Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die deemoed van die arbeiders in die wingerd van die Heer

145 Nou sê Petrus: “O Majesteit en Heer, ons was so pas immers ook nie geërger nie, en ons sal des te minder geërger wees, omdat ons nou insien dat ons nooit kan teenhou wat U met al U almag nie wil en wens om teen te hou nie. Wat daar nog egter met U voortdurende hulp gedoen kan word, sal ook gebeur; want ons wil altyd met ons lewe vir die waarheid instaan teen die vyande van die waarheid, en voordat ek val, sal daar, as dit daarop aankom, duisend vyande van die waarheid en die lewe val. Want ons wil nie alleen leraars in U Naam wees nie, maar ook helde, en met die Woord en die swaard teen die teenstanders en vyande van die waarheid stry. Met U Naam in ons hart en ons skild oorwin ons die hele wêreld! As U ons maar net nooit sal verlaat met U barmhartigheid nie!”

[2] Ek sê:”As julle in My bly, sal Ek ook in julle bly. Sonder My sal julle egter tot niks in staat wees nie.

[3] Maar as julle met My en in My Naam alles gedoen het, sê dan in julleself: “Sien, o Heer, hoe ons by die werk in U wingerd tog steeds as lui en nuttelose knegte voor U staan! “Want waarlik: Wie homself verhoog, sal verneder word; maar wie homself verneder, sal verhoog word!

[4] Daarby sal julle egter tog aan niemand “Heer” sê nie; want slegs één is julle Majesteit en Heer, en dit is Ek! Ook sal julle aan niemand “vader” sê nie; want slegs één is julle Vader - naamlik die Een wat in die hemel woon! So moet julle ook niemand goed en gewyd (heilig) noem nie; want alleen God is goed en gewyd (heilig)!

[5] Wees almal broers en susters onder mekaar. Wie onder julle die eerste en die belangrikste wil wees, dien die kneg en dienaar van almal te wees! Want in My ryk is die mees deemoedige, geringste en skynbaar minste, juis die belangrikste en grootste in alle wysheid en mag.

[6] Nou weet julle wat julle moet doen en steeds in ag moet neem om My en My krag en mag in julleself te bewaar en daarmee te werk; doen dit altyd so, dan sal julle ook in My bly en Ek in julle!”

[7] Nou kom Ons bootsman nog na My toe en sê: “O beste Majesteit en Heer, U sê dat mens aan geen enkele mens “vader” moet sê nie, omdat alleen God die Vader van alle mense is! Ek sien wel in dat U volkome gelyk het; ek weet nou net nie hoe ek dit wat daar in die wet van Moses staan moet opneem en hoe mens dit moet uitlê nie, wanneer Moses sê: “Eer jou vader en moeder, sodat jy lank leef en dit met jou goed gaan op aarde!” Hier noem Moses, die groot en magtige profeet van JaHWeH, diegene wat kinders verwek tog vader, en ook staan daar geskryf: “ons vader Abraham, Isak en Jakob! “As ons as kinders ons verwekker nou vader noem, begaan ons dan volgens wat U hier gesê het, `n sonde teenoor U, o Heer?”

[8] Ek sê: “Die Woord self is nie belangrik nie, maar slegs die innerlike betekenis daarvan! Daarom kan kinders hulle verwekker gerus “vader” en diegene wat hulle gebaar het “moeder” noem; want kinders kan immers die gees van die Woord nie vat nie. Maar julle vat nou die innerlike gees van die Woord goed en weet dat die ewig allerhoogste, suiwerste liefde in My hart vir julle mense, wat Ek opvoed tot My kinders en vir ewig verhef, die enigste ware Vader is. Dus, vriend, begryp goed, julle moet alleen in hierdie geestelike sin van die Woord aan niemand “vader” sê!

[9] Onthou bowendien nog, dat elke suiwer uiterlike woord netsoos `n letter op sigself dood is en niemand tot lewe wek nie; slegs die innerlike gees in die Woord - of dit nou uitgespreek word of in letters geskryf is, het wat elkeen lewend maak wat volgens die innerlike, lewende betekenis daarvan dink, handel en leef. Wie egter alleen volgens die uiterlike betekenis van die woord glo, handel en leef, netsoos die fariseërs, bly dood, netsoos ook die letter van die woord op sigself dood is. - Dit sê Ek dus om julle gerus te stel!”

[10] Die vissers en alle ander bedank My vir hierdie toegevoegde uitleg en hulle dink baie goed na oor alles wat Ek hulle hier in die môre nog voor sonsopkoms meegedeel en uitgelê het.

[11] Aangesien die son hom nou in `n sterk rooi gloed bo die horison begin te verhef, omgewe deur roosligte wolkies - wat pragtig was om te sien - sê die herbergier: “So `n oggend is weliswaar mooi en pragtig om te aanskou; dit is net jammer dat op sulke rooskleurige oggende byna nooit `n netso rooskleurige aand volg nie! Reeds van oudsher word daar gesê: "In die môre rose, in die aande slyk! “Majesteit en Heer, sal die rose van hierdie oggend ons vanaand ook slyk besorg?”

[12] Ek sê: “Laat jy nou maar die ou astroloogspreuke agterweë, solank as wat Ek in julle midde is, hoewel hulle af en toe inderdaad wel hier en daar bevestig word; want die Een wat Heer van die oggend is, is ook Heer van die aand! As jy dit begryp het, hoef jy nie bang te wees vir die slyk van die aand nie.”

[13] Toe Ek dit aan die herbergier gesê het, word hy bly; want hy was nooit `n vriend van `n aand vol slyk nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205