Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Grieke het vrae oor die alwetendheid van die Heer

155 Eers na `n rukkie begin die een Griek as volg te spreek: “O buitengewoon wyse Heer! Soos U ons geheel volgens waarheid en korrek uiteengesit het, het ons in die ellendige twintig jaar tog baie te wete gekom - maar selfs die mees betroubare orakels wis niks oor ons jeug en net so min oor ons handel en wandel nie; maar U, wat ons hier vir die eerste keer in ons lewe heel onverhoeds te siene gekry het, het al ons doen en late so geheel ooreenkomstig die waarheid uit die doeke gehaal, asof U al sedert ons jeug by ons was. Hoe is dit tog vir U moontlik? Het U dit van ons gesigte afgelees? Hoe, hoe was dit vir U moontlik?” 

[2] Ek sê: “Wees maar nie bedruk daaroor nie; want ook al sou Ek dit vir julle regstreeks sê, dan sal julle dit nie begryp nie! Maar as julle in jul gees wakkerder sal word, sal julle goed in julleself begryp hoe dit vir My heel maklik is om elke mens openlik te vertel wat hy sedert sy geboorte op elke oomblik gedink, gesê, gewil en gedoen het; want vir My kan niemand hom verberg nie. Maar daaroor praat Ons voorlopig nie verder nie; en praat julle nou verder!”

[3] Toe sê die een Griek: “Buitengewoon wyse Heer! Ons het menige skool besoek, ons was in die hele Egipte gewees en het ons daar in die stede vir geld alles laat toon en het ons ook in heelwat ou wysheidsmisterieë laat inwy; maar in geen enkele skool het ons `n meester aangetref wat volkome volgens waarheid van homself kon gesê het wat U so pas van Uself gesê het nie - en tog is U volgens U uiterlike te oordeel ook maar `n Mens, wat Sy wysheid en geheime kuns vroeër ook maar op `n skool geleer het!

[4] Maar waar ter wêreld is die skool? En as daar op die hele aarde nie so `n skool bestaan nie, dan sou U onmiskenbaar `n god moet wees, wat as enige die dinge kan doen wat U genoem het - netsoos ons volgens die verskillende godsdienste oor die vermoëns en eienskappe van die bestaande gode weet.

[5] Om `n mens wat mens tevore nooit gesien het nie en van wie mens ook nie kan weet hoe hy heet en in welke stad of op welke eiland of in welke deel van die vasteland hy gebore is nie, te sê wat hy is, wat hy het, hoe hy geleef en gehandel het, dit is eindeloos baie meer as selfs die mees geheime magie. Ken U dalk ook ons name, ons geboorteplekke en ons vroue en kinders?”

[6] Ek sê: “As Ek die een weet, weet Ek die ander sekerlik ook! Maar as Ek julle name en geboorteplekke en ook julle vroue en kinders opgenoem het, sou julle daarby gedink het: “Ja, dit kan hy maklik weet uit ons reisdokumente, wat ons by ons aankoms hier moes laat sien om in hierdie inrigting opgeneem te word, omdat alles hier streng volgens die wette van Rome afgehandel word!” 

[7] Maar wat Ek julle gesê het, staan nie in julle reisdokumente genoteer nie en is dus baie gedenkwaardiger as wanneer Ek julle dadelik as bewoners van Melita met julle name Polycarpus en Eolites begroet het, en as Ek julle bowendien nog sou vertel het dat julle vroue, wat nog lewe, uit Athene afkomstig is en dat jy, Polycarpus, agt kinders het - drie jong seuns en vyf meisies - en Eolites twaalf- vyf jong seuns en sewe meisies. Dit staan in julle reisdokumente, wat Ek uiteindelik sou kon gelees het; maar wat Ek vir julle gesê het, staan nie in julle reisdokumente nie, en daarom het Ek dit ook nie kon weet uit julle dokumente nie - en tog weet Ek nog baie meer, wat Ek julle nou egter nog nie wil sê nie.

[8] Die skool, waar Ek volgens julle denkwyse, dit sou kon geleer het, bestaan nêrens op die hele wêreld nie; want Ekself is die Heer en die Skool.

[9] Wie dit van My leer en by My in die skool van die lewe kom deur in die een, enig ware God te glo en deur die liefde vir Hom en daardeur die liefde vir die medemens, en daarna volgens die leer van My leef en handel, is `n goeie leerling van My skool. Dit is die enigste egte en ware skool van die lewe vir elke mens, wat tot die skool wil toetree en onwrikbaar tot aan die einde van sy aardse lewe daarin wil volhard. Slegs in die skool sal hy die ewige lewe van die siel aan die anderkant vind, en die dood en die oordeel van die materie sal van hom wyk. 

[10] Wie tot hierdie skool van My toetree en volgens die leer daarvan handel, sal dan ook in homself belewe hoe en waarom alleen Ek die Heer en die Skool Self is.

[11] Maar in hierdie skool kan mens nie halfhartig te werk gaan nie, maar daar moet mens vóór alles alleen na die ryk van God strewe en na die geregtigheid daarvan, wat alles binne-in die mens is en nêrens anders met enige pragvertoon buite die mens nie, en bekommer jou nie oor die dinge en skatte van hierdie wêreld nie, wat geen waarde het vir die lewe van die siel van die mens nie, omdat hulle net so verganklik is soos die fraaiste skitterende doudruppel, wat al deur `n suggie wind verdwyn; want wat `n egte leerling van My skool vir sy tydelike lewensonderhoud nodig het, sal hom as `n vrye geskenk daarenteen geskenk word.

[12] Kyk na die voëls in die lug, die diere in die bos en die in die water! Hulle saai nie en oes nie, en tog is hulle almal voorsien van alles wat hulle nodig het. Maar as God vir die diere sorg, dan sal Hy sekerlik nog baie meer sorg vir die mense wat in Hom glo en Hom bo alles liefhet.

[13] So kan julle ook, om julle `n voorbeeld te gee, na die gras en die vele blomme op die veld kyk! Waarlik, hulle is pragtiger versier en gekleed as wat koning Salomo in sy grootste prag ooit was! 

[14] Maar wanneer God, wat die enig ware Vader van alle mense is, al op hierdie manier sorg vir die gewasse van die veld, wat vandag nog daar staan, maar die volgende dag gemaai, gedroog en dan vir `n deel in die oonde verbrand word en vir `n ander deel aan die huisdiere gevoer word, dan sal Hy des te meer vir Sy kinders sorg, sodat hulle nie naak op aarde hoef rond te loop nie; want `n mens, wat `n egte leerling van My skool is, sal tog wel beter wees as al die gras en alle ander gewasse op die hele aarde?!

[15] Daarom moet `n egte leerling van My skool hom nie besorg maak oor die volgende dag nie, oor wat hy sal eet en drink en waarmee hy sy liggaam sal klee nie; want dit doen die heidene wel, wat geen leerlinge van My skool is nie - by My egte leerlinge sal wel gesorg word vir wat hulle die meeste nodig het.

[16] Nou weet julle uit welke skool Ek My Wysheid geput het. Maar om My heen sien julle reeds `n aansienlike aantal van My leerlinge; hulle kan julle ook vertel dat dit met My Meesterskap en Skool, net so en nie anders is, as wat Ek julle nou getoon het nie.”

[17] Nou sit die twee Grieke groot oë op, wend hulle tot een van My leerlinge, en wel tot Johannes, wat vir hulle die vriendelikste lyk, met die vraag of dit inderdaad so was met hierdie dinge, wat vir hulle nog nie heeltemal duidelik was nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205