Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die land van die Indo-Judeërs

115 Toe die vier by Ons in die groot saal kom en My sien, val hulle dadelik van vreugde en liefde vir My aan My voete en dank My met trane in hulle oë vir alle groot seëninge en weldade, wat My liefde hulle geskenk het. Maar Ek sê aan hulle dat hulle moes opstaan, om plaas te neem aan Ons tafel en hulle te verkwik met brood en wyn, wat hulle dan ook doen.

[2] Kisjona en Ons Philopold begin dadelik navraag te doen na die land waar hulle woon en vra hoe mens daar kan kom.

[3] Die man sê baie vriendelik: “Ons land lê baie ver hiervandaan en jy sou dit tevergeefs soek; want voordat jy die meer as hoë berge bereik, moet julle oor baie ander hoë berge heen vanweë die vier groot riviere wat jy agter jou moet laat om die berge te bereik, wat ons werklike groot land aan alle kante sodanig omring dat nie eers `n adelaar bo die nog bo alle wolke uitstekende bergtoppe kan uitkom nie. Jy sou ook wel via die laagvlakte naby die berge van ons land kan kom, as die riviere nie daar was nie, waar die mense nog geen brûe oorheen gebou het nie, en veral nog nie oor die drie laastes nie. Slegs die Eufraat het `n soort brug op die plek waar hy nog smal is, maar die ander riviere sal waarskynlik geen brug hê nie. Ons ken tenminste geen daar nie, ook omdat ons die loop van die riviere nog nooit al te ver ondersoek het nie. As jy dan by so `n rivier kom, moet jy dit `n lang tyd byna tot sy oorsprong volg om dan daar oorheen te kan kom, en dit, vriende, maak dat die weg na ons land moeisaam en lank is en baie tyd kos.

[4] En as jy eindelik na baie moeite en ongemakke in die omgewing van ons land kom, dan kan jy daar `n jaar of nog baie langer omheen dwaal, terwyl jy tog geen ingang vind nie. Dié ken alleen JaHWeH, en diegene aan wie die Gees van JaHWeH dit wil openbaar. En so is ons tot nou toe deur geen mens ontdek nie, hoeveel daar op die groot aarde ook mag wees - wat ons aan die beskerming van JaHWeH te danke het. Maar onsself kan - as ons dit wil - wel na die mense toe gaan wat in die laagvlakte woon, wanneer ons wil, en met hulle af en toe ruilhandel dryf; maar hulle kan nie na ons toe kom nie, behalwe as ons hulle self na ons toe sou bring, wat ons egter nie doen en ook nooit sal doen nie. 

[5] Ons land is sodoende ook `n geheim op aarde; en U, o Majesteit en Heer, sal dit ook voortaan barmhartig sodanig beskerm, dat dit deur geen van alle goddelose vyande ooit ontdek word nie, en ons sal nooit gaan wankel in ons aloue trou nie.”

[6] Ek sê: “Bewaar My liefde, dan sal sy julle en julle land bewaar! Maar sodat julle ook weet watter land julle bewoon, sal Ek dit aan julle vertel - luister dus na My!

[7] Sien, julle land is die ou Eden, waar Adam en Eva geskape is, maar wat dit na die sonde moes verlaat, en totdat julle daar gekom het, is dit ook nog nooit deur `n mens ontdek en bewoon nie! En so sal dit ook in die toekoms deur niemand ontdek word nie, as julle in My liefde volhard!”

[8] Oor hierdie verklaring van My ontstaan `n reëlregte gejuig, en die vier begin van louter vreugde te huil.

[9] Maar Ek kalmeer hulle en sê: “Beeld jou daardeur niks in nie; want aarde is aarde, en land bly land! Van nou af aan sal daar geen aardse Eden meer wees nie, maar slegs `n Eden in die hart van die mens. Streef almal daarna en beskerm dit teen die vyand, wat “wêreldse gesindheid” heet; want dit is die bron van alle sondes en die ondergang van alle menslike geluksaligheid!”

[10] Almal gee My gelyk en prys die wysheid van God in My.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205