Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 144

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die betekenis van die toekomstige voorspellings van die Heer

144 Ek praat egter met Ons herbergier, Philopold en Kisjona oor baie dinge, en ook oor die toekoms van die hele Judese land.

[2] Toe die leerlinge My oor die somber toekoms van die land hoor praat, sê hulle onder mekaar: “Soms weet jy tog nie wat jy van Hom moet dink nie! Ons wil niks sê van Sy gelykenisse nie, waaraan steeds `n dieper geestelike betekenis ten grondslag lê en wat Hy altyd uitgelê het as ons hulle nie begryp nie; maar as Hy by Sy leer, wat tog reeds in die verloop van net tien jaar gemeengoed moet word onder die mense en wat die mense kan en sal omvorm tot lammers, telkens oor `n toekoms spreek wat nog ellendiger is as hierdie huidige tyd, dan weet jy dikwels tog nie wat jy jou daarby moet voorstel nie.

[3] Bowendien het Hy al herhaaldelik gesê dat sonder God se wil niemand ook maar `n haar gekrenk kan word en daar geen mossie van die dak kan val nie. As daar sonder Sy wil niks kan gebeur nie, kan daar tog ook geen erger toekoms wees sonder Sy wil nie; en des te minder as - netsoos reeds gesê - die mense tot lammers verander moet word deur Sy leer, wat `n lewende Godswoord is en wat oor niks so dikwels en indringend spreek as oor die liefde vir God en die naaste, en ook oor deemoed, versoening, selfverloëning en barmhartigheid nie.  

[4] As die mense inderdaad dit deur Sy leer moet word netsoos ook, vir sover ons weet, in `n kort tyd verskeie duisende mense dit geword het, hoe kan Hy dan aan één stuk deur voorspellings doen oor `n toekoms wat nog baie ellendiger sal wees as welke tyd ook in die verlede en ook hierdie tog al uitermate ellendige huidige tyd nou? Begryp wie dit kan begryp; ons begryp dit absoluut nie!

[5] Hy sal dit om een of ander alleen aan Hom bekende, geheime rede wel Self so wil hê, anders is dit vir ons volkome onbegryplik hoedat Hy sulke voorspellings kan doen oor `n allerellendigste toekoms wat die gevolg is van Sy leer, wat nou in die tyd wat dit ontstaan, ver in Asië, selfs onder die More ver in Egipte en ook al in Europa onder die Romeine en Grieke verbreid is, onder vele duisende mense, wat werklik in Hom glo en die ligtende waarheid daarvan ook steeds met tekens kan bevestig. 

[6] Ja, as die meer as vreeslike toestande wat deur Hom voorspel is, in die toekoms die gevolg van hierdie suiwer goddelike leer moet wees en die ryk van God so `n betreurenswaardige vorm onder die mense sal aanneem, dan sou dit tog baie beter gewees het om gladnie so `n leer aan die mense te verkondig nie, sodat hulle nie nog erger duiwels word as wat hulle nou vir die oorgrote deel tog al is nie!”

[7] Ek het wel die opmerkings van My leerlinge gehoor en sê aan hulle: “Hoe kan julle nog aanstoot neem teen My voorspellings oor die toekoms? Ek het dit tog al verskillende kere bekend gemaak aan julle en julle ook geheel volgens waarheid getoon wat as gevolg van die vrye wil van die mense die oorsaak van die buitengewoon slegte toekoms sal wees - en julle het dit goed begryp en ingesien, en het geen daarteen aanstoot geneem nie. Waarom het julle daarom nou geërger geraak, en hoe kan julle sê dat die toekoms, wanneer My evangelie bekend sal raak, maar net so sleg kan word wanneer Ek dit om `n rede, wat alleen aan My bekend is, so wil hê? 

[8] O, o, wat is julle almal nog kortsigtig! Sonder My wil kan daar inderdaad geen haar op die hoof van `n mens gekrenk word nie, geen mossie van die dak val en geen mens die grootte en gestalte van sy liggaam verander of die dag langer of korter maak nie - want al die dinge staan direk onder die mag van My wil, wat ook een en dieselfde is in alle tallose engele van My ewige en oneindige hemele. Maar hier op hierdie aarde, waar elke mens eers die vryheidsproef van sy wil moet deurmaak, is dit met die almag van My wil in die morele en fisiese lewensfeer van die mens baie anders gestel – netsoos wat Ek julle al baie gereeld getoon het! 

[9] Het Ek dalk nie gesê nie: In `n wêreld, waar `n mens nie tot een van die ergste duiwels kan word nie, kan hy egter ook nie `n kind van God word nie?! Want Ek openbaar nou My wil Self direk aan julle mense, met die bedoeling dat julle dit jul eie maak en daardeur in alles heeltemal net soos Ek kan word.

[10] Maar as dit nou so is en onmoontlik anders kan wees, - wat julle nou tog wel tot in die grond van die saak duidelik sou moet insien - hoe kan julle dan aanstoot daarteen neem as Ek ook aan hierdie vriende van ons meedeel hoe dit daar in die toekoms sal uitsien ten gevolge van die verstoktheid en blindheid van die mense, wat hulle net soos die vele fariseërs nie na die lig van die lewe wil keer nie, maar dit oral met alle woede van die hel vervolg?!

[11] Ons het die leer van die ryk van God nou werklik wyd en syd van sonsopkoms tot sonsondergang en van die middag tot middernag onder vele mense verbrei, en vele koester hulle reeds in die lig uit die hemele - maar tog is hierdie eerste uitbreiding nog baie gering en is die eiendom van slegs klein families en gemeentes; daarom baar hulle ook nog nie al te baie opsien by al die vele wêreldse magtiges en bo alles heersugtige vyande van die lig nie, en tot nou toe het hulle nog nie so baie daarteen onderneem nie.

[12] Maar laat die lig maar net algemener word, sodat die priesters kan merk dat hulle tempels op bepaalde feesdae en groot offerdae nie meer vol mense raak nie, maar steeds leër en leër word; dan sal julle goed sien met watter naamlose woede hulle teen My leer en die belyers daarvan sal opstaan!

[13] My leer is op sigself weliswaar die ware vrede van `n siel wat daarvolgens leef en handel - ja, dit is die salige vrede van die hemel in die hele mens; maar vir die duiwels van die hel, wat in mensegedaante op hierdie aarde met leuens en bedrog onder die mense tekere gaan, is dit `n tweesnydende en vlammende swaard, `n oorlog en `n groot verwoesting. Daarom sal die ryk van God op aarde baie geweld aangedoen word, netsoos dit gedeeltelik nou ook al gebeur, en diegene wat die wil het, sal dit ook met geweld na hom toe moet trek!

[14] Kyk, die deur My voorsiende stryd as gevolg van die feit dat Ek die vrye wil van die mense nie aantas nie, wat die arm van hulle liefde en derhalwe van hulle lewe is, is onvermydelik, omdat Ek die mense, wat hulle nou in die foute en kwade bevind, en wie se getal buitengewoon groot is, nie terwille van die leer uit die hemele eers deur `n sondvloed van die aardbodem wil laat verdwyn nie, aangesien hierdie leer juis gegee word terwille van die siekes, dowes en blindes en diegene wat met allerlei kwale behep is, en nie terwille van die gesondes nie. Dan is dit ook maklik te begryp dat groot gevegte en oorloë mettertyd oor die aardbodem sal uitbrei en veral en eers oor die ou ryk van die Judeërs, vanwaar die leer uitgaan, en wel met sulke groot verwoestings dat mens nie meer sal kan herken waar die een of die ander stad geleë was nie, waar die wingerde, die vrugbare akkers en ryk vrugteboorde, weiding en velde was nie. Dit sal in `n woestyn verander word en nooit meer tot die Beloofde Land word nie, waar heuning en melk eens gevloei het nie.

[15] Dat Ek dit vir julle vooruit sê, het as rede dat julle jul tydig genoeg kan voorberei en julle daarteen kan wapen. Want as jy weet wanneer die dief kom en wat hy van plan is, is dit maklik om jou teen hom te verweer; maar as jy nie weet dat hy kom nie, en wanneer en hoe, in die dag of in die nag as elkeen in diep slaap versonke is, dan is dit vir die dief maklik om die huis binne te dring en sy slag te slaan. Wandel daarom steeds in die lig van die innerlike dag en bly wakker in waarheid wat deur My aan julle geopenbaar is; dan sal julle wel die stryd met die vyand kan deurstaan!

[16] Is julle nou nog vol ergernis, noudat Ek julle dit sonneklaar getoon het?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205