Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die verontwaardiging en goeie bedoeling van die herbergier

17 Toe die een dief dit alles aan My gesê het, slaan die herbergier, netsoos Kado en die ou Apollon, sy hande drie keer bo sy hoof teen mekaar en sê: “Nee, Majesteit en Heer, wat ek nou oor die fariseërs in Jerusalem gehoor het, vervul my hele gemoed reëlreg met woede en drif, en ek begryp werklik nie hoe `n God, wat U ons op die mees waaragtige en lewende wyse laat leer ken het, sulke gruwels soveel jare lank met `n werklik onbegryplike geduld kan aansien en hoe Hy sulke misdade kan toelaat. Vergeleke met sulke priesters is die straatdiewe en rowers nog ware engele!

[2] Werklik, as hierdie drie mense daardeur so ellendig daaraan toe is, netsoos die een getuig het, dan verdien ten eerste die ellendige tempeldienare, wat erger handel as die heidense furieë, om met één slag vernietig te word, en in die tweede plek verdien hierdie drie mense nie net geen straf nie, maar nog `n beloning; want dat hulle geword het soos wat hulle nou voor ons staan, dit is tog seker deur niemand anders as die verdoemenswaardige priesters nie, wat hulle oral hoog laat eer en aanbid as dienare van die een, enige ware God, maar as mense alle wilde en verskeurende diere in woude en woestyne in wreedheid hemelhoog oortref.

[3] Majesteit en Heer, dit sou nou tog egter tyd wees om oor die werklik helse gebroedsel `n vernietigende oordeel te laat losbars; want hierdie ergstes van alle ergstes moet wel so `n groot aantal gruwels teen hulle medemense begaan het, dat geen mens die aantal daarvan meer kan uitspreek nie! Maar hierdie drie mense gaan my as heiden eg ter harte, en ek sal hulle geen straf oplê nie, maar hulle vrylaat, en hulle moet en sal hulle lewe lank in my huis `n goeie heenkome hê en my as troue getuies steeds tersyde staan, wanneer dit daarom gaan om die duiwels in die tempel in Jerusalem so kragtig moontlik teen te werk. Laat daar nou maar net weer so `n Judese priester by my kom, netsoos heel dikwels gebeur het, met `n klag oor iemand van wie hy nog `n tiende te in het. Dan sal ek hom wel sê hoe hy heet, en watter reg hy van my kan verwag! En as ek eenmaal die tydelike verlaat het, dan sal my dierbare seun Kado wel in my gees weet om daarmee deur te gaan.”

[4] Hierna wend hy (Apollon) hom vriendelik tot die drie diewe en sê: “Is julle tevrede met my oordeel, en wil julle my aanbod aanneem?”

[5] Die een, wat al voorheen gespreek het, sê: “Wel, onder die heidene is daar dus nog egte mense, wat mens nie meer aantref onder die Judeërs nie, wat hulle brutaalweg die uitverkore volk van JaHWeH en kinders van God noem, maar daarby in werklikheid kinders van alle duiwels is! Met groot blydskap en `n baie dankbare hart neem ons u aanbod aan en wil u trouer dien as iemand wat u tot u trouste dienare gereken het. Van nou af aan wil ons die goeie doen vanweë die goeie en die waarheid verkies terwille van haarself tot rigsnoer vir ons verdere lewe; en nie `n hel, wat volgens die Judeërs vir die siele aan die anderkant `n straf is vir hulle sondes, sal ons weerhou van die kwaad nie, en nie `n hemel, as ewige beloning van die siele vir hulle goeie dade, sal ons aanspoor tot die goeie en ware, maar die goeie en ware op sigself sal ons mees waaragtige hemel wees, en ons sal met al ons kragte ywerig daarna strewe ons die hemel ons eie te maak.

[6] Maar nou vra ons u om ons van ons boeie te bevry; want ons het dit egter nie verdien om dit te moet dra nie. Werklik goeie mense sal dit ook goed insien, en `n regverdige regter sou liewer diegene meedoënloos moet tugtig wat deur hulle onbarmhartige handelswyse die mense tot misdadigers maak, en nie soseer die misdadigers wat maar net deur nood, vertwyfeling en woede oor die grenslose en onbeskaamde slegtheid van die mense gedwing word tot handelings, wat op sigself weliswaar sleg is, maar by mense soos ons baie verseker verontskuldig dien te word.

[7] O, hoevele kwyn daar nie weg in die kerkers wat, vanaf hulle kindertyd gereken, sekerlik allermins skuld daaraan het dat hulle misdadigers geword het; want hulle het oftewel deur `n slegte opvoeding oftewel op dieselfde manier as ons misdadigers geword. 

[8] As daar `n uiters goeie, wyse en regverdige God sou bestaan, dan sou Hy dit tog ook moet insien en met Sy almag die mense moet tugtig wat die vernaamste oorsaak daarvan is dat die mense in steeds toenemende mate slegter word, en wat dit nog voortdurend sal bly veroorsaak tot aan die uiteindelike einde van die wêreld en haar bose tyd. Maar die groot en magtige duiwels in mensegedaante word selfs vir hulle grootste gruweldade bykans nooit sigbaar deur God gestraf nie, as `n afskrikwekkende voorbeeld vir ander wat net so is soos hulle, maar heeltemal vry en ook altyd hooggeëerd lei hulle `n weelderige lewe en kan bowendien nog ongestraf die een gruweldaad na die ander begaan. Dan kan dit ons in feite tog nie kwalik geneem word as ons beweer dat daar, wanneer die situasie so is, nooit `n werklike God bestaan het of ooit kan bestaan nie, netsoos die geskrifte van Moses en die ander profete Hom vir ons beskryf, maar dat die een of ander krag van die aarde, wat ons mense nie ken nie, onder invloed van die son, die maan, die planete, die ander sterre en die vier elemente ons baie armsalige mense en ook alle ander wesens en dinge voortgebring het sonder dat hulle dit wil; en so word mens ongeveer op die manier in die lewe geroep deur kragte van die ruwe natuur, wat hulle van hulleself beslis netso weinig bewus is as wat die mens daarvan bewus is hoe sy liggaam groei, hoe daar op sy vel allerlei hare en daar vir hom lastige ongediertes voortgebring word. Daarom is diegene `n dwaas, wat ook maar enigsins vreugde beleef aan sy so ellendig gereëlde en altyd verganklike lewe en bowendien nog vol deemoed en diepste oorgawe aan `n nêrens bestaande God dankbaar is vir daardie lewe nie.

[9] Ja, `n goeie mens moet God wel soek - en as hy Hom gevind en van Hom te wete gekom het waarom hy in hierdie ellendige wêreld gesit is, en of daar vir die siel as sodanig wel egter volgens die volle waarheid `n voortlewe aan die anderkant bestaan, dan moet hy Hom ook met alle liefde van sy hart dank vir so `n lewe en bestaan, wat tog aantoonbaar groot bestemmings in hom dra. Maar waar op aarde is die soeker te vinde, wie na volle waarheid geslaag het om die God êrens te vind? 

[10] Maar as mense Hom ooit êrens gevind het, netsoos mens herhaaldelik in die Skrif lees, waarom laat Hy Hom dan deur ons, mense van hierdie tyd, nie meer vind nie? Is ons dalk minder mens as die mense wat in die Skrif genoem word? Vanaf hulle geboorte is alle mense seker net sulke onskuldige wesens gewees; deur wie kom dit dan anders dat die huidige mense sulke armsalige wesens geword het, as juis deur die God, wat Hom wel deur die oues laat vind en ken het, maar ons, hulle nakomelinge, nie meer verhoor of sien nie en ons, swak mense, aan die volledige willekeur van hartelose magtige tiranne en daarmee aan alle ellende prys gee?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205