Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die wese van die ryk van God

173 Hierop loop ons arts baie bedagsaam na RafaEl toe, wat intussen met Kisjona en Philopold praat oor enkele dinge wat die nabye toekoms betref, maak `n diep buiging voor hom en sê toe: “Hoë gees uit die hemele en salige vriend van die Een wat nou as mens die vlees en bloed aangeneem het wat onder ons verblyf en deur Sy Woord en Sy dade van Homself getuig dat in Hom die oerewige, meer as wyse en almagtige Gees van die enig ware, een God woon, wil u my tog nie iets meedeel oor die wese van die ryk van God nie, en sodat dit vir my, nog baie onvolmaakte mens, verstaanbaar sal wees!”

[2] RafaEl sê: “Ja, vriend, so skugter moet julle nie voor my staan nie, want dan kan ek nie besonder baie oor die wese van die ryk van God openbaar nie, omdat `n skugter siel haar nie bepaald in die toestand bevind om dieper waarhede in haar op te neem en dit aanskoulik te begryp nie, tot nut van haar goddelike gees, wat in haar wakker moet word. Skep dus moed en beskou my as jou broer, wat vroeër ook die vlees van hierdie wêreld gedra het; dan sal ons maklik met mekaar praat!”

[3] Na hierdie kort woorde kry die arts meer moed en sê aan RafaEl: “Kyk, nou het ek al meer moed as tevore, toe jou plotselinge verskyning op die roep van die Heer my so geweldig verras het, en nou is ek in staat om van jou `n regte verklaring te hoor oor wat die ryk van God eintlik is; wil jy dit nie vir my gee nie, hoë en meer as salige gees uit die hemele van die Heer!”

[4] Daarop sê RafaEl: “Luister dan, my beste vriend en broer in die Naam en liefde van die Heer! Enersyds is jy, `n arts uit Melita, wat nou genees is, wel `n werklik wyse man - want in die kuuroord, toe die Heer jou oombliklik op jou versoek genees het, het jy Hom as eerste en die beste herken as die een en enig ware God, en nou het jy so `n vaste en jou hele wese deurdringende geloof daarin, dat geen enkele verskyning ter wêreld jou daarvan sou kan afbring nie, en dit strek jou siel en hart tot groot eer; maar omdat jy vanuit jou voormalige heidense duisternis die allerbelangrikste en grootste lewenswaarheid so vinnig herken het, is dit nou egter enigsins merkwaardig dat jy die wese van die ryk van God nie nog vroeër en makliker herken het as die Heer uit Sy werk, sonder dat jy Hom tevore gesien of gespreek het!

[5] Want dat jy al vroeër gehoor het oor `n buitengewone mens uit Nasaret, wat Hom nou hier bevind en jou netsoos vele ander - so word gesê - op wonderbaarlike wyse sou kon genees het, het jou nog lank nie die oortuiging gegee dat die Heer Self daaragter skuil nie; maar jou gees het jou die grootste en mees heilige van alle waarhede onthul. 

[6] Waar is jou gees dan nou, wat aan jou sou moet sê: Hoe kan jy nou vra wat die ryk van God is - hoe is dit dat jy nou nie die bos deur die bome kan sien nie? Is die wese van die ryk van God nie in die eerste plek oorduidelik alleen daar aanwesig, waar die Heer Self persoonlik aanwesig en werksaam is nie?

[7] As jy jou volledig binne die wil van die Heer sal begewe en heeltemal deurdring sal wees van Sy Gees, sal jy by `n klaarligte dag in die ryk van God in jouself dit sien wat jy nou nog maar heel vaag met die oë van jou liggaam sien.

[8] Sien en begryp, dit alles wat julle nou in die hele wêreld sien, wat die wese van die ryk van God weergee! Jy moet nie dink dat die ryk van God op een of ander spesiale plek is nie. Die ryk van God is oral in die hele ewige oneindigheid, en die mens wat hom daarvan bewus word vanuit die gees van die Heer, het die ryk van God in hom en bevind hom - waar hy ook is of verblyf en besig is, en of hy nog in sy liggaam is of as geesmens in sy suiwer siel - oral in die ryk van God en in die volle wese daarvan.

[9] Jy is nou nog in jou liggaam en ek in my suiwer wese as geestelike mens, en ons bevind ons albei volledig in een en dieselfde werklik bestaande ryk van God. Die baie klein verskil is net dat ek my daar volmaak en vir ewig in myself helder bewus van is, maar jy is nog onvolmaak, en daarom kan jy al jou reeds lang tyd salige, rein geestelike broers en susters nie sien nie - behalwe in `n helder droom; wanneer jy egter nog volmaakter sal word as nou, sal hulle nie verborge wees vir jou oë nie.

[10] Dat jy my nou kan sien, kom immers ook deurdat jou gees al sover in jouself ontwaak is, dat hy van `n afstand in die Godmens Jesus van Nasaret die enig ware, ewige Gees van God herken het; en anders sou jy my nie so maklik kon sien en spreek nie! - Begryp jy nou wat die ryk van God eintlik is?”

[11] Die arts was totaal verbaas oor die helder wysheid van RafaEl, en sê: “O heerlike, onsterflike vriend en broer! Jy het nou `n geweldige blinddoek van my oë weggeneem! `n Mens sien tog altyd die slegste wat hom vlak voor sy oë geplaas word. Ek het werklik dit gesoek wat ek in my hand het. Ek dank jou vir die lig wat jy my gegee het. Laat my nou netso daaroor nadink, dan sal ons hierdie saak nog verder bespreek!”

[12] RafaEl sê: “Doen dit, dan sal dit heeltemal lig word in jou siel!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205