Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die werksaamheid van die geeste

143 Die visser sê: “Ja, Majesteit en Heer, nou is dit vir my heeltemal duidelik; maar nou sou ek bowendien nog wil weet waaruit die aktiwiteit van `n volmaakte siel in die groot wêreld aan die anderkant dan wel vernaamlik bestaan. Op hierdie harde aarde is daar vir die mense natuurlik vele duisende soorte dinge om te doen, as hy wil lewe - maar wat is daar dan in die groot geestelike wêreld aan die anderkant te doen? Word daar ook geploeg, gesaai en geoes terwille van die lewensonderhoud?”

[2] Ek sê: “Ja wel, vriend, ploeg, saai en oes - maar natuurlik op `n ander manier en in `n ander sin as wat op hierdie materiële wêreld gebeur.

[3] Kyk, sonder die groot aktiwiteit van die geeste, en veral die volmaakte geeste, sou daar op geen enkele aarde (planeet) iets ontstaan het nie! Daar sou nie net niks gegroei het en geen lewende wese op die aardbodem rondgewandel het nie, maar daar sou ook nooit `n son of `n aarde ontstaan het, en gladnie voortbestaan het nie.

[4] Die mense ploeg weliswaar die aarde en strooi die saad in haar vore; maar dit is aan die geeste gegee om die ontkiem, die groei en die rypword van die vrug te bewerkstellig. Daaruit sal jy nou goed begryp dat daar, veral vir die volmaakte geeste, ook vir die wêreld wat vir julle sigbaar is, sowel hier op hierdie aarde as op alle ander hemelliggame, baie te werk en te doen is, maar nog meer ten behoewe van die regte ontwikkeling van die siel en die vervolmaking van die mense - reeds in die lewe op hierdie aarde, en nog baie meer daarna aan die anderkant. Want daar kom immers gereeld steeds heelwat meer hoogs onvolmaakte siele na die groot wêreld aan die anderkant as volmaakte, en veral van hierdie aarde. Die onvolmaakte, slegte siele sou hierdie hele aarde met behulp van die ongegiste natuurgeeste weldra dermate bederf dat daar geen gras, geen struik, geen boom meer sou kon groei en geen dier en geen mens meer sou kon bestaan nie.

[5] Slegs deur die liefde, wysheid en mag van die volmaakte geeste word die slegte, onvolmaakte siele aan die anderkant daarin teëgehou, geleidelik aan verder ontwikkel en so moontlik ook stap vir stap digter by die ryk van God gebring.

[6] Hoe die volmaakte geeste dit alles tot stand bring, is egter nie in woorde weer te gee nie; maar wanneer julle self in die gees opnuut en wedergebore sal wees, sal dit vir julle wel duidelik en verstaanbaar word hoe die geeste werk en dinge tot stand bring. - Het jy dit ook begryp?”

[7] Nou sê dieselfde visser weer: “Ja, beste Majesteit en Heer, en ek dank U vir U meer as groot geduld met ons swak en nog baie onnosele mense! O, dit sal seker nog `n hele tyd duur voordat ons, wat te midde van louter wonders lewe, die wonders sal begryp! Ons sien en drink water en weet nie in die minste wat dit is nie. Ook sien ons die vuur en die lig daarvan en voel die gloed en die warmte daarvan, maar weet nie in die minste wat dit is en wat die eintlike oorsaak is van die ontstaan daarvan nie. Maar hoe dit ookal sy, ons is nou al buitengewoon bly en opgewek, omdat ons deur U oorgrote barmhartigheid en liefde nou die onfeilbare weg na die volle en lewende waarheid ontvang het. O beste Majesteit en Heer, help ons ook steeds met U barmhartigheid, sodat ons nooit moeg, swak en traag word by die bewandeling van hierdie weg tot aan die ligtende doelwit nie!”

[8] Ek sê: “Wie glo en die regte wil het, sal ook dit bereik waarna hy ernstig streef; en ook julle sal die doel vinnig en maklik bereik, aangesien julle nou aan My sy al meer as die halwe weg naarstig afgelê het!”

[9] Toe Ek die vissers volkome tevrede gestel het met My onderrig, bedank hulle My nogmaals, trek hulle terug en praat onder mekaar oor wat hulle gehoor het en prent dit stewig in hulle geheue.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205