Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die opdrag van die Heer aan die Perse

112 Toe hy nou volkome gesond van sy lêstoel opstaan, loop hy vol vriendelikheid na My toe en sê (die geneesde):”O mees wonderbare Arts op die hele aarde, allereers my baie groot dank aan U en aan julle God, wat so `n wonderbaarlike geneeskrag in U hande gelê het, waarmee U my so ineens van my wanhopige pyne bevry het! Vra nou van my al my vele goud en nog ander kosbaarhede as beloning vir U kundigheid en inspanning, en dit sal U s`n wees!”

[2] Ek sê: “Dit het Ek alles nooit as te nimmer nodig nie; want as goud belangrik vir My sou gewees het, kon Ek jou ook nie gehelp het nie! Ek kyk slegs na `n getroue hart, wat God bo alles liefhet en sy medemense soos homself; waar Ek dit aantref, ook by `n heiden, help Ek elkeen wat My hulp nodig het. Jy kan jou goud dus wel vir ander goeie en God welgevallige doeleindes gebruik, en wel veral vir werk van ware naasteliefde.

[3] Maar wanneer julle op reis is, moet julle tog oppas vir bederfde visse, en laat alleen die visse as spys vir jou klaarmaak, wat jy tevore nog fris en lewendig in skoon water sien rondswem het; want alle bederfde vleis, en in die besonder daardie van visse, is nadelig vir die liggaamlike gesondheid van die mens. Onthou dit vir die welsyn van jou liggaam!

[4] Maar nou sê Ek julle almal nog iets, wat baie belangriker is as die volledige gesondheid van julle liggame, en dit is die volledige gesondheid van julle siele. Die kan julle ontvang en vir die ewige lewe bewaar, as julle die wette, wat verskeie van julle goed ken, ondanks die feit dat julle nie besnede is nie, presies opvolg. Daardeur word julle harte geestelik besnede, wat in God se oë eindeloos baie meer werd is as die julle bekende besnydenis van die Judeërs, wie se hart desondanks vir die grootste deel volledig onbesnede is.

[5] Oor ongeveer drie jaar, gereken vanaf nou, sal daar leerlinge van My ook in julle land na julle toe kom en die sal aan julle die koms van die ryk van God verkondig en Sy geregtigheid teenoor alle mense op hierdie aarde. Neem hulle op in My plek en glo hulle woorde, dan sal julle daardeur die lig ontvang, waarna julle beteres al solank na verlang, naamlik die lig van die een, enig ware God en Vader van alle Judeërs asook van alle mense op hierdie aarde, en daardeur ook die ewige lewe van julle siel. Dit is die enigste wat Ek van julle vra as beloning vir die liefde wat aan julle troue leier bewys is.

[6] Maar as julle oor enkele dae inTirus en Sidon kom, probeer dan om die ou opperstadhouer Cyrenius, wat julle ook goed ken, te ontmoet! Vertel aan hom wat julle hier oorgekom het en bring hom `n groet van My! Hy sal julle dan baie oor My vertel; want hy ken My al sedert My kindertyd en het My meer lief as sy lewe.

[7] Daar sal julle ook `n wonderbaarlike jongman aantref; hy sal julle baie verhewe wysheid meedeel, as julle na hom wil luister! (Dit is naamlik RafaEl, wat van tyd tot tyd sigbaar aan die hof van Cyrenius verblyf het.)

[8] En wees nou opgewek en vrolik, en dink in jou hart in Naam van JaHWeH van die Judeërs aan My, dan sal julle gespaar bly vir Elke teenspoed, sowel wat julle liggaam as julle siel betref!”

[9] Hierop verlaat Ek die Perse, nadat hulle My eers nog baie getrou belowe het dat hulle alles sou nakom wat Ek, kennelik alleen tot groot voordeel vir hulle eie lewe, met liefdevolle woorde van hulle gevra het.

[10] Die tolk en die geneesde begelei My en die herbergier nog na Ons kleiner eetsaal en bedank My nogeens vir die liefde en barmhartigheid wat aan hulle bewys is, soos wat hulle hulleself uitdruk.

[11] Maar Ek gee hulle ten antwoord: “Waarom spreek julle in dié geval eintlik oor `n barmhartigheid wat aan julle bewys is? Weet julle dalk nie dat slegs die konings van die aarde dit volgens geloof uitdeel nie?”

[12] Die tolk sê: “O beste Vriend, spreek nie oor die barmhartigheid van `n koning nie! Die grootste barmhartigheid van `n koning, wat hy in sy oormoed af en toe aan `n blinde troongunsteling verleen, is nog geen doudruppel vergeleke by die hele see van barmhartigheid wat U aan ons bewys het nie. U, Vriend, is met U goddelike eienskap meer as alle nog so trotse en hulleself magtig wanende konings van die aarde! Want U kan met U Woord en wil `n sieke sy volledige gesondheid teruggee; maar as konings siek word, kan hulle nie hulleself nie, laat staan `n ander sieke, help. Verwond en dood kan hulle goed, maar die gewondes weer genees en selfs die dooies weer tot lewe wek - dit kan hulle nie! Daarom is die grootste barmhartigheid wat `n koning aan iemand bewys, nie die vermelde werd vergeleke by hierdie enig ware barmhartigheid, wat U ons bewys het nie. Want U barmhartigheid gaan vergesel van U liefde en ware erbarming; maar aan die barmhartigheid van `n koning gaan gewoonlik die grootste hoogmoed en innerlike veragting van die arme mensdom vooraf. Wee diegene wat `n groot barmhartigheid van `n koning ontvang het! Want as hy daarna, nie steeds soos `n gehoorsame wurm voor die koning kruip nie, word sy barmhartigheid sy grootste onheil. Daarom het ons ook nooit verlang na die barmhartigheid van `n koning nie; maar aan U het ons gevra of U ons nooit met U waaragtige barmhartigheid sal verlaat nie!”

[13] Ek sê: “As julle dit in julle hart so voel, sal ook My barmhartigheid, wat deur julle herken is, haar nooit meer van julle skei nie. In diegene wat deur sy liefde in My liefde bly, bly ook My liefde deur sy liefde vir My, en derhalwe ook My barmhartigheid, wat enkel en alleen uit My liefde bestaan.”

[14] Vir hierdie toesegging bedank die twee my nog `n keer, buig diep voor My en gaan toe vol goeie moed na hulle metgeselle, wat hulle intussen nie genoeg kan verbaas oor My geneeskrag nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205