Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Korrekte kennis van die natuur is belangrik

125 Hierop kom RafaEl met die fariseërs en die vier Indo-Judeërs na Ons weetgierige Samaritane toe en sê: “Julle wil baie graag verstaan hoe die water en die vrye liggame, soos wat julle sou veronderstel, nie van die aarde afval nie, maar aan die vaste bodem daarvan bly hang?

[2] Kyk maar eers na `n appel wat aan die boom hang, en slaan maar eers gade hoe daar dikwels allerlei insekte aan die bo- en onderkant daaroor kruip en hoe hy in die môre aan alle kante met vele duisende klein doudruppeltjies omgewe is! Wie hou dit alles sodanig aan die appel vas, dat daar geen diertjie of doudruppeltjie vanaf val nie, tensy die diertjies self daarvan af wegvlieg en die druppeltjies oordag deur die warm lug verdamp?

[3] Of neem `n appel en bestrooi hom met stof, dan sal die stof, wat vir jou oë uit louter sterk verkleinde vrye liggame bestaan, van bo en van benede eweneens deur die appel vasgehou word en nie vanself van die appel afgaan nie! As jy die appel wil eet, sal jy hom eers met ietwat moeite van die stof moet reinig.

[4] Kyk, die appel, wat in verhouding `n groter en stewiger liggaam is, besit `n krag in homself, wat die baie kleiner en ligter liggame sodanig aantrek, dat die hulle nie daarvan kan verwyder nie - behalwe wanneer hulle deur `n eweredige krag van buite af, daarvan afgehaal word.

[5] Maar wat is `n appel as liggaam, vergeleke met die groot liggaam van die aarde? Kyk, sy besit ook so `n krag in haarself, dat sy die water en ook alle ander vrye liggame sodanig na haar toe kan trek en kan vashou, dat geen sonnestoffie hom eers daarvan kan verwyder nie! Die krag neem toe met die grootte en die swaarte van die liggame en die werking daarvan reik baie verder as die oppervlakte van die aarde; so word ook die maan nog sodanig deur hierdie aarde vasgehou, dat sy op aarde sou neerval as dit nie verhinder sou word deur haar middelpuntvliedende krag, wat haar om die aarde laat draai nie.

[6] Begryp goed wat ek julle nou uitgelê het oor die aarde; want wie God werklik wil ken, moet Hom ook ken in die uiters wyse inrigting van Sy werk.

[7] Wie egter by die inrigting van God se werk louter verkeerde, fundamenteel onjuiste en onware opvattings en denkbeelde het, kan onmoontlik ooit `n helder, juiste en ware kennis van God verkry nie; en wie God nie volgens waarheid ken nie, kan Hom ook nie werklik liefhê, eer en heeltemal Sy wil doen nie; dan word dit duister in sy siel, wat daardeur vervolgens aan die materie gaan hang en haar daaraan gaan vashou, omdat sy die innerlike lig van die waarheid kwytgeraak het. Die gebrek aan kennis van die werklike inrigting van God se werk is dan ook altyd die oorsaak van afgodery, van bygeloof en heidendom gewees, en ten slotte van volslae goddeloosheid, netsoos dit nou onder die meeste Judeërs, fariseërs en onder die heidene bestaan.

[8] Die arme volk word enersyds met geweld en andersyds deur bedrog in allerlei blinde bygeloof gehou en leef en handel volgens allerlei valse leringe en instellings, sodat die trae en self volkome ongelowige maghebbers ten koste van die volk hulle des te meer kan verlustig en vetmes.

[9] Maar JaHWeH God sien daardie wangedrag slegs `n tyd lank aan en laat intussen tog steeds vermanings na die mense uitgaan deur sieners en profete wat spesiaal daarvoor gewek is; as die volk en sy leiers hulle nie daaraan steur nie, dan kom Hy met Sy oordeel en veeg Hy die vuiligheid weg van die aarde. En dit gebeur altyd, wanneer die diepste domheid hom volledig en bykans oral verenig het met die selfsugtige slegtheid, wat alle naasteliefde met die voete vertrap. Want solank die domheid nog alleen heers, is dit deur wyse onderrig nog maklik, al is dit ook nie heeltemal algemeen om tot lig te omvorm nie, en God het geduld met die suiwer domheid.

[10] Maar as die vroeër genoemde volkome slegtheid hom eenmaal aan die hoof van die diepste domheid geplaas het en hom met alle trots en geweld verweer teen die binnedring van die ewige lig van die waarheid en van die lewe, dan is dit ook uitgeloop met God se geduld en kom Hy met Sy oordeel - en wee dan die afvallige!

[11] Leer God dus altyd ooreenkomstig die volle waarheid ken in Sy werk, netsoos wat dit is, en in die meer as wyse inrigtings daarvan, dan sal daar onder julle geen domheid en nog minder die slegtheid daarvan vaste voet kan kry nie! Ek lê julle dan nou ook die sigbare werk van God vir julle uit, sodat julle in alle opsigte die volle lig sal hê. Onthou dit en bewaar dit getrou en laat dit skyn vir julle treurige broers en susters! Want as die lig eenmaal weer minder sal word onder die mense, sal die aloue heidendom ook opnuut en nog erger opstaan as ooit tevore. Onthou julle dit almal goed!” 

[12] Hierop bedank almal RafaEl vir sy les; hy begewe hom weer na sy vroeëre plek en lê daar allerlei dinge en verskynsels in, op en bo die aarde uit.

[13] Die Samaritane luister ook met groot aandag na sy les en beleef groot vreugde daarin, dat hulle nou dinge verstaan en begryp, wat tevore nog net so onbegryplik vir hulle was as die grondslag van hulle eie lewe.

[14] Ook Maria luister heel aandagtig na die les van RafaEl en was buitengewoon onder die indruk van die wysheid daarvan; GabriEl en Johannes-MigaEl verklaar haar en die leerlinge alles nog dieper en geesteliker as wat RafaEl by sy toehoorders doen en ook kan doen, omdat hulle nog nie verlig was in die dinge van die gees nie.

[15] Toe RafaEl teen die middag klaar was met sy onderrig, kom Ek, Kisjona en Philopold ook weer die huis binne, en die sewe fariseërs met hulle dienare, die vier Indo-Judeërs en ook My leerlinge jubel My dank toe, omdat Ek toegelaat het dat hulle deur die drie engele oor sulke groot en belangrike dinge onderrig word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205