familielede tuis.

[4] Weliswaar het ons niks kwytgeraak van ons skatte en ware wat ons meegeneem het nie, maar wat in feite byna erger is as die so juis genoemde verlies, is die feit dat ons belangrikste en beste leier siek geword het. Hy het al `n paar dae lank gekla dat hy van tyd tot tyd deur ongewone pyne in sy maag en ook in sy kop oorval word. Toe ons onsself nou met jou brood en wyn gelaaf het, het hy weer die pyne gekry, en hierdie keer bedenklik baie hewiger. Is hier dalk ook `n arts wat ons leier sou kan help? Werklik, hy sal koninklik deur ons beloon word! Maar sou die goeie man - netsoos by sulke siektes dikwels die geval is - nie onmiddellik gehelp kan word nie, dan wil ons jou vra of ons ons lydende vriend hier aan jou sorg mag toevertrou; en as ons oor `n paar dae weer hierheen kom - waarop jy vas en seker kan reken - sal ons jou alles tienvoudig vergoed wat jy vir die versorging van ons vriend nodig gehad het.” 

[5] Die herbergier sê: “Beste vriende, daarvoor hoef julle egter nie soveel woorde gebruik nie; want ek sal dadelik vir alles laat sorg. Daar is nou wel `n vooraanstaande en uitstekende Arts in my huis, wat die siek man met een slag vir altyd sou kan help; maar van diegene wat hulp by Hom soek, verlang Hy `n volledige geloof sonder enige twyfel, volgens ons ou Judese tradisie. Maar julle glo slegs aan bepaalde, deur mense bedagte gode, wat nooit iemand kan help nie, en nie in die een, ware en lewende God van die Judeërs nie, wat as enige almagtig is en ook elkeen kan en wil help wat Hom daarom vra; ek weet dus nie of die genoemde Arts in my huis julle siek vriend wel sal wil help nie.”

[6] Die tolk sê: “Vriend, jy vergis jou baie in ons, as jy dink dat ons nog net sulke afgodedienare is as ons ou voorvaders onder die Babiloniese oorheersing dit was! Ons ken die een en enig ware God van die Judeërs ook en vereer Hom in stilte in ons hart; alleen vir die skyn, vir die blinde wêreld, betree ons af en toe nog `n ou afgodstempel en bewonder daarin die nouliks voorstelbare domheid en blindheid van die mense. Ons het ook al dikwels stil in ons hart gebid of die een, enig ware God by ons in die môreland ook net `n ware lewenslig wil laat opstaan, aangesien ons immers al lank genoeg in die diepste lewensnag versmag het - wat ons natuurlik maar net weet deurdat ons deur die handel met baie volkere omgaan en ons op die manier menige troostende waarheid eie gemaak het; maar ons bid was tevergeefs.

[7] Vir `n blindgeborene is die eie ewige nag seker geen las nie, en hy verlang nie na die lig, waarvan hy die waarde nie ken nie; maar wie dit kan sien en blind geword het, sal die lig seker op pynlike wyse mis; en so voel ons dit ook, daar ons al lankal siende geword het, terwyl ons tuis as te ware geblinddoek moet rondloop.

[8] Hieruit sal jy wel kan aflei dat julle lig vir ons nie vreemd is nie. En omdat jy nou wel kan inskat dat ons Perse ook in staat is om op julle manier te glo en jou Arts, wat ons siek vriend alleen via die weg van die geloof sekerlik kan help, dus niks op ons aan te merk sal hê nie, sou jy Hom namens ons wel kan vra of Hy Hom oor ons vriend wil ontferm!”

[9] Die herbergier sê: “Dit sal wel so wees soos jy my nou vertel het! Maar die Arts wat deur my aanbeveel is, is `n wonderbaarlik skerpsinnige Man; Hy kan in die diepste innerlike van die mense kyk, ken selfs hulle mees geheime gedagtes en weet presies watter hart en gemoed iemand het. Maar Hy is ook so magtig in Sy wil, dat selfs alle elemente en alle kragte van die natuur daaraan moet gehoorsaam. As Hy julle, terwyl Hy dergelike eienskappe het, aanstaan, wil ek Hom wel aan julle voorstel!”

[10] Die tolk sê: “Met sulke eienskappe staan Hy ons almal sekerlik baie aan en is Hy tegelyk presies wat ons wens; jy kan Hom nou dus des te geruster aan ons voorstel, in die sekerheid dat ons as gevolg van ons handel en wandel geen vrees vir Hom het nie en dat ons alles sal doen wat Hy van ons sal verlang!”

[11] Nou sê Ekself aan die tolk: “Vriende, laat Ons die herbergier die moeite spaar om julle voor te stel aan die Arts, wat alles kan! Ek is dit Self en het terwille van julle nog hier gebly; want Ek wis al lank vantevore dat julle My nodig sou hê. Ek het julle aankoms al `n uur gelede aan die herbergier aangekondig, met die bedoeling dat julle vandag, terwyl dit selfs `n nuwemaan Sabbat is, waarop geen enkele Judeër sonder toestemming van `n priester iets mag doen nie, tog na wens versorg sou word.

[12] En so weet Ek ook dat julle getroue en ervare leier reeds drie dae gelede in `n sleg versorgde herberg in die omgewing van die Eufraat sy maag met `n slegte vis en `n nog slegter wyn baie bederf het; en as Ek dit nie geweet het netsoos Ek dit nou weet nie, sou hy binne `n kort tyd daarna gesterf het. Alleen My krag en mag, wat tot nou toe volkome onbekend aan julle is, het hom tot op dié uur bewaar en sal hom gesond en wel behou, as julle in My sal glo en in die krag en mag van die een, enig ware God van die Judeërs.”

[13] Die tolk sê: “O wonderbare Heer in die hoogste en belangrikste kuns en wetenskap op aarde! Deur U woorde het ons daar in ons hart nou volledig van oortuig geraak dat vir U nie gou iets onmoontlik is nie - en dus glo ons ook vas en sonder twyfel dat U ons vriend seker en sonder moeite sal help, as U dit wil. En in ons troosvolle oortuiging dat U ons vriend sal help, vra ons U om in U goedheid te bepaal met welke offer ons U daarvoor kan betaal.”

[14] Ek sê: “Dit is ver van My; want Ek het vir My lewensonderhoud en dit van My leerlinge, nie nou nie, en ook nooit, menslike offers nodig nie! Maar laat Ons na die siek vriend van julle gaan, dan sal Ons sien of en hoe hy gehelp kan word!”

[15] Dit was wat die drie Perse die meeste van alle wense, en hulle bring My na die sieke, wat soos `n half vertrapte wurm kronkel en krimp van pyn en om hulp en dan wel om die dood smeek.

[16] Toe Ek na hom toe loop, lê Ek dadelik My Regterhand op sy maagholte en die vreeslike kramp verlaat hom vir altyd. Hy word dan ook op dieselfde oomblik so volkome gesond soos hy tevore nog nooit was nie, aangesien hy reeds vanaf sy geboorte aan `n swak maag gely het; maar nou word sy maag ook van sy ou swakheid genees, en word die siek man volkome gesond.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205