Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer voorspel Sy einde

149 Daarna word daar tot die aand nog baie gepraat oor die aarde, die vorm daarvan, oor die son, die maan en die sterre en oor die ander verskynsels van die wêreldnatuur, wat vir elkeen groot vreugde teweegbring.

[2] Ons bestuurder uit die inham sê: “O Majesteit en Heer, U sy alle lof, alle eer, alle liefde en alle dank, omdat U dit ook vir ons onthul het en ons nou weet hoe die groot huis - genaamd aarde - wat ons tydelik bewoon, daar uitsien en hoe dit inmekaar steek! Want die onwetendheid in hierdie dinge is meestal die bron van die kwade bygeloof gewees, en dit weer `n nagenoeg onuitputlike voedingsbron vir die lui en trae afgodspriesters. Maar met U hulp sal dit nou weldra anders word!” 

[3] Nou kom daar `n dienaar wat Ons uitnooi vir die aandete; want die son het al `n paar uur gelede ondergegaan. Ons staan dan ook dadelik op van Ons plekke op die terras en gaan na die huis om die aandete tot Ons te neem. 

[4] Na die aandete bly Ons nog wakker tot middernag, en in die tyd lê, hierdie keer op My versoek, My Johannes baie dinge uit aan die twintig vissers en die leier van die inham. Teen middernag begeef Ons Onsself ter ruste en was nog voor sonsopkoms op die been.

[5] Die vissers gaan na huis, maar kom baie vroeg in die oggend alweer na Jesaïra met `n vrag van die beste visse, wat ook dadelik vir die oggendmaal voorberei word.

[6] Soos gewoonlik gaan Ek voor sonsopkoms na buite, vergesel deur almal wat in dié dorp by My was. Op die mooi terras lê Ek die twintig vissers, die bestuurder van die inham, die herbergier, Kisjona en Philopold die hande op en vervul hulle met die krag om in My Naam allerlei siekes te genees, en Ek gee hulle die reg om My leer onder die mense te verbreed, en wel onder die blinde Judeërs en heidene.

[7] Hulle bedank My almal uit die grond van hulle hart vir hierdie roeping en begeef hulle toe saam met My na die oggendmaal.

[8] Tydens die oggendmaal sê Maria aan My: “My geliefde seun, Jy het tog oral soveel tekens gedoen, maar hier het Jy niks van Jou waarlik goddelike mag laat merk nie. Doen hier tog ook `n teken, voordat Jy verder reis!”

[9] Ek sê: “Vrou, praat met die vissers, dan sal hulle jou wel sê of Ek hier geen tekens gedoen het nie! Maar Ek het nie in hierdie wêreld gekom terwille van die tekens nie, maar terwille van die waarheid en die lewe van die siel, sodat elkeen wat in die Menseseun glo, die ewige lewe in hom sal hê.

[10] Geen mens sal vanweë My tekens salig word nie, maar wel elkeen wat in My glo en volgens My leer leef en handel. Bowendien het Ek My vriende nou die mag verleen om in My Naam goed te doen aan die arme, lydende mense, en dit is `n groter teken as wanneer Ek nou voor julle oë `n wêreld sou skep!

[11] Aan die einde van My tyd op hierdie aarde, wat in die komende Pasgatyd in Jerusalem sal wees, sal Ek egter vir alle mense `n baie groot teken doen, waardeur vele tot die ewige lewe en vele tot die oordeel en die ewige dood sal kom. Wie hom dan nie aan My sal erger nie, sal die lewe van die siel ontvang.”

[12] Maria sê: “Waaruit sal daardie laaste groot teken bestaan? Want dan sal ek ook na Jerusalem kom om die grootste teken wat Jy sal doen, te aanskou!

[13] Ek sê: “Vrou, jy sal wel na Jerusalem kom en die laaste en grootste teken wat Ek sal doen, aanskou, maar jy sal daaroor geen blydskap nie, maar `n groot droefenis in jou suiwer hart hê! Ek sal verraai word, deur die fariseërs gegryp en aan die gereg oorgelewer word, en wat My liggaam betref, as `n doodgewone misdadiger aan die kruis gedood word; maar op die derde dag sal Ek vanuit My eie krag en mag weer opstaan, na al My vriende en broers toe kom en hulle die mag verleen om die mense in My Naam hulle sondes te vergewe en die dooies tot lewe te wek. Kyk, vrou, daaruit sal die laaste en grootste teken bestaan wat Ek in My liggaam sal doen!”

[14] Maria, en die ander vriende met haar, sê: “Maar Majesteit en Heer, dit sal U tog nie aan U laat gebeur nie?!”

[15] Ek sê: “Die wil van die Vader in My ken Ek alleen, en My siel weet wat Ek tot stand moet bring! Wie hom nie aan My sal erger nie, sal netsoos Ek die dood oorwin en tot die ewige lewe deurdring.

[16] Wie die lewe van die liggaam liefhet terwille van die wêreld, sal die lewe van sy siel verloor; maar wie dit om My ontwil nie liefhet nie, sal dit vir ewig in My ryk behou.”

[17] Na hierdie woorde van My word alle aanwesiges bedroef en dink daaroor na, waarop dit sou uitloop.

[18] En Ek sê: “Waarom is julle bedroef daaroor? Dink julle dalk dat Ek julle na die dood van My liggaam sal verlaat? O, geensins nie! Dan sal Ek eers egter by die Myne bly tot aan die einde van die tye van hierdie aarde, en vir elkeen wat in My glo die poorte tot die ewige lewe in My hemele oophou. Weliswaar sal My skape verstrooi word wanneer Ek, hulle Herder, gedood word - maar Ekself sal hulle dan weer versamel, en dan sal daar vir altyd slegs één kudde en één Herder wees; die bokke en die wolwe in skaapsklere sal egter verwyder en aan die oordeel en die dood van die materie oorgelewer word.”

[19] Toe Ek hierdie klein toespraak beëindig het, klink daar `n Stem in die lug van die saal, wat die volgende woorde spreek: “Hierdie Jesus van vlees en bloed is My geliefde Seun, wat alle geslagte van die aarde moet loof! Hy is die beliggaamde uitdrukking van My Liefde, My Wysheid en My Wil. Ek is in Hom en Hy is in My; Ons is volkome één. Wie Hom sien en hoor, sien en hoor ook vir My; en wie My wil doen, het die ewige lewe in hom.”

[20] Na hierdie woorde val almal voor My neer en wou My aanbid.

[21] Maar Ek sê aan elkeen: “Staan op van die grond af; want in dergelike eerbetoon vind Ek geen welbehae nie, maar wel in julle liefde en in die feit dat julle trou en met dade in My leer volhard!

[22] Die vrede sy met julle - egter nie `n vrede netsoos die wêreld dit het en gee nie, maar die innerlike vrede van die hart, van die siel in My liefde, wat die ewige lewe is! Amen.”

[23] Na hierdie woorde van My staan almal op, bedank My vir hierdie troos en word weer bly.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205